Nuusleser van die lug af oor Motshekga-‘grap’

'n Skermskoot uit die video waarin Andrew Barnes om verskoning vra.

‘n Skermskoot uit die video waarin Andrew Barnes om verskoning vra.

Andrew Barnes, ʼn senior nuusleser van eNCA wat Woensdag glo ʼn bespotting gemaak het van die minister van onderwys, is van die lug gehaal.

Die uitsaaier het Donderdag ʼn video op hul webtuiste gedeel waarin Barnes om verskoning vra vir sy uitlating. Hy sê in die video hy is dankbaar vir die geleentheid om om verskoning te vra aan minister Angie Motshekga en hy besef die uitlating het ander seergemaak en aanstoot gegee.

Mapi Mhlangu, eNCA se nuusredakteur, vra ook op die video namens die stasie om verskoning vir die voorval.

Barnes het glo Woensdag tydens ʼn regstreekse uitsending ʼn bespotting van Motshekga gemaak, nadat sy glo die woord “epitome” verkeerd uitgespreek het. Dit het onmiddellik ʼn herrie op sosiale media ontketen, met talle gebruikers wat daarop gewys het Barnes het Motshekga se van verkeerd uitgespreek.

Mhlangu het intussen via eNCA se Facebook-blad gesê die regte stappe sal nou in terme van arbeidswetgewing gevolg word en dissiplinêre stappe kan teen Barnes ingestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Hein ·

Julle ouens kyk te veel TV . Kyk ‘n bietjie weg van die sogenaamde demokrasie en gooi gewig agter die burgerregtegroepe. Net om te kan stem elke vyf jaar beteken nie dat dit ‘n demokrasie is nie. Daar is baie ander dinge aan die gang as die sogenaamde demokrasie.

elize naude ·

goed so… hy is geen profesionele nuusleser nie… maar ‘n mens met ‘n lae selfbeeld..

DPJ ·

Is die nie snaaks hoe sommige mense baie verneeder voel oor klein op merkings nie. Ons is hier om nasie te bou en nie elke klein insedent aan die GROOT KLOK op te hang nie.

DPJ ·

Is dit nie snaaks hoe sommige mense baie verneeder voel oor klein op merkings nie. Ons is hier om nasie te bou en nie elke klein insedent aan die GROOT KLOK op te hang nie.

Liewe lulu ·

Is daar nou wragtag n nuwe minnister aangestel waarvan ons nie weet nie iets soos volg almal wat wit is se social media en name and shame them maar spaar jou mense want dit is hul reg

Kitty ·

Hoe belaglik gaan dit nog raak? Waar is vryheid van spraak? Wat van Zuma wat gespot het oor ouens nie nkandla kon reg uitspreek nie?!

PJ ·

Sien nog nie dat die meneer wat soos ek verstaan vir die Staat werk en witmense wil opkap geskors is nie

Draadloos ·

Belaglik dat net party mense kan sê wat hulle wil. Daar word nou darem erg teen wittes opgetree wat dit waag om iets teen of van anderkleuriges te sê. As Motshekga nie swart was nie was daar nie nou so bohaai hieroor nie.

Ansie Harms ·

Luister dit is net omdat die man wit is. Ons witters is nou in die scope, so whatever jy se word onder n vergrootglas gesit. Hulle is besig om n lat vir hulle eie gat te plus. Van nou af moet ons net elke diskrimenerende aanmerking onmiddelik op social media sit.

humor ·

Ons woon in Afrika. Onthou tog maar net in die toekoms met jou velkleur is daar niks fout nie, maar almal sien dit nie so nie. Dit bring net mee dat baie mense bedreig voel.

Jaco ·

As die minister wit was sou ons almal lekker saam geslag het oor die lighartige grap.
Moet my kinders uit die land kry.

Peet Schabort ·

My van is al op sovele verskillende maniere gespel en uitgespreek maar dit gee geen aanstoot.
Die beste spelling was “Skaap Bord”. Moet ek nou links en regs gaan klagtes lê? Dit is ‘n siek toedrag van sake wat ons nou bereik het.

Rynhardt ·

Wit nuuslesers, wit ekonome ens. wat kamstig oortree in die staatsbeheerde media word eers gedwing om omverskoning te vra, dan kry jy tugverhoor of trekpas of jy word strafregtelik vervilg.Wittes word wakker, diktatorskap is duidelik te sien.

