Nuusleser in sop oor hy onderwysminister ‘spot’

Andrew Barnes. Foto: Twitter

Andrew Barnes. Foto: Twitter

ʼn Senior nuusleser van eNCA is in die sop nadat hy glo ʼn bespotting gemaak het van Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, se uitspraak.

Andrew Barnes het glo Woensdag tydens ʼn regstreekse uitsending ʼn bespotting van Motshekga gemaak nadat sy glo die woord “epitome” verkeerd uitgespreek het. Dit het onmiddellik ʼn herrie op sosiale media ontketen met talle gebruikers wat daarop gewys het dat Barnes Motshekga se van verkeerd uitgespreek het.

“eNCA is bewus van Andrew Barnes se uitlating. Dit was in swak smaak en bestuur sal dit aanspreek. Ons vra onvoorwaardelik om verskoning,” het die uitsaaier gesê.

Barnes het intussen ook om verskoning gevra. “Ek vra opreg om verskoning vir die kwetsende kommentaar wat ek vandag oor die minister van onderwys se Engels gelewer het. Julle almal verwag meer van my. Ek is jammer.”

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys op 5 Januarie 2015 tydens die bekenstelling van die nasionale en provinsiale matriekuitslae (Skermskoot: eNCA-beeldsending)

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys op 5 Januarie 2015 tydens die bekenstelling van die nasionale en provinsiale matriekuitslae (Skermskoot: eNCA-beeldsending)

Esethe Hasane, ʼn woordvoerder van die regering, het op Twitter gesê: “Wit @eNCA-nuusleser sê ‘iemand moet die minister van basiese onderwys aanspreek oor hoe om “epitome” uit te spreek’. Hy kan nie haar van uitspreek nie.”

Talle gebruikers op sosiale media het gevra of eNCA stappe teen Barnes beplan. Uitlatings op sosiale media het die afgelope week ʼn herrie in die land veroorsaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Boesman ·

Worry eerder oor die droogte. Die rand/dollar wat vanoggend alweer amper op R16/$1. Die misdaad. Die korrupsie. Wie gee om oor hoe iemand ‘n woord uitspreek? SO WHAT?

Melissa Marais ·

Ek stem 100% saam met jou hier is baie erger probleme in die land nou is almal besig om hulle op te hou met Facebook uitlatings. Genade

Sarie ·

Engelssprekendes vergeet dikwels dat net net 9% Suid-Afrikaners Engels as eerste taal gebruik en daarom woorde in Engels nie korrek sal uitspreek nie. Dis egter verbasend hoe Engelssprekendes die afgelope tyd kleitrap met vooroordele teenoor andere in die land. Die sondes waarvan baie onder hulle altyd Afrikaners beskuldig het blyk nou lewendig onder hulle te wees.

Melt Olckers ·

Uiteindelik word ‘n “Grammer Nazi” aangespreek. Op FB is daar ook gereeld ‘n paar wat ‘n mens se spelling soos ‘n skool onderwyser wil korregeer.

Elizabeth ·

Melt, wanneer ‘n mens kan spel is dit gewis super irriterend wanneer jy iets iewers lees en daar is woorde wat verkeerd gespel is. Dit maak my nie ‘n onderwyser nie, net iemand wat spelfoute raaksien

Martinette Nuvunga ·

Dit ruk nou heel hand uit,wat het geword van Suid-Afrikaners se humor sin?? Eks nie-blank maar kan menigmale lag vir die manier hoe leiers en ministers woorde verkeerd uitspreek. Ek dink ons komediante soo Trevor Noah moet ook nou gefire word

Reinhardt ·

Presies! Ekt maar n lekker afrikaanse aksent, so ek spreek dikwels engelse woorde verkeerd uit en dan lag mense vir my! Maar die verskil is ek lag saam, want ek weet ek klink soos n idioot. Ek sal like om te hoor hoe Andrew Barnes n paar afrikaanse woorde uitspraak…nie eers gepraat van isiXhosa nie.

Ahooy ·

Melt,
Ek wil net jou spelling korrigeer.
Afrikaans is reeds n kombuistaal met n groot persentasie engels as aanvaarbaar- veral deur ons sport manne en vroue. Let maar op in meeste onderhoude in die media.

Gerhard ·

Kom ek help jou ook reg, Ahooy. In die gesindheid van broederskap, natuurlik. Die korrekte spelling in jou kommentaar moes gewees het ” sportmanne en -vroue”

Frans ·

Baie engelse se ‘baie dankie’ klink soos ‘buy a donkey’.

Jacobus ·

……..toe een ou met ‘n regte boerenaam kommentaar lewer en hy van die “veihand” praat toe moes ek my valstanne (sic) vinng uitpluk of ek het hulle ingesluk !!

Ingelig. ·

Jammer dat dié tipe van ding as nuus beskou word. Ek sê maar net jy weet.

M A ·

Ek voel dat mense wat trots is op hulle taal, seker sal maak dat hulle reg spel. Daar is vreeslik baie mense wat spog dat hulle net Afrikaans kan praat en dan nie twee woorde agtermekaar reg kan spel nie. Goeiste, as ‘n mens net een taal hoef baas te raak, moet jy dit perfek hê. Dit vertroebel die boodskap as ‘n mens onopgevoed voorkom. Ek voel nie dis nodig om elke fout uit te wys nie maar mense kan maar gerus meer let op hulle spelling.

