Nuwe aansoek: Zuma ‘probeer tyd wen’

Die Konstitusionele Hof het ingestem om oudpres. Jacob Zuma se dringende aansoek vir die tersydestelling van sy skuldigbevinding en vonnis aan te hoor. (Argieffoto: Kim Ludbrook/AFP)

Die Konstitusionele Hof het ingestem om oudpres. Jacob Zuma se dringende aansoek vir die tersydestelling van sy skuldigbevinding en vonnis op Maandag 12 Julie aan te hoor.

Dít beteken dat die bevel dat Zuma hom teen Sondag by die Nkandla- of Johannesburg-Sentraal-polisie moet aanmeld om sy vonnis te begin uitdien, vir eers agterweë bly.

Maroela Media het vroeër berig dat die land se hoogste hof die voormalige staatshoof Dinsdag tot 15 maande tronkstraf gevonnis het vir minagting van ’n hofbevel om voor die Zondo-kommissie na staatskaping te getuig.

Ulrich Roux, strafregkenner en prokureur, het Saterdag aan Maroela Media gesê dat hy die Konstitusionele Hof se instemming om Zuma se tersydestellingsaansoek aan te hoor as ’n “baie ongewone stap” beskou.

“Zuma het die Konstitusionele Hof gevra om die aansoek te heroorweeg in die lig daarvan dat hy nie ’n geleentheid gegun is om getuienis ter versagting van sy vonnis te lewer nie.

“Die feit bly dat hy verskeie geleenthede gekry het om sy getuienis voor die hof te plaas. Hy het gekies om dit nie te doen nie.

“Die gevolg hiervan is nou dat die 11 regters wat die minagtingsaansoek aangehoor het en wat drie maande gevat het om ’n baie gedetailleerde en komplekse uitspraak te lewer, nou moet teruggaan en Zuma se aansoek oorweeg.

“Dis baie ongewoon om dit sag te stel. ’n Mens kan net dink dat hulle waarskynlik baie sterk daaroor voel om albei kante van die saak aan te hoor.”

Prof. André Duvenhage, ’n politieke ontleder verbonde aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom, sê dit is ongetwyfeld ’n poging om tyd te wen.

“Ongeag hierdie tussenspel, waar Zuma nou weer getuienis voor die Konstitusionele Hof gaan lewer, sal hy eintlik maar slegs ten beste enkele maande in die tronk uitdien. Dít bly my mening.

“Ek vermoed as hy omtrent vier maande sou uitdien, sal hy op grond van goeie gedrag vrygelaat word. Indien hy mediese sertifikate as bewys kan lewer, sal hy waarskynlik onder huisarres by Nkandla geplaas word.

“Ek verwag nie dat dit die Konstitusionele Hof se besluit op enige manier weens die aansoek sal verander nie, maar ek dink dit verleen gewoon groter legitimiteit aan die regsproses.”

Duvenhage sê hy is egter bekommerd oor konsekwentheid en sistematiek, asook oor die kwessie of die Konstitusionele Hof aan gewone landsburgers dieselfde geleentheid sou bied.

“Wat wel duidelik is, is dat Zuma oor magsbasisse beskik wat ’n bedreiging vir Suid-Afrika se Grondwet en veral die toepassing daarvan inhou.

“Hierdie aangeleentheid is ’n baie groot toets vir grondwetlike regering, die oppergesag van die reg en die Grondwet in Suid-Afrika.”

Dr. Llewelyn Curlewis, strafregkenner, sê dit is “absoluut absurd” en dat die aansoek met ’n spesiale putatiewe kostebevel van die hand gewys behoort te word.

“Dit maak ’n bespotting van die reg.”

Die Jacob G Zuma-stigting het intussen op Twitter aangekondig dat Zuma die land Sondag om 18:00 vanuit die Nkandla-ouditorium sal toespreek, en nie in Durban soos voorheen aangekondig is nie.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

annie ·

Sal Zuma hom selfs met covid laat ‘besmet’ om sy sin te kry en dan ‘aan te sterk’ onder paleisarres? Hoe tragies. Sedert die Shaik-dae en Zuma se kwytskelding stu hy en sy bevrydingsleèr voort om ‘by hook or by crook’ in die ANC se voorste terroriste-linie te bly. Sy swart boekie is vol van name van wie hy alles weet en sorgvuldig opgeteken het, vir latere gebruik. Die tyd is nou.

