Nuwe aanbieder vir kykNET se MegaBoere-program

Piet Croucamp. Foto: http://kyknet.dstv.com/

Piet Croucamp. Foto: http://kyknet.dstv.com/

Piet Croucamp sal nie die nuwe reeks van MegaBoere aanbied nie.

Wynand Dreyer, regisseur van MegaBoere, het aan Maroela Media gesê Croucamp het reeds, voor daar besluit is om ʼn derde reeks van MegaBoere te verfilm, aangedui dat hy nie beskikbaar sal wees nie.

Maroela Media het reeds ʼn tyd terug verneem dat kykNET oorval is met klagtes van die publiek oor Croucamp se ‘godslasterlike uitsprake’. Dit is egter nie duidelik of Croucamp om die rede besluit het om nie deel te wees van die nuwe reeks nie.

Die nuwe MegaBoere-aanbieder is Bun Booyens wat in Maart vanjaar as redakteur van Die Burger uitgetree het. Hy was sedert 2010 aan die stuur. Die nuwe reeks begin op Woensdag, 5 Oktober om 20:00 op kykNET. Volgens Dreyer was die vorige twee reekse die derde gewildste program op kykNET.

Die godslasterlike uitlatings hou verband met ʼn debat tussen Croucamp, ʼn dosent aan die Universiteit van Johannesburg (UJ), en prof. Richard Howe van die Southern Evangelical Seminary oor die bestaan van God. Die debat het in Augustus 2013 plaasgevind en sedertdien het klankopnames van die debat al verskeie kere die ronde op sosiale media gedoen.

Tydens die debat sê Croucamp onder andere “daar is geen f****n bewyse dat daar ʼn God is nie. Jy kan dit probeer afdwing of inpas op die manier wat jy wil – dit bestaan nie, bloot omdat jy wil hê dit moet bestaan nie. Hy bestaan nie. Hy bestaan in jou gedagtes, hy is deel van jou primitiewe DNS. Dit is deel van jou primitiewe instink, jou primitiewe reaksie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

173 Kommentare

Thuunda ·

Ag hoe heerlik, hoe minder ons van ou Piet kopdoek moet hoor of sien hoe beter.

Sum ·

Dis ‘n groot jammerte dat so min mense in SA en veral Afrikaners dit weet, maar SA media is verrot met satanisme, globalisme, NWO agente, kommunisme, vrye messelaars en talle ander van dieselfde int. geheime organisasies ens. en hulle almal werk ernstig saam met die doel om Christene en wit mense wereld wyd uit te wis. Hulle word gefinasier en bestuur deur ‘bankiers’. SA word wakker…

Gert ·

Dit is goeie nuus. KykNET het besef dat hulle kykersgetalle groot skade gaan lei as die vent die program gaan aanbied.

ruslou koorts ·

So bly dat hy dit nie meer aanbied. Hoop SABC verbied hom om aan enige program deel te neem.

Sum ·

piet en bun, twee ledemate van dieselfde liggaam… nuwe masker, ou gevreet;
Totdat Afrikaners besef omdat hy/hulle ‘n wit gesig het en omdat hy Afrikaans praat en omdat hy ‘n Afrikaner van het, MAAK VAN HOM NIE ‘N AFRIKANER NIE.
Hierdie organisasie/ouens het 1 doel en dis om julle vaak vissies in ‘n donker gat in te sleep agter hulle aan. SA word wakker…

Hennie ·

Die kommentaar wat ek graag wil lewer sal beslis nie geplaas word nie. Dank die Vader hy is uit! RSG aanbieders moet die man se deelname aan kommentaarprogramme ook stopsit. Hy is ‘n verleendheid vir al wat leef!!!

Julia ·

Min mense dink voor hulle praat. Elke persoon het die reg om sy eie mens te wees. Omrede hy nie soos ek dink nie sal ek hom nie oordeel nie. Wat maak my sonde beter as syne? Die Bybel wat almal hier uitbeeld is n reguit boek wat se jy mag nie oordeel nie. Dis gebod reguit van God af, tog huil my hart vanaand as ek sien hoe die man geoordeel word. Dalk as almal ware kinders van God was sou jy vandag eerder vir die mens gebid het en God se liefde en seen oor hom uitspreek. Hy was sy sout werd as aanbieder omdat hy ander dink maak hom nie sleg nie. Vergewe hom dra hom in jou gebede op en wens hom voorspoed liefde en vrrugde toe. Dis omdat ons soos dwaase optree dat mense voel God bestaan nie. Laat Sy liefde en vergifnis deur jou skyn. GOD HET N HOER VERGEWE HYT N MOORDENAAR OP DIE KRUIS VERGEWE. Wie is jy as mens om n ander sleg te praat of te oordeel. Sies. Wat maak enige lelike tog hier beter as hom???? Ja jy mag dink wat jy wil maar as jou denke is om lekker te kry of leed uit te speek, dink jy nie soks n kind van God nie. Meneer ek hoop en bid dat God jou hand sal vat en jou sal wys Hy bestaan.

Nico ·

Ja Julia, bly jy het dit so mooi gestel. Die mens wil tog so vinnig reageer as iemand nie soos hulle dink nie. Dit is hoekom ons land in so ‘n toestand is.

Uys ·

Eerste wat ek van die uitlaatings hoor.
Ek het van dag een af nie van ou Piet gehou, nou weet ek hoekom.
Laat mens winder wat hy onder daardie kopdoek wegsteek.

Cherokee ·

Eerste keer wat jy van die uitlatings hoor? Sal jou ‘n beter een vertel: Eerste keer wat ek van MegaBoere hoor! Wen ek kon sê eerste keer wat ek van kopdoekietjie hoor maar as die omgewing aardig ruik en mense begin neuse optrek, dan gooi al wat ‘n sintuig is wal.

Erika ·

Omdat hy dalk die hele bybel studeer het? Dit is nogal geneig om mens goddeloos te maak as jy eers alles gelees het.

Machiel ·

Vir n man wat sê dat daar geen God is nie weet hy darem baie van daai God af wonder net hoekom

Erika ·

Omdat hy dalk die hele bybel studeer het? Dit is nogal geneig om mens goddeloos te maak as jy eers alles gelees het.

Christo de Klerk ·

@Erika…. Jy vat die woorde so uit my mond… 100% van die wat nou so helse bohaai opskop smul tog te lekker aan hulle varktjoppies en mossels… Hulle weet nie van die verkragting, volksmoord en mensehandel wat hulle bybel goedkeur nie, want hulle lees nie eers hulle eie geloof se hele boek nie…

dirk ·

@ erika – Die ou Testamentiese mens is vandag steeds soos in daardie tyd . Dit is geskiedskrywing. ‘n Mens lees die Bybel om Jesus se blye Boodskap te bestudeer – sy woorde en dade : om te leef as n kind van die Here en uit te sien na ‘n lewe by Hom in alle ewigheid. As Piet waarlik Jesus se woorde en dade bestudeer het sal hy anders praat – daarom kan mens reken hy verwerp iets uit onkunde

Theuns ·

Vaarwel Piet, nou sal ek ook weer die program kan kyk! En vir jou informasie daar is ‘n GOD. Selfs jy is deur hom ontwerp in al jou kompleksiteit. Daar is nie ‘n rekeneraar of robot wat die breinfunksie of die ligaam se funksies van die mens kan na -aap nie!

Wim ·

Dankie vir klein wonderwerke.

Uys wonder wat hy onder daardie kopdoek wegsteek en ek wonder wat hy deur daardie klein brilletjie sien.