Lynette ·

Vandat die DA dame aangevat is oor haar fb plasing, het die ‘one track minds’ nou weer n ding gekry om op te konsentreer. Van nou af sal elke ding wat n witte se opgeblaas word. Hierdie land en n hele paar van bg opmerkings is plein belaglik!!!

Gerhard ·

Ek glo dat die meeste kommentators op hierdie berig die mees belangrike saak miskyk. Dis die saak van kommunikasie. Ons is ‘n land van 11 tale. Meeste van ons kan nie in meer as drie tale kommunikeer nie. Die oorgrote meerderheid van ons verstaan die werklik die idioom van daardie tale wat nie ons moedertale is nie. Dis dan wanneer ons foute maak en ander vir ons giggel. Maar dis tog nie die hoofsaak nie.

Die hoofsaak gaan oor kommunikasie. In kommunikasie is daar iemand wat ‘n boodskap stuur en ander wat daardie boodskap ontvang. As die betekenis van die boodskap wat gestuur word duidelik deur die ontvangers verstaan word dan het effektiewe kommunikasie plaasgevind. Dis nou ongeag of die boodskapper ‘n woord of twee verkeerd uitgespreek het.

Mnr Mandela het gereeld Afrikaans gepraat en, vader weet, sy uitspraak was darem so dikwels regtig snaaks. Maar ons het hom gerespekteer vir sy pogings. Wie van ons kon sý moedertaal vlot praat?

As die geagte minister die woord “epitome” verkeerd uitgespreek het maar ons het almal nog steeds geweet wat sy bedoel dan het sy haar boodskap korrek oorgedra.

As daar èèn mens in hierdie land is wat al 11 amptelike tale 100% bemeester het en dan boonop gebaretaal kan praat dan sal ek hom die reg gee om kommentaar te lewer oor sulke sake. Die res van ons beter eerder stilbly.

Talita ·

Wat my die meeste hinder is waar die verkeerde uitspraak en spelling die betekenis van die woord in sinsverband verander. Soos “crap” wat “crab” word in die Sowetan en ‘n “leier” wat ‘n “lyer” word hier op Maroela.

Gerhard ·

Talita, ek kan dit nie weerstaan nie. Jy het ‘n perfekte voorbeeld genoem. “LEIER” en “LYER”. As meer leiers lyers was sal dit baie beter met ons gaan. En as meer lyers leiers word, soos Mnr Mandela, sal dit ook baie beter met ons gaan. En as minder van ons lyers bly en eerder leiers word sal dit werklik baie goed met ons gaan! #lyersmustfallenleiersmustrise!

Poplap ·

O wee. Die issue was dat hy die minister gespot het . Nou word dit ewe skielik ‘n debat oor die suiwerheid van Afrikaans. Hoe dan nou?????

Babsie ·

Eintlik word die dam heeltemal onder die eend uitgeruk met die al die kommentare van nuuslesers. Dit sal ook waaragtig help as “ministers” vooraf hulle toesprake lees en dan op die kassie verskyn. Maar soos tereg gesê is daar is groter bekommernisse (droogte) wat meer gebed en aandag verdien. Dalk as ons sondige nasie meer op ons knieë voor die Almagtige Vader buig en met eerbied en respek elke probleem aan Sy voete lê, sal ons reën ontvang.

Retief ·

Sogenaamde wit nuuslesers en kommentators sukkel ook maar baie met swartes se name of vanne. Maar eintlik wonder ek hoekom die Es-Y-Bie-Sie ni die moeite doen om sy “gekleurde” nuuslesers of kommentators ‘n goeie gemiddelde uitspraak te laat aanleer voordat hulle dit op die kassie of die radio waag nie. Luister maar na swart Amerikaners. hulle praat Engels soos hul blanke mede-Amerikaners. Maar nie ons klomp nie. Hier word ‘n algemeen beskaafde uitspraak net nie aangeleer nie, en dis myns insiens noodsaaklik dat dit gedoen word vóór die openbare verskyning. Dieselfde geld natuurlik vir onse prez. Hy weet van uitspraak nog minder as van syfers!, Om van politiek en leierskap nie eens te praat nie! Hy is kamtig ‘n leier, maar hy maak van ons almal lyers!

Christie ·

Ek wonder nou – mag mens nog ‘n wit leuentjie vertel of is dit nou al rassisties.

Vic ·

Vryheid van spraak, en uitspraak, het finaal gesneuwel in die RSA

Jacoba ·

Wag maar die honger en dors sal elkeen seermaak die onbetoombare gekef sal bedaar tot volgende gifappel weer opduik. Moet asb nie vergeet om DANKBAARHEID te WYS vir elke druppel en mondvol kos eerder as die gekheid.

Marius van der Walt ·

Nou gaan die anc die hele media ding tot hulle voordeel gebruik om meer stemme te kry by die stembus wanneer gaan hullle aanvaar hulle het mense van die land geval en terleur gestel

hennie ·

Vir n minister van Onderwys nogal wat nie n woord reg uitspreek nie is uiters swak dan sal ek seker maar moet stilbly oor die wat nie getalle kan lees nie maar n land wil regeer tot die jaar one milon and eleventy and six!!!

Melanie de Clercq ·

Ek dink nie dit gaan s oor die verkeerde uitspraak, as sulkjs nie. Vir my gaan dit oor ‘n Minister van Onderwys wat nie eers Engels magtig is nie. Maar die regering wil hê Afrikaansmedium skole moet dubbelmedium word. Alles moet volgens die regering Engels wees……maar die Minister van Onderwys kan dit self nie goed praat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.