Nuusspan tydens byeenkoms beroof

(Foto: SA Polisie)

ʼn Nuusspan van Newzroom Afrika is Sondag by ʼn Wêreldvigsdag-byeenkoms in Khayelitsha in Kaapstad beroof.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, het gesê die nuusspan en ʼn vryskutfotograaf is in die BM-seksie van die informele nedersetting met vuurwapens aangehou en beroof.

“Daar word beweer dat vier verdagtes, waarvan twee gewapen was, by die skare wat die geleentheid bygewoon het, aangesluit het. Hulle het al nader aan die nuusspan beweeg en hulle toe beroof.”

Die joernaliste is van ʼn videokamera, kamera, driepoot, oorfone, ligte wat by video-opnames gebruik word, drie selfone en kontant beroof.

Potelwa het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Leon ·

Nou kan hulle fotos en videos neem van hulle transito rowe en trein brande en plaasaanvalle.

Bekommerd ·

Antwoord my net dit vandag: Minister van Polisie. Gaan julle elke plakkershut en nedersetting OOK DEURSOEK EN DAARDIE WAPENS KRY EN KONFISKEER soos wat julle met ons wetsgehoorsame burgers doen ???? Ek loop nie rond, vermoor mense, pleeg misdade met my wapen nie, maar ek MOET DIT INHANDIG of julle kom VAT dit net doodeenvoudig. Verduidelik net vir my wat julle agenda hiermee isl???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.