Elizabeth ·

Man hy steek NIKS onder daai kopdoek weg nie (want daar is niks nie)

Ou Vrydenker Vlakvark ·

Liefde, liefde, liefde. Geduld, geduld, geduld. Gun mekaar ‘n plekkie onder die Suid-Afrikaanse son. Behandel mekaar met menswaardigheid soos wat jy met menswaardigheid behandel wil word.

Sommige reken daar is geen god(e). Ander reken daar is ‘n enkele god. Andere reken daar is meer as een god. Ander reken daar is dalk gode waarvan hulle nog nie eens weet nie. En ander reken hulle weet nie of daar ‘n god(e) is en of daar geen god(e) is nie.

Feit is dat niemand al die huidige en toekomstige data, feite, inligting en wysheid het nie. En enige skriftelike stuk leen homself tot vele interpretasies. Niemand is alwys nie. En die teologie, wetenskap en statistiek moet met omsigtigheid benader word.

Nou gaan Ou Vlakvark lekker rugby kyk en slaap.

Johan Brink ·

Ou Vlakvark….dankie tog…denke in die duisternis van haat en verwerping.

koot ·

Mooi gesê Vlakvark. Ai, dis vir my ‘n wonder dat daar nog klippe oor is om te gooi. Sodra iemand nie ‘soos ons dink nie’ word die persoon summier afgeskryf om die lelikste denkbare manier. G’n wonder dat ons Christelike geloof so pak kry nie. Soos ‘n vriend eenmaal vir my gesê het: Ek het nie probleme met die Man daarbo nie, maar wel met sy agente hier onder… Laat mense tog toe om hulle eie opinies te hê. Met of sonder kopdoek – Piet was ‘n puik aanbieder. Ek sal hom mis.

Cobus ·

Die man is nou weg en ons is dankbaar daarvoor. Hy het sy eie bed opgemaak waarvoor hy nog rekenskap gaan gee en so ook ons vir ons dade. Jakes voor die Lewende God kan niemand skeinheilig wees nie. Hy weet presies wat elkeen van ons is, niemand kan hom mislei nie

anne ·

Dankie Cobus, mens raak ook nou al moeg daarvoor om te hoor hoe skynheilig ons christene is.

Robbbie. Scheepers ·

Piet die God wat jy nie wil ken nie is die God voor wie jy gaan staan of jy dit wil weet of nie dan gaan jy vinnig leer om te se my God wees my Genadig.

Robbbie Scheepers ·

R S G. HAAL DIE MAN PIET VAN. JULLE PROGRAME AF. WIE GAAN NA HOM LUISTER NIEMAND WIL GESKOK PIET.

Pietere ·

Ek kan glad nie verstaan hoekom hierdie lapkop met sy eentonige aweregse redenasies soveel publisiriet kry nie. Hy is nou vir my die tipiese voorbeeld van ‘n getransformeerde wat sommer ook “akademikus” is – se nogal baie van Naspes en RAU (UJ) se standaarde.

Johan Brink ·

Ja nee Pietere…daai Instansies soek mense met verstand, intellek en siening…eienskappe wat nie eintlik hier deur die kommentators baie ten toon gestel word nie.

Bruce ·

Staan daar dan nie geskrywe dat slegs God mag oordeel nie?
Wie het aan julle die mag gegee om Piet te oordeel?
Wat is die ergste, Piet se uitlatings, of die mens wat himself as geilig, vlekeloos en godelik voordoen?
Ek stem ook glad nie saam met dit wat Piet sê nie, maar daar staan ook geskrywe; laat elkeen van julle wat geen sonde het nie, die eerste klip na Piet gooi.

Cherokee ·

So jy reken niemand moet hom teregwys nie? Jy is een van die menigte wat die woord ‘oordeel’ misbruik.

Johan Brink ·

Wel gesê Bruce….ongelukkig dink ek dat die eng brigade jou nou gaan aanvat.

Poplap ·

Ironies hoe daar altyd geskreeu word jy mag nie oordeel nie. Rerig?
Die Liewe Heer het vir ons ‘n brain gegee om opinies te he (oordeel te vel of jy van iets hou of nie), ‘n stem op dit mee uit te spreek en ‘n gewete om te weet of wat jy se reg of verkeerd is.
Ek hou nie van wat Pietie paashaas gese het nie so ja ek het sy stelling beoordeel en te lig gevind. Dis my reg.

Viv ·

@poplap:
Brein
Fel
Nee, die brein is gegee sodat jy kan dink, waarneem, motoriese handelinge uitvoer, besluite neem, emosies ervaar,ens. Die besluit om te oordeel oor andere is jou eie.
Nee, die gewete word oor jare gevorm deur dit wat jy geleer word en ervaar en dan oor besluit. Of nie.

Cherokee ·

Kopdoek besluit om nie deel te neem nie? Ek dink die bles een is gejaag. Geen regiseur of produksiebestuurder wil iemand in diens hê van wie niemand hou nie. Hy is meer waarskynlik vertel om sy tassie te pak.

Ben ·

Dankbaar ou Piet Kopdoek is af van TV af! Hou hom net af, maar ek sal bid dat hy vergewe word deur ons hemelse Vader!

Riaan ·

bly hy is weg het die program nie gekyk oor hom.Weet ook nie van sy uitlatings maar hou ook van begin nie van hom.Een keer hom op tv gesien nog voor megaboere op was,hy is arrogant met niks maniere en n regte windbol.Dankie tog jy is weg

Wehan Coertze ·

Nou sal n mens weer die uitstekende program kan kyk. Met Piet daar wyer ek om dit te kyk.

Ana ·

Uitstekende nuus!! Ek glimlag maar net….Woord sê ELKE knieg sal buig en ELKE tong sal belei…

Emil Wilms ·

Piet het te vêr gegaan met sy uitlating oor God , hy bly egter ń baie slim man .

chrisp ·

Slim? Soos ek dit het sy graad gekry deur ‘n skrif oor taxi geweld in die RSA.
Politieke wetenskap? Onmoontlik om twee meer onverwante woorde langs mekaar te skryf.

Die man is nie net leeg oder die kopdoek nie hy is astrant ook

Chris ·

Ek die kommentare wat ek hier lees kom van liefdevolle christene af. Dit laat mens nogal wonder oor ware liefde.

Gideon ·

Chris niemand sê ‘n Christen kan nie sien as iets verkeerd is nie!!

Megaboerfan ·

Piet Croucamp bly ń goeie en interessante aanbieder/karakter. Ek sou andersins nooit ń program soos Megaboere gekyk het nie. Dit was te danke aan sy interessante aanbiedingstyl wat ek die program begin volg het. Ek is jammer dat hy gaan.

gdgoed ·

Paul Zietsman dit was my bekommernis ook. Dit was darem net te toevallig.
Ek is bly Piet is af. Bun is ‘n interessante man, ek sien nou weer uit na die program.
As Piet kommentaar lewer op rsg dan sit ek die radio af.
Was dankbaar Flip Buys het hom anderdag bietjie op sy plek gesit.

Susan Mostert ·

Ek het nogal altyd Piet C se politieke kommentaar geniet asook sy aanbieding v megaboere maar was teleurgesteld oor sy godslasterlike uitlatings.

Alete Muller ·

Ek vind dit nogal amusant dat dié man van die hel paat, maar hy glo nie in die hemel of die hel nie. Huh??????

