Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) sê hy is bekommerd oor verwikkelinge by die nuuskanaal eNCA. Dié besorgdheid kom nadat twee van die kanaal se nuuslesers vandeesweek van die lug verwyder is nadat hulle die regering se hantering van die sigaretverbod op dié kanaal gekritiseer het.
Kykers het Xoli Mngambi and Jane Dutton gekap nadat hulle Maandag hul opinies rondom die regering se hantering van die sigaretverbod op die kanaal gelug het. Mngambi en Dutton het Dinsdag om verskoning op die kanaal se nuusprogram gevra vir hul optrede. Nie een van die twee het intussen weer op die nuusprogram verskyn nie.
Luidens ’n verklaring deur Sanef het eNCA nog geen verduideliking aan die publiek gegee omtrent die twee nuuslesers se afwesigheid op die nuusprogram nie.
“Sanef verstaan dat die bestuur van eNCA ’n paar maande gelede ’n vereiste gestel het dat nuuslesers meer uitgesproke moet wees en hul opinies rakende sosiale en politieke kwessies moet lug. Dit lyk dus asof Mngambi en Dutton geen interne beleid oortree het nie,” lui die verklaring.
Die redakteursforum sê nou hy is bekommerd oor die moontlike ondermyning van vryheid van uitdrukking by eNCA.
Sanef gaan nou ’n skrywe aan Norman Munzhelele, die waarnemende besturende direkteur van eNCA, rig waarin ’n verduideliking geëis sal word oor waarom Mngambi en Dutton van die lug verwyder is.
“Ons glo dat die bestuur van nuusinstellings joernaliste en hul vryheid van uitdrukking moet verdedig,” meen Sanef.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
29 Kommentare
Plaas ondersoek die betrokke van verspreiding van verbode siggarette… Sal verbaas wees wie hier betrokke is…
Nazi Germany, Kuba/China Communism….. die twee nuus lesers is al seker in China in ‘n harde arbeids kamp. Mag moes niks negatief se oor onse skilpad President Nkosasana Dlamini-Zuma, haar onder president Cyril Ramaphosa of die ANC self nie. Ons sal probeer om vir julle lekker kos aan te stuur Xoli Mngambi en Jane Dutton, maar sal miskien nou bietjie moelik wees met die ANC KGB wat ALLES wil beheer!
ek kan Jane se “verdwyning” verstaan. seker maar deel van BEE en regstellende aksie wat as gevolg van lockdown nou erger as ooit vantevore toegepas gaan word
Maar Xoli Mngambi se “verdwyning” is vreemd. Wat het dan geword van die gewone ligte oor die vingers tik waarskuwinkie?
Net nog ‘n stukkie van die legkaart wat die groter prentjie van ‘n kommunistiese staat ontbloot. Die regering kan geen kritiek hanteer nie.
Dis wat kommuniste doen, hulle ontneem jou reg tot vryheid van spraak. Jy mag net sê wat hulle goedkeur en dit nie durf waag om hulle te kritiseer nie.