Deon ·

Geen rede om homswlf met covid te besmet nie, hy is besmet met die anc

Sambok ·

Ons regstelsel bestaan nie meer nie en die land gaan in vervalle-die rooipette wat ten gunste was om Zuma toe te sluit se bekke is nou stil,hoekom gaan help hulle nie die polisie nie?

JM ·

Ons land se regstelsel het ‘n grap geword. Êrens is ‘n groot skroef los, want hoekom word Zuma met handskoene hanteer?

Theuns ·

Onthou die kaste vol skelette. Birds of a feather flock together. Daar is geen eerlikes tussen oneerlikes nie. Die eerlikes is almal uitgewerk,

Strandloper ·

Wat n klug spel! Wel rampoker moes iets doen voor beide deur die trallies loer!

Sênet ·

Daar is n stel wette vir die ANC en dan wette vir die res van die land. Ek dink ons almal weet Mnr Zuma gaan weer wegkom met alles. Is daar nie al genoeg geld gemors nie? Ons almal weet hier gaan niks van kom nie

Flip ·

Die hof moes hom nie 15 maande maar 15 jaar gegee het. Hy is en bly n terrorus gee niiks om vir die land en sy mense nie.

johanf ·

Wat van al die ander sake teen hom….sal dit ook die paaidjie volg….

piet ·

Ek dink hulle gaan die skuldigbevinding en vonnis handhaaf maar die tronkstraf in sy geheel opskort. Met ander woorde hy is steeds skuldig maar gaan nie ‘n dag in die tronk sit nie. Hulle gaan dit doen om die plofbare situasie te ontlont. Kan nie sien dat hulle die skuldigbevinding self omkeer nie want dit sal die verkeerde boodskap uitstuur.

Theuns ·

Hul is bang om wet toe te pas …shame.. met saps wat uit hul skoen weghardloop van kriminelE in Johannesburg, wat verwag jy? Het jy regtig gedink daai spul lafaards sal die krimineel gaan arresteer as daar selfs net een “supporter” is te hul bang is hul kry seer. Kyk hoe was hul afwesig van die Covid hotspot verspreider van die duidende eff wat alle wette verbreek en skotvry afkom? Media is seniel om te dink die hoffie se uitsprrak was iets anders as lee woorde..en raai wat… SPHRA keur skielik die Chinese middel goed in ‘n week en sal Spoetnik ook goedkeur maar Ivermektin bly verbode!!! AFRIFORUM MOET IN DUISENDE OPRUK NA SAPHRA dan word IVERMEKTIN goedgekeur, Om by die howe geld te mors is malligheid in hierdie 5 de wereldse land. Hul lag vir afriforum en kollekteer miljoen in vermorste regskoste. Word slim. Leer. Die is nie ‘n beskaafde land en regstelsel nie. Geweld is suksesvol. Niks anders

Pieter ·

Die ANC land se regstelsel is n grap man. As dit ek of iemand anders was dan was ons al klaar in die tronk.

Lorna ·

Nes ek gedink het
Hy is mos verhewe bo die wet en dit gaan in sy guns tel
As hy loskom sal hy brand in die hel

Brandwag ·

Hierdie is maar net nog n gebeurtenis in ons land se verval. Dit verras my nie meer, dit motiveer my net meer om gereed te wees wees vir toetale verval wat verseker oppad is, die skelms oorheers reeds, carona vat baie van ons geliefdes, die armes is honger, politieke partye wat anargie aanblaas, algehele minagting van wet en orde en die mense wat dit moet toepas is net so skelm of wil nie betrokke raak nie of wag net vir hulle pensioen. Ek het n positiewe uitkyk op die lewe maar as die skrif aan die muur is…..

gatgogga ·

Rampahosa is bang vir die kriminele RET faksie – hy is bang om nog ‘n Marikana op sy naam te kry. En die RET weet dit.

piet ·

Regtig? PW Botha het ‘n keuse van ‘n boete gekry vir dieselfde oortreding

Nie Verbaas ·

Hoekom word hy nie ook gearresteer vir oortreding van die wet op rampbestuur nie aangesien hy sonder masker saam met ander maskerlose kaders dans? Waar is die polisie nou? Laat ek en jy dit sonder n masker op straat waag.