John ·

Piet het glo in ‘n weeshuis groot geword. Hartseer storie as dit waar is.

oni ·

Ek stem saam n paar van die kommentaar mense. Piet het die Megaboere heel goed hanteer en ek het elke eposide gevolg. Die program gaan vir my eenvoudig oor boerderye en nie oor hoe iemand lyk of blykbaar dinge kwytraak wat net homself tot nadeel sal strek. Dit bly n puik program.

johannes ·

Ons kritiseer nie die program nie maak wel die aanbieder.Piet kopdoek se k ennis kom van GOD en nie eie vermoee nie.GOD kan vandag sy k ennis wegneem

Dankbare mens. ·

Grootmense DINK voor jy PRAAT
Dis die gevolg indien jy nie dink. Ouers,of gebroke huis wat ook al …bly piet die mens se verandwoordelikheid
GOD se volk gaan onder agv ‘n gebrek aan SY Wysheid en Kennis.

Eugene ·

Ek verkyk my aan die insette van die lesers en kykers. Almal kruisig en veroordeel die man. Nku wonder ek net: hoeveel van die aanvallers leef asof God wel bestaan. Karma is ‘n lelike ding. Ek stem beslis nie saam met sy siening nie, maar het wel van sy aanbieding gehou. Om hom niu as n ” spy” af te maak, grens aan die absurde. Het ons nasietjie so erg verval in Neandertalisme?

Witkop ·

Ou Piet is iemand wat dink hy is slim. Intellekyueel. Daarom verwerdig hy hom om Jesus breinloos te noem. … ” en ook sy pa !” Laat my dink aan die geskiedenis van Goliat die selfvoldane spotter. Piet, mag jy in Vadersnaam tot besinning kom voor Goliat se lot jou tref…

Paul Zietsman ·

Ek wonder net of die Boere hulle nie onnodig blootstel nie. Neem net die Suikerboer wat na die program ‘n moontlike grondeis teen hom het nie. Dit omrede hy susesvol is en dalk krag gaan opwek om homself te voorsien nie. Nou ‘n grondeis??? Wonder net.

Otter ·

Piet kan duidelik nie Afrikaners en Christene verdra nie. Die boere in SA is meestal Christen Afrikaners. Daarom is dit nie gepas dat juis hý die program aangebied het nie.
As ons Piet se Godslastering veroordeel, is dit nie uit gebrek aan naasteliefde nie, maar uit opdrag van God om te vermaan as ons broeders iets verkeerds doen.

Seker-ook-skynheilig ·

Anti-Boer en Anti-Afrikaner wat MEGAboere aangebied het? Is dit nie bietjie van ‘n teenstelling nie? En, vir al die “oooo dis ‘n slim man”-uitlatings, daar is ‘n hemelsbreë verskil tussen akademiese en emosionele intelligensie. Ek sê ook maar net.

Ou Krimpvark ·

Beste Ou Vlakvark,
Ai, baie van die menslike spesie van die diereryk kan darem maklik ander se derms uitryg sonder dat hulle vooraf eestehands hulself vergewis het van die ware feite rakende beriggewing of hoorsê getuienis. Nog minder om eerstehands vas te stel in welke konteks is dinge gedoen. En dan pas hulle ook nie die beginsel van natuurlike geregtigheid toe nie, naamlik die reël “audi alteram partem (hoor die ander party se saak ook)”. Hoeveel van die kritiseerders het bewyse dat die koerantberig feitelik 100% korrek berig het?
Wees gegroet Ou Vlakvark.

Anoniem ·

Maar hy is reg daar is geen bewyse van n god nie net soos daar geen bewys is dat daar nie n god is nie

cobusp ·

Baie interessant dat iemand in hierdie gesprek anoniem wil bly?????……..is jy bang jy gaan jou werk verloor?????? Sou gedink het jy sou meer ruggraat gehad het………..kyk in die more as die son opkom………reen ………die plante wat groei ………die 4 seisoene…….en vele Ander en vra jouself Wie is in beheer?????? Dus alles bewyse dat God is in beheer indien nie wie is dan?????……..verseker nie jy nie anoniem.

Irene ·

Witmense julle is skaamteloos om so aan te gaan julle sit heeldag bet om mense uit te buit en te sleg te se sies hoop jul slaap lekker nadat jul klaar gebid het

Theuns ·

Ek merk telekemale op dat mense die Bybel versie aanhaal wat se dat as jy nie sonde het nie werp die eerste klip! Die woorde van Jesus word uit konteks aangehaal. Dit beteken beslis nie dat jy kan voortgaan met jou sonde omdat ander mense ook sonde het nie. Bv. as jy ‘ n Gay lewenstyl het met die sonde voortgaan omdat ander mense ook sonde het en jou nie op ‘n Christelike manier mag teregwys nie. Dieselfde geld vir onse Piet! Die Bybel versie gee hom beslis nie die reg om ons GOD te verloen of vernederend van hom te praat nie. Soos ek die woord verstaan het hy ‘n Groot Oordeel oor homself gebring!!

Pieter van der Dussen ·

Dit is vir my as gelowige tagtiger hoogs ontstellend om die vlak van kommentaar te ervaar. Selfs van die wat laat deurkom dat hulle gelowig is. Dankie dat Teuns die kern van die saak blootgele het, naamlik die verskriklikheid van ‘n Godsoordeel oor jouself te haal. Ene Cobus en ander het vroeer op dieselfde afgestuur. Daarop was daar met dankbaarheid goeie reaksie. Laat ons tog maar die tong en vingers in bedwang hou en eers wag voordat ons geskrewe stukkies uitstuur. En bid dat ons nie self oorrompel word nie. 1 Petrus 5:8-9. Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God (Hebreers 10:21).

Gemmertjie ·

Hy sal sien met die wederkoms dat daar wel n God is.Hy moet mooi dink dsar oor.

JoedeWet ·

Waar is jou bewyse dat daar ‘n wederkoms sal wees. Dit sou destydes “gou wees” nou weet niemand wanneer, hoe gerieflik! Sal nooi reg of verkeerd bewys word nie. Dis nog een van honderde bangmaakstories om jou optrede eties te hou

Eugene La Grange ·

Die Woord van God leer ons dat ons gered word deur ons geloof. Ons het dus geen bewyse nodig vir God se bestaan of dat die wederkoms gaan plaasvind nie. Ons glo en weet dit op grond van die Woord. Jesus Christus het gesê: “salig(gelukkig) is hy wat glo al het hy nie gesien nie.” Jy sien die hele Christelike geloof is gebaseer op geloof. Sonder geloof kan jy God nie behaag nie. Eers as jy die Bybel begin lees sal jy Hom leer ken en vertrou. As jy jou hele lewe aan Jesus Christus gee en Hom Heer van jou lewe maak sal jy gered word. Dan word jy weergebore(sien Johannes 3) Dan sal die geestelike sluier van jou oë wegval en sal jy die Geestelike insig van God ontvang om hierdie dinge te kan verstaan. Moenie jou intelligensie probeer aanwend om dit uit te pluis nie, want dit sal net ‘n struikelblok wees. Aanvaar Sy Woord soos ‘n kind. Dit is die Enigste Ware Waarheid. Jesus se woorde: “Ek is die weg, die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”

John ·

Mense gee Piet kans. Hy is nog nie dood nie. Hy sal nog tot inkeer kom. Die man is net bitter! Wat ons se oor iemand, se meer oor onsself as oor die’ persoon. Die moordenaar aan die kruis was al sterwende, toe hy tot inkeer gekom het. Piet is ‘n sagte ‘nice’ ou. Bid eerder vir hom.

