Nuutste oor kommissie van ondersoek na universiteite

Pres. Jacob Zuma Foto: Elmond Jiyane

Pres. Jacob Zuma Foto: Elmond Jiyane

Die presidensie het aangekondig dat pres. Jacob Zuma tans die vestiging van ’n amptelike kommissie van ondersoek verken om te kyk na transformasie, gratis onderwys en institusionele selfseggenskap by universiteite.

“Die regering, in samewerking met universiteite, ondersoek verskeie opsies om aan die verbintenis deur pres. Zuma van ’n 0%-verhoging in universiteitsgeld in 2016 te voldoen,” het die presidensie in ʼn verklaring gesê.

Alle universiteite sal betrek word om te verseker dat daar prakties gestalte gegee word aan die letter en gees van die ooreenkoms. Die ooreenkoms is op 23 Oktober bereik tydens ʼn vergadering tussen die regering, visekanseliers van universiteite, raadvoorsitters en studenteleiers by die Uniegebou in Pretoria.

Die presidensie het gesê ’n aankondiging sal gedoen word sodra die konsultasieprosesse afgehandel is. Die president het ook verlede maand aangekondig dat verdere beraadslaging sal plaasvind oor ander kwessies soos transformasie, gratis onderwys, institusionele selfseggenskap en die lewensomstandighede van studente op kampusse.

Pres. Zuma het gesê bestaande ondersoeke in die gebied van transformasie van hoër onderwys, waaronder die verbreding van toegang vir studente uit arm huishoudings, sal in ag geneem word. “’n Aankondiging oor die kommissie sal mettertyd gedoen word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johann Marx ·

Transformasie…..plaas laat hy en sy verdompde kamerade ‘n paar nuwe Universiteite bou waar Zoeloe-sprekendes kan klas loop in hulle taal, Xhosa-sprekendes kan klas loop in hulle taal, Tswana-sprekendes kan klas loop in hulle taal………….en die Afrikaanssprekendes kan klas loop in hulle taal. Maar nee….kom ons “transformeer” alles wat gewerk het tot dit gebreek is, en stel kommissies aan om uit te vind hoekom dit nie gewerk het nie, nadat almal vir jou gesê het “Dit kan nie werk nie!!!”

Coetzee ·

Ek stem saam Johann. Dit wil voorkom of daar nie trots is in eie taal nie. Niemand behalwe die Afrikaners veg vir hulle taal nie. Is dit te veel gevra om in eie taal onderrig te kry? Ek sal nog verstaan as daar optogte gehou word vir byvoorbeeld Zoeloe onderrig, dan weet jy ten minste die Zoeloe-sprekendes veg vir bestaansreg vir hulle taal. Maar om my taal, Afrikaans, te wil aanval en te verwyder van alle instansies is ongrondwetlik.

Chris ·

Hoekom help die regering nie eerder die boere met droogte nie. Die boere is die land se toekoms. Nie die unieverseteite nie.

Swanna ·

Jy praat Chris. Nee want meeste van ” die boere ” is afrikaans sprekenes en hulle is “wit”. Juis die wat gratis onderwys gaan ontvang gaan “nie wittes” wees nie maar ander wat ek nie mag noem nie dan word ons uit gekruit as rassite of ons is rassisties. Maar oor die media mag daar gepraat word van wittes die en wittes dat en dit word nie as rassities beskou nie Ek wonder hoekom?Het iemand ‘n antwoord daaroor?.

Charl Coetzee ·

Die Afrikaner se sukses is die las wat hy moet dra. Dit laat my dink aan die ou fabel oor die mier en die sprinkaan. Die mier rig op, bou infrastriktuur en beplan vir môre. Die sprinkaan dring in, neem oor en verwoes. Die mier trek en begin oor. Die springkaan volg……

alida ·

Genade maak dit een taal naamlik ENGELS. Wat gaan ‘n zoeloe, tshwane of wat ook al ‘n student help as hy/sy oorsee wil gaan werk. Watter deel verstaan die goed nie. Maak die skole en Universiteite Engels dan is daar geen probleem vorentoe nie.

Marinda ·

As die regering enigsins omgee vir tersiere opleiding, verklaar een universiteit per provinsie as heeltemal gratis. Die toelatingsvereiste kan so 80% wees wat sal meebring dat alleen studente wat ernstige is oor hul studies, daar verniet dan studeer ~ ongeag jou ras of kleur.

ig ·

Marinda, as die toelatingsvereiste verhoog word na 80% sal 95% van sekere studente nie gaan studeer nie.Dan sal die meerderheid net Afrikaans wees.

GES ·

Dit is ongelukkig waar en dit gaan die ander mense net nog meer ontstel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.