Sarie ·

Sjoe hoe belaglik!!! Het skorsing in die werksopset vir absolute onbenullige dinge soos hierdie nou ons land se nasionale sport geword. Laat ons nou maar eerlik wees, hoeveel van die politici spreek witmense se name reg uit. Ek moet die uitspraak van 90% ban die mense is skrikwekkend gewoonlik gee dit ‘n total ander betekenis aan die word. Watter politikus en sommige van die hope nuuslesers en aanbieders op ons TV doen enigsins moeite om te prober om ‘n word reg uit te spreek of om ten minste te leer waar om woorde in ‘n sin te beklemtoon om die regte betekenis aan die sin te gee. Hoe belaglik is hier Jannie Jammerlandjie van ons tog nie deesdae nie. Het hulle nie beter landsake om aan aandag te gee asom wittes links en regs te skors nie?

Luke ·

Alles gaan oor die ANC wil die media wil beheer en wat gese mag word en al die sake gee hulle net meer reg om dit te doen.Dit gaan ook oor die mense te verlei en aandag weg te vat van die ware probleme in die land soos die korruptsie en Zuma en die regeering se besluite.

arie plaasboer ·

Nou kan ek iets nie lekker verstaan nie.
Prez Zuma maak minute lank in die parlement en in die openbaar `n bespotting van sommige mense se uitspraak van “Nkandla” en weinig mense neem aanstoot. Herrie op die FACEBOOK? Wie weet.
Nou doen `n nuusleser dit en hy word gedreig met `n dissiplinere verhoor en wat nie alles nie.

Seker maar omdat hy laer af in die “pecking order” staan. Mense hoog op daardie “Order” mag straffeloos se wat hulle wil.

Henri ·

Die mense! wat net die wittes om elke draai wil vervolg , skors , verwyder uit hulle poste kwota stelsels se net een ding hulle is so n swak tiepe mens kan niks maar niks regkry sonder wette om hulle te bevoordeel nie staan sterk ons is die sterkste in alle opsigte en op die end sal ons weer oorwin .

neelsie ·

siestog!! Die selfbeeld van party landgenote is lagwekkend.
Sal hulle nie maar eerder op hulle taak konsentreer en die kleinlikhede los nie.
Dis maar net n manier om die aandag af te lei van hulle onvermoe.

Johann Marx ·

Dit wil voorkom asof 99% van almal wat hier kommentaar lewer een belangrike aspek van die “nuwe” Suid Afrika heeltemal ignorer: Julle is almal deel van die gehate wit minderheid. Raak gewoond. Die felheid van diskriminasie, haat, jaloesie, en openlike geweld gaan toeneem…….omdat ons dit van 1992 af al hoe meer begin toelaat het, en nou nog doen. Ons staan net heeltyd terug, teken verskoning aan, wil redeneer, doen niks self aan ‘n saak nie want dit makliker om te bid en agteroor te sit, en hou aan met dieselfde vrae soos “Hoekom word ons so behandel? Is dit reg om so behandel te word? Kan iemand nie iets hieraan doen nie? Wat van die “ander” se rassisme teen ons?” Julle kan hierdie vrae vra tot aan die einde van tyd…..en julle sal nie die antwoorde kry wat julle wil hoor nie, en ook nie ‘n omkeer van die situasie nie…..want julle weet nie waarteen julle te staan kom nie. Die ondertone van “sarkasme” by sommige kommentare help ook niks…..want dit word gemik teen ‘n groep wat geen verstaan van sarkasme het nie, en hulle ook nie daaraan steur nie. Julle aanhoudende geteem maak van julle net al hoe groter teikens. Dis tyd vir ‘n alternatiewe strategie…

Johannes Meintjes ·

Na mening fokus ons almal maar ons frustrasies baie onkonstruktief en opruiend. Plan B en effektiewe, gefokusde medewerking sou ‘n beter en vrugdraender aanwending van “stoom afblaas” kon meebring.

sarie van heerden ·

Verkeerde uitspraak van ‘n naam kan nog gaan maar verkeerde uitsprake van Engelse grammatika is ‘n probleem. Ek is Afrikaans sprekend maar is vlot in Engels en kan dus nie verstaan waarom “geleerdes” op die televisieskerm my al so deurmekaar gemaak het met hul taaluitsprake, wat NES myne ‘n tweede taal is, datek ook later nie meer weet wat aangaan nie.

BuzzBull ·

Ek stem met die alternatiewe strategie, dit help nie julle vlug na ander lande sodat julle met ander probleme gekonvronteer kan word nie, of gemakilker situasies vereenseldig word nie. Kyk na Duitsland en Frankryk, julle gedink europa is die andwoord, dit is duidelik nie meer nie. Die situasie gaan volg maak nie saak in watse gat julle wil gaan weg kruip nie, die dag wag op ons, om te leer werk met die situasie wat ons het in ons land. Indien ons dit bistudeer, is die oplossing nie meer so moeilik nie, nodig net bereidwilliges om saam te staan en te probeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.