JoedeWet ·

Piet Croukamp is op ‘n vlak bo al die kommentators. Christene word herken aan hulle onverdraagsaamheid, liefdeloosheid en oppervlakkige insig. Ek is uit die kerk na leuens en liefdeloisheid teenoor my kind. Na 15 jaar het nog nie een met my kom praat nie. Ek vertrou liewer ongelowige, hulle doen wat reg is want daar is nie “vergifnis” vir hulle nie. Gee die bewyse, ek word nie deur vrees aangespoor nie.

cobusp ·

Wys jou net……piet is n lektor by UJ en sou gedink het met sy geleerdheid n beter insig gehad het oor godsdiens in geheel……..verder ou piet sou ek gedink het as aanbieder van megaboere wat gaan oor landbou en grond en voorplanting en reen dat jy jouself die vraag sou vra wie is die dryfkrag of wie is verantwoordelik vir n mielie pit om op te kom………..maar nie jy in jou wysheid kon dit gesnap het nie……..nou deur jou eie dommigheid het jy verval in aansien en ook jou werk as aanbieder verloor………..ek hoop Rian is die volgende………dankie kyknet.

cobusp ·

Joedewet……..as ek reg verstaan is dit jy wat drooggemaak het…….en as NY reg gemaak het sat verkeerd was was dit nie jou plig om terug te gaan en te erken jy het gefouteer en dit reggemaak het met die Here…………hoekom moet die kerk na jou kom ok wat te doen……..jy moet regmaak en ek glo die kerk sal jou met ope arms ontvang

Eugene La Grange ·

Ai JoedeWet, dit blyk dat satan self al die afgelope 15jr vir jou in ‘n wurggreep van bitterheid en wrewel beet het. Waarom nou die kerk daaroor verwyt as dit ‘n paar individue was wat jou kind tenagekom het? Jy het seer gekry ja, maar ons almal het al ons deel van seerkry in die kerk gehad. Na 15jr wag jy nog vir hulle….huuh? Niemand gaan na jou kom nie. Die Woord leer dat ons moet vergewe en vryspreek. Hoekom? Sodat ons bevry kan word van wrewel en bitterheid en ons lewens kan voortsit in vrede. Nou het die duiwel jou vrede gesteel en vertrou jy eerder ongelowiges. Jy sê dat die kerk liefdeloos is, maar diegene wat jul so liefdeloos behandel het klink nie juis of hul Christene is nie omrede liefde ‘n voorvereiste is vir Christenskap. Die Woord leer dat jy ‘n boom aan sy vrugte sal ken. Ek het ‘n voorstel vir jou, waarom nie maar vergeet van jou ou gemeente van 15jr terug en beweeg aan na ‘n ander gemeente wat ‘n goeie getuienis uitleef as ‘n gemeente wat die volle waarheid verkondig en die liefde van Christus bewys. Moet egter nie ‘n volmaakte gemeente verwag nie, want sodra jy aansluit sal dit nie meer volmaak wees nie. Dit geld maar vir ons almal. Ek wil by jou pleit, moenie die duiwel verder ‘n vatkans toelaat nie. Kom terug na die Here, Hy wag vir jou om jou met ope arms terug te verwelkom

Jean ·

Die ou het ‘n ernstige psigose…nes vele ander moeilikheidmakers wat gereeld spreekbeurte gegun word deur verotte liberale pers. Kamstige meningvormers. Kyk maar wie of wat diegene is wat so kwaadstook. Hul dra groot sakke bagasie uit hul verlede en hede.

cobusp ·

Sys jou net……piet is n lektor by UJ en so gedink het met sy geleerdheid n beter insig gehad het oor godsdiens in geheel……..verder ou piet sou ek gedink het as aanbieder van megaboere wat gaan oor landbou en grond en voorplanting en reen dat jy jouself die vraag sou vra wie is die dryfkrag of wie is verantwoordelik vir n mielie pit om op te kom………..maar nie jy in jou wysheid kon dit gesnap het nie……..nou deur jou eie dommigheid het jy verval in aansien en ook jou werk as aanbieder verloor………..ek hoop Rian is die volgende………dankie kyknet.

JoedeWet ·

Hierdie gesprek is n’ gevallestudie van die gevaar van godsdiens om mense irrasioneel en onverdraagsaam te maak. Dit is verdelend, egosentries en gedryf deur bangmaakstories wat uit die duim gesuig is. “Opponte” word geklassifiseer en veroordeel bloot omdat hull nie mitiese “onsigbare” vriend wil aanvaar nie. Godsdiens is ‘n ewolusionere meganisme om gemeenskappe te laat glo iemand hou hulle dop en sodoende eties op te tree vir die oorleweing van die kudde. Ons is vêêr verby daardie tyd.

annatjie ·

As jou kind op n bed lê met n dodelike siekte. En dokters het gedoen wat hul kan. Glo my gebed is al wat oorbly. Jammer mens leer sulke dinge as jy in nood is.

JoedeWet ·

Watter bewyse is daar vir gebed. Mense se gedrag verander weens selfsuggestie. Ek het honderde kragtige en gelowige sien faal en daar is alrtyd ‘n rasionel rede as dit werk. Maar statisties is gebed geen bewys. Die meeste predinkante bidnie hull preek. Die sg skrif verbied openbare gebed, so Christenebhou nue by reèls nie

GJ de C K ·

Dié wat reken dat Christene nie mag oordeel nie verwar Christene met iets anders en verklap ‘n redelike ernstige gebrek aan kennis oor Christenskap en die Geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is. Ons heilige skrifte getuig oa dat ons Engele gaan oordeel en dat selfs die geringste onder ons as regter moet kan oordeel. Verdoem is ‘n ander saak, masr daar staan ook geskryf: “wat julle hier bind sal in die hemele gebind wees en wat julle hier onrsluit sal ook in die hemele ontsluit wees.”

Verder sê ons heilige skrifte dat as iemand die Here Jesus Christus nie eer nie laat daardie persoon [anathama] dit is: ‘n vervloeking wees.

Piet Croucamp het nog erger dinge gesê as wat hierbo verklaar word.
Laat Piet Croucamp dus ‘n vervloeking wees!

GJ de C K ·

En vir dié vaal swernote wat hulle smoele nou al etlike jare oopmaak om op te kom vir dié wat Jesus Christus ons Heer nie reg eer nie: daar staan ook geskryf: “wie die Seun nie eer nie, eer ook nie die Vader nie.” Julle vaal swernote is GEEN gesag nie. Bly eerder stil en buig in berou voor die Een wat julle gemaak het. Dit is beter dat ‘n meulsteen om jou nek gehang word en jy in die diepte van die see verdrink of self dat jy nooit gebore was nie, as wat jy een van God se kinders laat struikel! (Ja ons Here het dit self gesê.)
Dit is nie waar dat elkeen geregtig is op sy eie opinie nie, inteendeel eerder het elkeen ‘n plig om die waarheid op te soek en daarvolgens te skik.
Onderwerp jou eerder aan die leergesag van die Kerk, jy sal nie teleurgestel wees nie.
En aan elke Christen broer en suster wat hier opgekom het of nog na my kommentaar gaan opkom vir die eer van ons Heer: “die HERE seën julle en bewaar julle, die HERE maak sy aangesig sigbaar vir julle en gee julle barmhartigheid, die HERE keer sy goedkeuring tot julle en gee julle vrede.” (Direk vertaal uit die Sacra Biblia Vulgata)
Soli Deo Gloria

GJ de C K ·

Kry jou hart reg!

“Rebellie is so goed soos heksery, en die weiering om te gehoorsaam is dieselfde as afgodediens.”

Basson ·

Goed en wel, maar soos dit maar gaan met liberaliste was daar geen ruimte / insien vir ander paradigmes by hom behalwe sy eie nie (o die ironie) – het julle dan nooit gehoor hoe hy kultuurbehoudende Afrikaanses altyd probeer verneder het op RSG se Sondagaand program nie?

Frans ·

Sjoe, die kommentare is vol veroordeling vanvanaf Christene. Dit is jammer. Lewe en laat lewe. Ek hou van Piet, ongeag sy oortuigings.

