Nuutste SA partyleier spoel mond uit: Die wêreld volgens Hlaudi

Hlaudi Motsoeneng. Foto: Catherine Rice/ANA

Nugter weet hoeveel steun die oudbaas van die SAUK, Hlaudi Motsoeneng, se nuutgestigte politieke party gaan kry, maar dat die voormalige uitsaaier ‘n bekkige politikus gaan wees, is gewis.

Reeds by die stigting van sy party, die African Content Movement (ACM), in die Johannesburgse woonbuurt Milpark vlak neffens die SAUK waar hy eens koning was, het Motsoeneng getoon hy het die vermoë behou tot die bisarre uitlatings wat hom as uitsaai-ringkop so berug gemaak het, insluitend sy neiging om deurgaans na homself in die derde persoon te verwys, asof hy van iemand anders praat.

“Hlaudi het aangekom. Ek is hier saam met my span,” het hy aan ‘n taamlik groot groep ondersteuners by ‘n plaaslike hotel gesê voordat hy sy eerste verkiesingsbelofte gemaak het: As hy president word, sal hy met ‘n fiets ry, want al hierdie ampsmotors en lyfwagte is sommer bog.

Motsoeneng het dadelik oorlog verklaar teen pres. Cyril Ramaphosa, en is van voorneme om die president se plek in die neem in Tuynhuys en die Uniegebou. “Waarin ek belang stel is die presidensie. Ek is hier om pres. Ramaphosa opdraande te gee,” aldus Motsoeneng.

Presies wat sy party se beleidsbesluite is, sal hy in Januarie aankondig wanneer die ACM amptelik bekend gestel sal word. Onderwys en grondkwessies is van die sake wat dan aandag sal kry, het die nuutgemunte politikus belowe.

En hy is nie skaam om die ANC te takel nie: “Die ANC is net ‘n logo en ‘n naam. Wat doen daardie logo vir jou? Die ANC is nie in staat om Suid-Afrika te verander nie. Vandag gebruik hulle vir Msholozi (oudpres. Jacob Zuma), môre vir Ramaphosa. Ek is gereed vir Msholozi en Ramaphosa. Ek gaan hulle opdraande gee!” het Motsoeneng beweer.

“Hierdie party (die ACM) gaan Suid-Afrika regeer. Swart, wit, bruin en Indiër gaan vir ons stem, want hulle weet hoe goed ek is met implimentering,” was die aanspraak van die nuwe partyleier, wat deur kritici daarvan beskuldig word dat hy die SAUK in die grond in bestuur het.

Motsoeneng, wat in die verlede daaraan skuldig bevind is dat hy gelieg het oor sy kwalifikasies, meen sy party kan nou almal verteenwoordig wat nie oor kwalifikasies beskik nie maar steeds in hulself glo.

Hy laat ook nie toe dat sy eertydse edik by die SAUK dat 90% plaaslike musiek uitgesaai moet word, teen hom tel nie: “Hierdie Engelspratery in die parlement is onsin. Die ACM sal ander tale praat. Ons is die 90%-van-alles Suid-Afrikaanse party,” het hy gesê.

Die ACM is reeds by die Verkiesingskommissie as party geregistreer en sal beslis op aanstaande jaar se stembrief vir die nasionale verkiesing verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Johan ·

Hoekom is daar so baie politieke partye? Want hulle maak almal net geld uit jou en my uit. DA ingesluit.

Flokkit ·

Ou ‘ramkat’ . Ek stem vir jou volgende jaar. Ek belowe(nie). Bwha hahaa

Jackie O ·

Nou wonder ek, hoekom eers wag tot jy president is voor jy fiets ry…??

Johan ·

Laat ek dink… Nee wat, Meneer! As jy die land moet regeer soos by die SAUK, gaan ons almal goedkoop Chinese fietse moet gebruik..

Gert ·

Dit is omdat hierdie bedriërs en diewe wegkom met moord dat hulle maak en sê wat hulle wil, niemand in die regering ruk hulle in die bek nie. Dit is nou wat ek noem dieselfde mentaliteit as n swanger muishond!!

aj ·

NAR!
LAGWEKKENDE NAR!
VERSTEURDE NAR!

Gee hom ‘n fiets … laat hy pos aflewer!

Kasper ·

African Content Movement seg die man, mmmm ek dink eerder dit moet African Bowel Movement heet. Rerig as daar nog enige twyfel was dat party mense se koppies raas, is daardie twyfel defnitief nou uit die weg geruim.
My vraag is waar kry hulle die R600 000.00 rand om te registreer as verkiesings party.

Jan Pierewiet ·

Meneer die opkomende President het mooi vir homself gesorg by die SABC. Maar die geldjies word minder. Sien seker die skuif as n belegging vir sy toekoms.