Alex ·

Hier is nou net weer n bewys dat die regters dalk geintimideerd was deur die ANC Zuma mafia. Dus enige iemand mag in die toekoms na die Zuma vs CON court verwys as die Con court teen hulle beslis het en die persoon daarteen gaan…. en dalk vry gespreek kan word. Die land het sopas bewys hoe groot grap ons is met Zuma nog aan die stuur.

agnes ·

Het ons enig iets anders verwag? Ons ken mos nou al die agterstevoor “regering” gesag, niks is meer wettig in RSA nie, almal maak net soos hul wil en kom weg daarmee. Zuma Sal absoluut nie erger gestraf word nie, hy sal hooguit n paar maande kry. Kriminele word vereer

Jr ·

This is a mockery and the Judiciary just proves it is politically orientated and not law orientated

Anel ·

Op grond wasrvan wil en kan hy die land “toespreek”? En hoekom moet dit enigsins dekkeing kry? Hy is ‘n krimineel! Van wanneer af “spreek” kriminele die land toe? Nou word dit ook net weer bevestig dat dasr 2 stelle reëls geld in hietdie land. As jy wit is, is jy skuldig, maak nie saak wat nie. As jy our people is kan jy maak wat jy wil. Enige iemand wat verskil? Kan nie glo dat hulle hom uitstel gegee het nie. Die wêreld lag vir ons…!

marius ·

Presies wat voorspel is . Een vet rook skerm en spieels. Diegene wat nog dink daar is ‘n onafhanklike regstelsel leef in ‘n borrel.

Martie Smartie ·

Dis duidelik dat politici agteraf ingemeng het en die Konst Hof nou dwing om die vonnis te verander in iets soos huisarres. Ramaposa en sy clan is bank vir Zuma. Cele is n papbroek. Die enisget opsie vir almal om goed te lyk en na Zuma se pype te dans, is verander dit na huisarres. Dan wen Zondo, Zuma, Ramaposa, Niehaus ens en Suid Afrikaners weet dat die Konst Hof gemanupileer is agter die skerms. Zondo se kommissie is net n groot geldmors oefening, soos takke voor dit. Dis egter nogal snaaks dat die twee vd persone wie Zuma gedink get hom gaan beskerm, nl Thuli Madonsela en Raymond Zondo, hom toe hard gebyt het. Lelike oordeelsfoute gemaak om hulle aan te stel ne Zuma

Martie Smartie ·

As dit gewone man op straat was, was hy lankal opgesluit deur die polisie. Een stel reels vir ANC en n ander stel vir die burgers

Debbie ·

Pleks hulle hom sommer nou onskuldig bevind as om geld te mors op hofsaak na hofsaak want dit is wat maar op die einde van die dag gaan gebeur

piet ·

Hy sou in elk gevaar maar vir minder as 4 maande gesit het voor hy op parool kon uitkom.

Corne123 ·

Sluit him dierek na die hof toe soos enige ander persoon ennklaar

Yvonne ·

So hy is n bangbroek, om die minste daarvan te se…hy sien nie kans vir die gevolge van sy dade nie….hoe tragies

Skollie vanni Kaap ·

Dis tragies dat die Zuma-sepie soveel tyd en spasie in die media opneem. Dink bietjie: Watter veskil gaan dit nou maak of hy tronk toe gaan of nie?

Die hele ou Zuma-sage is al holrug gery. Los die arme ou drommel op sy mishoop, Nkandla. Daar is baie meer dinge wat dringend aandag moet geniet in ons land.

gpsa ·

Vir wat se die artikel probeer tyd wen as hy reeds het?? Lamsakkige reg stelsel het geen rug graat selfde as ons regering. Wat ‘n grap.