Christo ·

Het juis nie Megaboere gekyk aangesien hy dit aangebied het nie! Bo en behalwe sy Godsdienstige uitsprake het hy arrogant sy politieke siening so gestel dat enige persoon wat van hom verskil met antagonisme probeer verneder!

André van Coppenhagen ·

Vir Piet Crokamp se inligting, daar is ook geen bewys dat daar nie ‘n God is nie. Daar is baie teorieë in die rigting maar niks is wetenskaplik bewys nie (met eksperimente en kontrole eksperimente wat ‘n stel data beskikbaar stel om as bewys te dien nie.). Jy kan ook nie alles meterieël verklaar nie. Die mens se bewussein bestaan nie uit materie nie en dit laat juis ruimte vir die geestelike. Daar skort ‘n dimensie in sy denke.

Andries Erwee ·

Op ons kansel kleed staan God is liefde.

Dit moet besonder moeilik wees om te glo dat daar n God van liefde is, vir enige ongelowige wat die kommentaar op Maroela media lees.

Hier lees ek net van haat en verwyt. As Piet dalk hier lees.
Onthou Jesus het nooit met mense baklei wat ongelowig was nie. Sy geveg was juis teen fariseers en ander binne in die kerk, wat liefdeloos was.

hani ·

Kopdoek piet, hierdie is direk op jou gemik. Ek stel dit aan jou dat jy n verleentheid en n slapgat is.

John ·

GJ de CK ek is jammer maar so ‘n meerwaardige uitspraak en veroordeling het ek nog nie in die Bybel raakgelees nie. Ons almal moet nog in die Hemel aanland. Niemand kan homself beter as ‘n ander ag nie. Ons Afrikaners/Boere kry ons self bitter jammer oor alles wat in die land verkeerd loop, maar ons soek geen fout by ons self nie. Liefdeloosheid jeens ons naaste, Afrikaners en familielede, is ons troetelsondetjies. Ons boere kan ook maar bietjie dink. Ek weet dis moeilik maar ons is in die …. Bietjie nederigheid het nog geen boer kwaad gedoen nie.

GJ de C K ·

En ek is net so jammer as iemand die vermetelheid (al probeer jy dit in skynbare nederigheid toedraai) het om Jesus Christus en die apostels se leer as “meerderwaardig” (in die negatiewe sin waarin jy dit stel) te oordeel.

Milan ·

Dankie tog die man is nie beskikbaar nie. Nou sal Megaboere na nommer een program op Kyknet se gewildheidslys aanbeweeg.

Ben Prinsloo ·

Piet Croukamp moet net sy vriend Casper de Vries ook saamvat en die dinge loop weer beter. Dit is agv sulke denkwyses waar die blanke Afrikaner sit waar hy vandag sit – sonder God in die wereld. Dankie dat jy gaan Piet vat net asb vir Casper saam.

Johan Brink ·

Ag hoe eng is ons ou Volkie tog nie. Sodra iemand durf ‘n ander opinie as ons s’n het, val ons hom aan, sensor ons hom, dank ons hom af, en se ons hom sleg. Plaas van luister en dalk, net dalk, iets leer of ten minste iemand anders se denke probeer verstaan. Maar nee…trek laer boere, Satan is tussen ons. Foeitog.

GJ de C K ·

As ons Volk maar eng genoeg was (in die Skriftuurlike sin van die woord).

‘n Opinie opsigself beteken niks. Wat saak maak is kennis en wysheid. ‘n Christen mens wat, ongeag jou eie sondigheid, steeds probeer vrug dra kan net sooooooo lank luister na die gemors wat uit Piet Croucamp en Casper de Vries se monde kom.

Die punt van verdraagsaamheid is om die ander wang te draai want ons almal fouteer en so word ons kans gegun om ons foute reg te maak.

Moenie Christen verdraagsaamheid misbruik om boosheid te koester nie!

Ben Prinsloo ·

Ja Johan ek stem saam, pateties. Pateties van mense wat die antichris en ateïs probeer verdedig . Ek as n Godvresende Afrikaner het nie die siening of mening van bogenoemde nodig nie. Ek het ook nie die mense wat hulle siening probeer verdedig nodig nie. Ek glo aan n soewereine en Godvresende volk, ononderhandelbaar. Miskien is jy die beter persoon wat soos die ANC vir Zuma vergewe het net omdat hy gesê het hy is jammer. Ek glo egter nie so nie. Ek onthou nog my geskiedenis van onder andere Sarel Cilliers by bloedrivier ens. Of moet ons daaroor ook debatteer. Maar soos jy sê – pateties, aan my kant of joune?

magda ·

Nee wat, maak nie saak pro of anti Piet nie; is bly hy skoert…

Island ·

Eish!! Ek stem ook nie saam met Piet se stellings nie, maar die wyse waarop die meeste mense reageer gaan my verstand te bowe. Jou christen buurman wat die Here se naam so ydelik gebruik of by sy buurman se vrou slaap, laat julle hom ook verstaan dat hy vuilgoed is en nie saam met jou sal hemel toe gaan nie? En dan wonder en kla julle oor wat gaan word van ons blankes? Ek gun elkeen van julle sy opinie en oortuiging, maar die manier hoe die meeste dit stel en soos dit vir my lyk, wil af forseer op n iemand is my dood steek. Dit is hoekom ek maar versigtig is met wie ek n pad sal loop, want wat is volgende?

GJ de C K ·

Baie van ons mense het ongelukkig dit al tot ‘n fyn kuns ontwikkel om snedigheid in mooi geskenkpakkies toe te draai. Hulle klop hulself ook graag op die skouer oor hul sg verligtheid en verklaar graag “God is liefde”. Daar is amptelik vandag meer as 26000 Christen denominasies en almal van hulle verklaar hul standpunte op gesag van die Bybel. Dit is in geen geringe mate deels toe te skryf daaran dat elke volgende outjie dink hy is geregtig op sy eie opinie. Die woord liefde word misbruik om ‘n betekenis van blote barmhartigheid en selfs onoordeelkundige barmhartigheid aan te neem en dan as verskoning te dien dat elkeen kan maak soos hy wil. Dit is eintlik ‘n verskynsel van goddeloosheid, nie God se liefde nie.

Dit is inderdaad pateties om ateïste en antichriste (“wolwe”) te wil begenadig en dan nog God se kudde te probeer verlam en die skape wat blêr “op die mond te slaan”.

GJ de C K ·

Wat gee jou die reg tot jou eie opinie?

Die feit dat jy vir ‘n tyd lank (in sommige gevalle baie lank) daarmee wegkom?

‘n Mens wat die HERE vrees moet geër word.

GJ de C K ·

Inderdaad – in vandag se toepassing van die gelykenis van die barmhartige Samaritaan, sien mens gans te veel dat die “reisiger wat aangeval is” aan sy eie lot oorgelaat word en barmhartigheid oor die” rowers” uitgegiet word, soms miskien uit onkunde maar ongelikkig meerendeels in desperate pogings om te deel in die “buit”.

Eer dié wat God vrees!
Waar is die Liefde dan?

christine ·

Om in die Hemel te kom is n eenrigting reis, jy gaan reguit soontoe en kan nie terugkeer nie, as jy nie die Hemel sien nie is jy verseker in die hel, ook ongelukkig ook n eenrigting reis en geen terugkeer.

anton ·

As ek so die bogenoemde kommentaar lees van baie blankes, word ek koud as ek sien hoeveel nie in God se bestaan glo nie. Gun wonder ons land en volk is waar dit is nie.
Ek glo eerder aan God en kom eendag tot sterwe en vind miskien dan uit dat daar nie n God was nie as wat ek nie in God glo, tot sterwe kom en dan uitvind daar is en was nog altyd n GOD.!!!