Franz ·

Wonder juis self oor dieselde ding.Iemand met sakke vol geld moet weer agter die skerms woeker.

Hansie Slim ·

Met sy pakket kan hy seker vir almal fietse koop. Sal seker pap wiele hê soos sy… toemaar…

Salamander ·

Waansinnig! Die sirkus SA word al meer komies, as dit nie so gevaarlike, plofbare situasie was nie

Johan H. ·

Die ou het geld geruik nou hardloop die varkies,,,,is dit die kaliber politikus in die land,dan kry ek nou werklik skaam.

HM ·

Vir iemand met ‘n negatiewe IK doen hierdie karaktertjie besonders goed.

Susan ·

Ai wou nog paar goed byvoeg maar jy slaan nou die spyker op die kop!!

TLC ·

Is dit net ek of is daar ander ook wat sukkel om kommetaar deur te kry
Dit word partykeer geplaas maar na 5min verwyder

Helena ·

Ja nee weereens (tot vervelens toe nou al) ‘n geval waar die Dunning Kruger effek (in kort waar jy te dom is om eers te besef jy i s dom) in die praktyk afspeel.

BJ Vorster ·

As ek reg onthou skuld hy der miljoene se regskoste – so waar op aarde kry hy geld om ‘n politieke party te registreer wonder ek nou!
Hierdie man is iemand wat darem baie selfvertroue het en die grootste nat wat ek van weet!

Theresa B ·

En die toekenning vir Nar van die Jaar is…………………………………….
Ek dink diè Trofee sal gedeel word. LOL!!
Wag vir die grootste Sirkus opvoering in 2019.

hendrik ·

Net om daaraan te dink dat iemand hierdie nar by die SAUK aangestel het maak my naar.

Rooikop ·

Grap van die jaar !!!!!!!!! Sy arrogansie is verbysterend …………….

koos ·

Ek lees ook dat wit mense welkom is in sy party, maar moet aanvaar dat swart mense meer is so hulle sal meer voordele geniet. Is net die wit monopolie kapitaal dan welkom?
Op ‘n ander noot, Die ANC verloor al hoe meer steun met die splinter partye. Dink waar het dit begin. COPE, toe EFF, toe BLF en nou ACM. Ons moet hierdie ouens aanspoor om meer partye te stig. Soos dit kan aangaan kan die VF+ oor 20 jaar die meerderheid in die land hê.

Louis ·

Kan hy, Malema en Andile nie almal maar net ‘n allergie vir suurstof ontwikkel nie?

Manda Gordon ·

Presies John – en anthou die man is nog ‘ pastor ok :-0

Willie ·

Ek dink mens se hare sal rys as mens weet wie befonds die klomp…

Janosh ·

Julius, Andile, julle moet oppas. Hier kom ‘n nog groter nar om jul sirkus te kom steel.

AH ·

Hahaha, beslis nog ‘n geval van “leë blikke maak die meeste geraas!”

se nou maar? ·

dis darm so lekker om bietjie humor vir die dag te lees…………

nog ‘n benoude kat? benoude sprong?
wie bevonds hierdie partye ek’t gelees dit kos baie baie geld om jou eie party te stig?
dalk het Juju vir hom geldjie geleen,
ons kyk uit vir jou op daai fiets meneer, dan stem ons dalk vir jou!

HPV ·

Waarheen is hierdie helhool oppad? Klink Rwanda, Burundi, DRK bekend? Leer die mense nooit? Alles in Afrika gaan oor die een wat regeer en die een wat wil regeer, ‘n sieklike speletjie van mag sonder in agneming van die ongevalle, ellende en armoede wat dit veroorsaak.

Swoosh ·

Hy doen net wat AL die ander partye in die land doen… persoonlike verryking. Net soos ou JuJu met Zuma. Word uitgeskok en verloor hulle “werk” dan stig ons ons eie party om te gaan terug te baklei, en maak allerhande upsurte beloftes aan die mense om steun te kry…

“Onderwys en Grond kwessie” – so Januarie het ons NOG ‘n party wat Gratis Onderwys belowe, en die onteiening van grond belowe..

Jannie ·

En al nege sy ondersteuners het groot applous gegee!! LOL!!!!!

Andre ·

Fantasties, hoe meer van hulle kleiner parteie stig, hoe meer stemme trek hulle van die ANC. Geskiedenis herhaal himself, maar hulle glo moes nie in die geskiedenis nie.

Buks ·

Dit is wonderlik as daar so BAIE nuwe politieke partye gestig word! Dit maak die ANC se ondersteuningsbasis bietjie vir bietjie minder. Doen so voort!

Gaitsigubib ·

MM dis fantasties dat julle so af en toe grappies ook plaas. Mens hoef mos nie net te wag vir 1 April nie! Bly julle het nog n sin vir humor!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.