Daniel Friedman, die nuusredakteur van The Citizen se aanlyn platform, is Vrydag geskors hangende ’n ondersoek na onlangse uitlatings in sy hoedanigheid as sy komedie-persona Deep Fried Man.
Friedman het in ’n inskrywing op Deep Fried Man se Twitterrekening na wit mense, spesifiek diegene wat die VF Plus ondersteun, as rassiste verwys. Dié rekening is intussen gedeaktiveer.
Charles Cilliers, digitale redakteur van The Citizen, sê in ’n verklaring die publikasie se bestuur het met kommer kennis geneem van die inskrywing wat op verskeie sosialemedia- en ander aanlyn platforms gemaak is.
Volgens Cilliers het The Citizen ’n streng beleid wat betref sosiale media en bewerings rakende Friedman sal as sulks hanteer word.
“The Citizen respekteer die reg op vryheid van uitdrukking. In baie min gevalle sal ons ooit die onderdrukking van enige mening ondersteun, selfs al sou sommige dit as beledigend beskou. Ons onderwerp ons vrywillig aan die Suid-Afrikaanse Perskode, waar die uitpreek van menings aansienlike ruimte geniet. Die Grondwet van Suid-Afrika en die Perskode plaas egter sekere beperkings op die uitoefening van hierdie reg, wat oorweeg sal word by die hantering van hierdie saak,” lui die verklaring.
Friedman, oftewel Deep Fried Man, is al vantevore gekap nadat hy die spot gedryf het met moord op wit mense in die YouTube-video The White Genocide.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
20 Kommentare
Waar is almal nou wat sê slegs blankes word vervolg as hul rassisties is? Welgedaan, hierdie berig gee my hoop!
Ag hoe lekker kry ek nie nou nie!!!
Jip daardie perdjie was te hand op die blaas…..daars n spreukwooed van voor op die wa pasop vir die agteros…..
Dankie Willem P en kie.
Die benaming ‘rassis’ is nie korrek nie. Watter soort ras is hyself? Met rassis bedoel almal die blanke is die belhamel. Die belhamel teenoor wie? Watter ras?
?