Cherokee ·

Anton, jy moet nie ‘vir in case’ glo nie. Glo werklik opreg.

John ·

GJ de C K ek het nie Piet se sienswyse goedgekeur nie. Volgens die Bybel, is ons mense nie die regter oor iemand anders nie. Ek hoop regtig nie jy is ‘n regter van beroep nie of hoop om eendag in die hiernamaals so ‘n pos te bekom nie. Bewaar ons siele! Volgens wat ek verstaan is ons op reis na die ewigheid hier op aarde. Oppad soheen. Iemand wat nie op die regte pad is nie, moet ons vermaan en reghelp of, as hy/sy volstaan in die verkeerde, vir die persoon bid. Miskien moet jy leer verstaan dat jy nie die Hemelvader se hoeder is nie. Sy denke en wee is bo ons s’n. Dit wil voorkom of jy byna genot put uit Piet se sienswyse, dan kan jy jou meerwaardige hoed opsit, amper soos ‘n laksman ( of is dit nou soos ‘n skrifgeleerde of ‘n fariseer) en die valbyl aktiveer. Jou reaksie om ander name ook by trek en ‘n swetterjoel ander Afrikaners uit te lok tot vieslike byvoegsels, is skandelik, Ons Afrikaners, ek en ook jy, is nie sonder sonde nie. En nou het ons skynbaar ook verwaand geraak!

danie ·

Ek het nogal gehou van hoe piet die program aangebied het, en dit was lekker om te kyk, dit salnogal snaaks wees as hy die werklike rede gee hoekom hy nie bbeskikbaaris nie. N paar van ons gaan met lelike rooi gesigte sit.

Jan maak n Plan ·

Danie ek gee nie n duit om hoekom prof Piet nie meer MegaBoere aanbied nie. Hier is megaboere in my distrik ook en hullle het reguit gese hulle jaag hom weg as hy kom kuier. en een anderbaie belangrikke ding – my Koning laat nie met Hom mors nie.

John ·

Maroela, GJ de C K moet julle baie beindruk, want hy en ‘ n klomp ander mense is ongelooflik beledigend teenoor Piet. Hulle lewer nie net kritiek op sy sienswyses nie, maar ook op sy persoon. Dit laat julle toe. My kritiek jeens De C K word nie geplaas nie. Die man is seker een van jul mense. Hierdie hele sage van byna 100 skrywes is ‘n klad op ons Afrikaners se naam. As Maroela ons Afrikaners se denkpatroon so probeer rigting gee, is daar geen verskil met die’ van die Kommuniste nie. Ons volkie is ‘hoog heilige’ trotsaards. Ons gaan ons dinges sien.

Poplap ·

Inderdaad!
Hierdie alewige ge-dwepery en niksseggende persoonlike kommentare wat niks met die onderwerp te make het, vertel meer van die betrokkenes as wat dit enige bruikbaarheidswaarde het.

Rian is ook so ·

Waarom stenig almal vir Piet terwyl dit wat Rian op Jakaranda fm doen soveel erger teen Christenskap is?

Nic ·

Het dit wat hy glo enigsins iets te doen met die inhoud van die program of beoaal dit enigsins hoe goed of sleg hy dit aanbied? Ek self het nog nie die reeks gekyk nie, maar ek dink sy uitlatings is irrelevant wanneer dit kom by sy program.

Ongeag wat ek glo, skaam ek my dood as ek hierdie kommentaar lees. Soveel haat en veroordeling vanaf “Christene”. Is dit nie JUIS waaroor Christenskap gaan nie? LIEFDE? Om nie ander te veroordeel nie?

As hierdie kommentaar op hierdie artikel is wie ej wat Christene is, mag ek in my lewe nooit ‘n Christen genoem word nie. Mag ek nooit sê mense is dom nie. Mag ek nooit so haat nie.

Wayne01 ·

Baie nie gelowiges (en gelowiges) verwar God met die kerk en het n personlike ondervinding gebruik om weg te draai. God het jou nogsteeds lief …. Piet het nie by Mega boer gepas nie, elke keer as die boer se hy is waar hy is uit genade van God het almal geweet Piet sit daar en veroordeel daai boer en sy God. Leef en laat leef ,sterkte Piet en Goed seen

Leeukop ·

Ja hy het maar netnie ingepas by boere nie. Ek het dit eintlik baie disrespekvol gevind dat hy met sy “volksvreemde” kleredrag en houding by boere opdaag, in hul huise sit en persoonlike vrae vra, eintlik baie arrogant van hom.

Christinne mag op hul regte staan ·

Hou op om te se Christinne mag geen opinie he en moet net stilsit dat almal hulle beledig, en as iemand waag om opinie te gee te se dat Christinne nie mag “oordeel” nie. Hou op terugstaan en skaam wees en voel vry om julle opinie te gee soos ons hier sien, en ignoreer die wat julle wil beledig en stil maak.

Theuns ·

Piet man kom ek gaan met jou “n wedenskap aan:
Ek se daar is ‘n GOD! Jy se daar is nie ‘n GOD nie! As jy doodgaan en daar is nie ‘n GOD nie dan het jy niks verloor nie en kry jy volpunte. Maar hier is die “catch” . As jy doodgaan en daar is ‘n GOD wat dan vir jou? Jy gaan jou in die hel bevind! Vir my is dit daarom beter om in geloof te lewe want ” Heads of Tails” ek kan nie verloor nie! Mooiloop!! Bekeer jou Piet en moet jou nie bekommer nie ons gaan jou nie met klippe gooi nie maar onthou die woorde van Jesus aan die vrou. “Gaan heen en sondig nie meer nie”! Jesus het dit gese tenspyte van die mense wat haar wou stenig al het hulle ook sonde gehad. Sy het nie vrywaring gehad om aan te gaan met met haar sonde nie net omdat die klipgooiers ook sonde gehad het nie!

Beklemming ·

Ek weet nie hoe om my mening te gee, sonder om dalk prekerig te klink nie, maar “here goes”………. Hoe meer kommentaar ek lees, ontstaan ‘n beklemming om my hart, vir almal wat Jesus as die Seun van God ons Vader verwerp. Om Hom aan te neem, veroorsaak dat iets waaroor jy as mens geen beheer oor het nie, in jou denke, jou psige, jou emosies, jou hele bestaan, verander. Dis ‘n “God-thing” wat gebeur, en jyself het geen aandeel daarin, behalwe om Jesus aan te neem nie. Hierna, het jy ‘n “wete” wat niks en niemand ooit weer van jou kan wegneem nie, dat God bestaan. Geleidelik groei jy in hierdie Wete. Ek wil nie NET sê, “dankie Heer dat U my genadig was, en nou, is niemand anders meer my probleem nie, maar ek is ook verantwoordelik om in te tree vir enige iemand, wat Hom nog nie aangeneem het as Verlosser nie. “

Ander Koos ·

Voorwaar baie uiteenlopende menings en sieninge hierbo Hierdie onderwerp is te omvattend om op sosiale media te beredder. Diegene wat hulle insig wil verbreed kan gerus op ‘n Sondagaand 7 uur inskakel op internet radio naamlik, boervolkradio.co.za. Hier word onder andere die onderwerp God, Bybel en Kerk in diepte bespreek Ek het niks met die radiostasie te doen nie en is net ‘n luisteraar wat hulle programme interessant en insiggewend vind.

Peet J ·

Piet het eintlik te velde getrek teen die Christelike geloof wat streng gesproke deur die grondbeginsels van die Katolieke Kerk ingestel en aanvaar is nl. die Drie-eenheid, God , Jesus en die Heilige gees en nie teen die Almagtige God Skepper van Hemel en Aarde en alles wat daarin is nie.
Om die Almagtige God te te verag, verag jy jouself ook.

Dup du Plessis ·

………..ironies dat juis in landbou die mooiste teken is van lewe na dood ……….elke graanpit wat in die grond geplant word verrot of ontbind (gaan dood) en dan eers ontkiem dit en lewe en dra vrug…………so maklik om raak te sien as mens wil of glo………

John ·

Dup, jy praat nou van gm-saad, want dit is wat ons boere nou plant, want dit wat die Hemelvader geskape het, het die bankrekening van ons mega-boere nie vol genoeg gestop nie. Natuurlik kom die gifstowwe by, want dit help ook om die vliegtuigies te betaal, veral die bespuiting met onkruiddoder om alles gelyk te laat afdroog. Ja, die sonneblomkoppe moet gelyk hang sodat ek dit gelyk kan stroop. Minder moeite. En ek reg is om op Bothaville te gaan spog oor my mega-skuld en min reen en, o ja, voedselsekerheid vir die arme patetiese massasl

Ou Bosvark ·

As ek so die kommentare lees, dan verstaan ek beter waarom die menslike spesie so baie oorlog voer en mekaar vermin en doodmaak: ONVERDRAAGSAAMHEID!

Burger ·

As jy nie Piet se sienning ondersteun nie , ondersteun jy die teenoorgestelde. Dit maak dus van almal hierbo Christene…..hartseer as dit Christus karakter verteenwoordig. Klink meer soos n amateur ekstrimistise groep.

Koos Karoo ·

Ag dankie tog. Waarom ou Kopdoek in die eerste plek gevra was om die program aan te bied, gaan mens se verstand te bowe. ENIGIEMAND is beter as hy.
Die flou verskoning van sy nie-beskikbaarheid vir die opvolgreeks gaan nie af nie. Duidelik het hy die boodskap gekry: hy is “persona non grata”.

John ·

Wow, as ‘n mens die name van die mense hierbo lees, lyk hulle na gawe mense: Afrikaners, vriendelik en verdraagsaam, maar sjoe, lees hul bydraesl Giftig! Dit lyk of min mense hoop Piet kom tot inkeer wat nog sien die Afrika-sonnetjie more opkom. Paulus het Christene aanvanklik selfs vermoor en later ‘n ommekeer gemaak. Piet, Dawid het gese hy val liewers in die hande van ‘n lewende God as in die hande van mense. Hy was reg.

Cherokee ·

John, jou voorlaaste sin aan Piet gerig, verskaf asseblief ‘n Skrifverwysing.

Sini ·

Piet, ongeag wat almal te sê het oor jou uitlatings oor ons Almagtige en Alwyse Hemelse Vader wil ek jou verseker, meeste ons bid reeds vir jou en ek wil glo ‘n groot persentasie van die hierbogemelde deelnemers sal ook nou vir jou bid om die Lig te vind voordat dit vir ewig te Laat is!!!

Theuns ·

Frans en Joedewet. Ons hou julle dop! Se my Joedewet spel jy jou naam Joe De Wet? Ek het gedink jou naam het iets te doen met die Jode Wet. ( Ou Testamentiese Geskrifte.) Julle kan maar ook glo in die Nuwe Testament want ons Saligmaker het al gekom. Die ou Testamentiese Jode wag nog op hulle saligmaker.!

Ou Erdvark ·

Beste Ou Vlakvark, Ou Krimpvark en Ou Bosvark,
En terwyl die derm uitrygery voortwoed, is ons geliefde Suid-Afrika aan die brand met oorbevolking, ‘n politieke magstryd, kriminaliteit, werkloosheid, armoede, swak dienslewering en stroping van ons natuurlike hulpbronne. Hoe op dees den aarde gaan Suid-Afrikaners ‘n wêrelkompeteerende nasie word om volhoubaar voldoende buitelandse valuta te verdien om welvaart te skep en vir hul nageslag ‘n toekoms te skep? Sies vir negatiwiteit, onverdraagsaamheid en mekaar se derms uitrygery! Sies! Sies! Sies! Ga-ga.

Ou Sus Scrofa Vark ·

Aan alle Sus scrofa Varkerasies,

05 Junie 2016, 16:30, en daar is nou al 142 kommentare op hierdie artikel! En kyk net hoe lê die uitgerygde derms op die Suid-Afrikaanse werf gesaai! Ek is bly ek is nie ‘n Suid-Afrikaanse homo sapiens sapiens gekruie met heiliger as heilig onverdraagsaamheid nie. Wat moet die buitelanders van die Suid-Afrikaanse Animal Farm dink?

Boeta ·

Dis hoekom hy(piet)hom uitlaat oor dinge waarvan hy niks weet van die skrifte,Die skrif se omdat julle die skrif op n natuurlike wyse lees en beoordeel gaan die volk tot gronde en jul is soos n redelose dier van die veld.in Romeine 8 kan jy lees daar is nou geen veroordelling vir die wat nie na die vlees wandel nie maar na die Gees.se verder jy wat die natuur bedink bedink die dood nie n natuurlike dood maar n Geestelike dood,dis hoekom ou piet nie weet waaroor gaan die Godheid nie. Hy is besig om teen die Heilige Gees tesondig.

John ·

Cherokee, lees 2 Samuel 24: 14 (lees van vers 10 en verder). Groete

Cherokee ·

Dankie vir die verwysing John. Ek kon eerlikwaar nie onthou dat ek dit al gelees het nie en daarom die vraag. Dankie dat jy dit nageslaan het en uitgewys het.

Japie ·

Ek hou van Piet Croucamp en ek het gehou van die manier hoe hy Megaboere aangebied het. Ek wens ek kon hom as vriend ken sodat ek hom kon vertel dat God hom liefhet en dat hy ook gekies is om in God se liefde en genade te deel. Ek dink Piet Croucamp is oopkop en as hy eers deur ons lewens sien en verstaan hoe Christus ons ly en versorg sal hy ook besef dat alles nie fisies gemeet hoef te word om waar te wees nie.

Ben Prinsloo ·

Graag wil ek vir Johan Brink en al sy pro atiëste uitnooi om na enige moslem gemeenskap te gaan en die uitlatings te maak wat hierdie 2 al gemaak het. Ek wil graag sien wie is pateties en wie nie. Kom nou Johan, wys ons!

Ou Vlakvark ·

Haai Ou Bosvark, Ou Krimpvark en Ou Erdvark, Dit is nou 02:18 op 06 Junie 2016 en daar is nou alreeds 149 kommentare op hierdie artikel met vele rolmodel voorbeelde van onverdraagsaamheid! Hoeveel van die Homo sapiens sapiens wat smalend na die dra van kopdoeke verwys dra self onpraktiese stroppe om hul nekke in slaafse navolging van ‘n ou uitgediende koloniale tradisie! Ha-ha-ha. En dit van die British Empire wat ons land ook gekolonialiseer had! Ha-ha-ha! Hulle dra die dasse “For King and Empire”! Ha-ha-ha!

Ou Erdvark ·

My Mede-Varke, Die probleem met die soogdier Homo sapiens sapiens is dat hy vooruit kan beplan om goed te doen OF kwaad te doen. Maar wanneer hy onder ‘n skuilnaam publiseer, dan word hy maklik ‘n slaaf van die sondige DNS ONGEDULD, DNS LIEFDELOOSHEID en DNS ONVERDRAAGSAAMHEID.

Varkerasies, kom ons wys die menslike spesie wat dit beteken om die uitdaging aan te gryp om kreatief opbouend SAAM met die mense te bou aan ‘n vredevolle nasie van Suid-Afrikaanse soogdiere, multi-soort, multi-spesie, multikultureel, kopdoekdraers, dasdraers, politici en nie-politici, akademici en nie-akademici, alternatiewes en nie-alternatiewes en al. Mense is mos ook soogdiere of hoe het ek dit? [En al die voëls en insekte juig op hierdie voorstel! Ha-ha-ha. Yippee!] .

John ·

Ben, jy beweeg nou op gevaarlike grond. Jy is so lus vir baklei dat jy skoon van Christus vergeet. Miskien moet ons nou maar ons klippe neersit en die steniging los. Ons maak van ons self badproppe om die minste te se. Ons verdien dalk om gestraf te word. Die verskriklikse woorde wat ons Afrikaners eendag sal kan hoor uit die mond van die Here, is : Ek ken hierdie mense nie.

thea ·

dit is die beste nuus van die dag, Ou kop doek het nou baie tyd om bietjie self ondersoek te doen. Hoop en bid dat hy to bekering kom, GOD is Koning

Corlaine ·

Om ons Drie Enige GOD so te vloek IS onvergeefbaar in God se oë. Sover my nederige kennis strek, mag niemand God vloek nie. PUNT! Gooi my maar met klippe, ek is NIE skaam om vir my God op te staan nie.

Ben Prinsloo ·

Ja John jy is dalk reg maar as dit by my God, Godsdiens en Vaderland (wat ek dalk nie meer hetnie ) kom dan wil ek nie onderhandel nie. Die feit dat jy sê ek is lus vir baklei is jou siening. Gelukkig het Christus en Die Almagtige ook al met die mens baklei. Ek dink dit is egter eerder omdat te veel van ons volk al badproppe van onsself gemaak het en dit die rede is waarom ons sit waar ons vandag sit. Ons het geword soos Petrus, verloën maar totdat die haan kraai. Jammer John as jy vir my wil sê as gevolg hiervan beweeg ek op gevaarlike grond wil ek jou nog net sê my leuse is eintlik “geen verbond met die hond” Volgens my het die Almagtige net 1 volk gehad en sou hierdie volk volgens die Almagtige se opdrag gaan oorlog maak het hulle partykeer nie eers die reg gehad om iets van die ander volk te vat nie….niks nie, ek neem aan jy ken die stories.

Connie ·

Ek veroordeel hom nie. Ek hou nie van hom nie en dis my goeiereg. Wens ook RSG wil die beesblaar “ban”.

Ou Bosvark ·

Ek wonder hoeveel van die kommentatore deeglik ingelig is oor wat die National Democratic Revolution (NDR) is vir die daarstelling van ‘n beoogde National Democratic Society (NDS)? Quo vadis met die NDR en NDS Suid-Afrikaners? Quo vadis Afrikaanssprekendes? Quo vadis Afrikaners? Quo vadis kommentatore? Quo vadis kommentatore se nageslagte?

ou tannie ·

Wat beteken quo vadis in elk geval? Klink vir my soos n anglisisme uit latyn

Ben Prinsloo ·

Ou Bosvark wat die meeste van die mense en ek probeer sê is dat hierdie persone het net soveel bestaansreg op hierdie aarde soos ek, die kommunis tot selfs die muskiet en huisvlieg wat ons so verpes. Die saak gaan egter met wie wil ek my assosieer en wie nie. My hele saak gaan daar rondom dat tot waar laat ek toe dat my menswaardigheid afgetakel word. Hierin sluit ek my Godsdiens en my volk en my huisgesin in. Die Israeliete het n 3 daagse reis in 40 jaar omskep, waarom? Ek vat nou maar n voorbeeld in my eie woorde: die slang het nie by Eva gekom en gesê eet die appel of ek pik jou nie, hy het met die verleidelike vraag gekom van “is dit so……..” Ek vra myself die vraag af tot waar is genoeg genoeg. Ons volk het vir die ander volkere agteroor gebuig en wat het dit ons vandag gehelp. Netso voel ek teenoor die heidene ook. Ek vra ook soos jy hoe vêr nog en quo vadis. Ons moet eers die gepeupel onder onsself uitroei voordat dit met ons sal beter gaan. Die banvloek het ons getref en nou het die erwe van ons vadere nie vir ons kinders erwe gebly nie. Ons het onself gaan staan en vermeng. Hoe maak ons dit reg??

At Kruger ·

Dankie dat landbou ontslae is van Piet. Hy hou nie van Christene en Afrikaners nie . Die meeste boere is wel deel daarvan.

Ou Krimpvarkietjietjie ·

166 kommentare sover!

Aan al die kommentatore: wat is tot op hede met al die kommentare bereik? Die debat tussen prof. Piet Croukamp en prof. Richard Howe het na berig word in Augustus 2013 plaasgevind. Mense, dit is nou Junie 2016!

Komaan, kom ons word ‘n wennasie bestaande uit ‘n swetterjoel van soorte van soogdiere.

Kom ons formuleer ‘n NUWE NASIE-VISIE en begin met bouwerk wat ons tot nuwe hoogtes inspireer en waar kreatiwiteit, doeltreffendheid en effektiwiteit die selfaktualisering tot hemelhoogtes dryf. Die titel “Kommentare” word NOU verander na “Voorstelle vir NUWE NASIE-VISIE” . Begin ook solank die strategie opstel. Aksie!

Oor en uit.

foxi ·

Watwou!!!!! As ek vir Piet kopdoek so kyk, het ek nogal gedink hy lyk na n rowwe biker.
Nogal nie te ‘bad’ gelyk nie. Megaboere program was uitstekend man!
Maar elke mens het mos n keuse of hy/sy nou in GOD glo of nie. God het vir jou, jou eie wil gegee. Dit is jou besluit. Eers wanneer jy in groot moeilikheid of in gevaar is……DIE EERSTE WOORDE WAT JY SAL UITER IS…..O HERE HELP MY!!! Dit gaan vir gelowiges en ongelowiges. Vergewe vir Piet Kopdoek tog mense……

Banie Lundie ·

Ek ervaar Piet Croukamp nie net op Megaboere nie maar ook elders met sy openbare optrede’s as n hoogs intelegente Afrikaner wat altyd met insig deelneem. Dis jammer dat ons hom nou waarskynlik uitsluit agv van sy geestelike oortuiging’s. Jesus se koms het juis te doen met ons as sondaars. Ons behoort dus eerder n inklusiewe benadering te volg, en ek is oortuig daarvan dat Piet soos ons almal deel is van Jesus se koms aarde toe.

doreen ·

DANKIE TOG OM HET NIE MEER MENSE OP HIERDIE AARDE NODIG WAT MET GOD SPOT NIE PAS OP EN DIEN N LEWENDE GOD BREIN DOOD MET IS OP AARDE EN GAAN OOK HEMEL TOE MAAR SPOTTERS GAAN HEL TOE 165321 STEMME WAT SAAM MET MY STEM DAT DIE PROGRAM MEGA BOERE NIE IN HULLE HUISE SAL WEES NIE
AMEN

CONNIE ·

ONS BID VIR PIET DIE HERE HET OOK VIR HOM GESTERF JY SAL DIT OP SY STERFBED ERVAAR

YOLANDI ·

ek kry jou verskriklik jammer dat hy nie weet ons dien n LEWENDE VADER NIE JY IS N VERLORE SIEL

nico coolen ·

Wat maak dit saak wat croucamp se godsdiens dit is n saak tussen hom en sy god! dit maak nie van hom n minder goeie aanbieder, Megaboere was nie verniet die 3de beste program nie.
As my lewe van n Moslem/ateis dokter afhang laat hy tog asb my lewe red. Sal wag om te kyk of die nuwe aanbieder by croucamp kan kers vashou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.