Kanjynoumeer ·

Weeeee jy, kan Zuma tog ook nie net “step aside” nie. Die ou man ontlok tog net baie slegte, negatiewe emosies.
Hy maak mens naar!

Willem ·

Almal het geweet hierdie slinkse jz karakter speel met die grondwet en regstelsel!!!Ons howe is absoluut n belaglike instelling wat net gewone landsburgers straf!!!Die concourt is n lagwekkende klomp wat só bang is vir zuma en sy anc aanhangsels dat hul maar eerder die maklike uitweg volg!Hoe pateties kan ons regstelsel nog wees?Ál uitweg wat aanvaarbaar sal wees,is as jz maar peck!!!!Noem dit good riddens!!!!!

marius ·

Heel korrek. Verdraai en herskep om die korrupte heersers en al hul gevolg te beskerm.

Jack ·

Presies wat ons verwag van n jakkals wat verander van haar maar nie van snaar. Hierdie taktiek was nog altyd deur hom gebruik en om een of ander rede slaag hy altyd daarin om daarmee weg te kom. Ek sou se hy is n genie op die gebied. Lekker gholf speel shabir wag op die bof.

Francois ·

Waar is die slapgat polisie om almal wat lockdown regulasies ni nakom in hegtenis te neem. Drink seker saam die lot weermag mense wat so dronk uit die bussie val

piet ·

So terloops – PW Botha het mos ook tronkstraf met ‘n keuse van’n boete gekry vir Minagting van die Hof omdat hy nie voor die WVK wou verskyn nie. Zuma het nou tronkstraf gekry sonder die keuse van ‘n boete……….hmmmmm………..

Elizabeth ·

Wat ñ blerrie klug. Iemand wat die wet oortree het geen spesiale regte bo gewone landsburgers nie!

Lood ·

Hoe lekker lag ek nou vir almal wat “opgeruk” het na Zuma se blyplek toe. Ek hoop hy gee vir hulle slaaplek tot volgende Maandag

James ·

Ek ag myself nie meer gebonde aan ENIGE wet of reel in Suid Afrika nie . Die Konstitusionele Hof het dit nou duidelik gemaak.

James ·

Ons weet nou wat die waarheid is rondom ons howe – van Landdroshof al die pad tot Konstitusionele Hof: As jy ‘n gewone Suid Afrikaner is, moet jy die reg en hofbeslissings eerbiedig. As jy iemand soos Zuma is dreig jy die howe met ‘n belofte van geweld, met jou private weermag – en die howe buig die knie.

Ek ag myself nie meer gebonde aan ENIGE hof in Suid Afrika nie.

Johanncb ·

Al die gebeure om Zuma laat ‘n wrang smaak na in die mond! Ons leef in ‘n land waar géén geregtigheid geskied nie! Suid-Afrika is wetteloos!

SomeOne ·

zoempie maak ‘n sirkus van die regstelsel en julle val vir sy flou grappies, gelukkig skep hy ‘n president vir alle groot sake wat verhoor gaan word
ELMGA

Jerry ·

My seun was in n motor ongeluk n jaar en n half terug, niemand het seer gekry maar albei voertuie is afgeskryf. Die staat het n saak van roekeloos bestuur gemaak met tot vandag nog Geen bewyse. Dit kos ons net regskostes maand na maand en geen vordering, maar hulle bly probeer om hom vastrek maar tot op datum niks. Die regstelsel bestaan nie- ons het al meer as genoeg rasisme ervaar in die hof waar hulle al vir ons laat weet het julle witmense dink julle kan wegkom met als.

Duck ·

Die staat is bang vir Zuma, èrens het Zuma “iets” teen iemand in die ANC / staat.
Nou gooi hul Covid en optogte voor.
Hy sal nooit tronk toe gaan nie
Nou ja, miskien moet ons hom maar weer Prez maak, is mos lkr

Samuel ·

Absoluut absurd. Wat ‘n bespotting het ons regstelsel nie geword nie!

Kobusnutz ·

Zuma maak nou die hoogste hof se uitspraak tot niet. Dit is ABSURD. Sal ek dit ook kry?

Sarel ·

Hierdie man en sy Regsverteenwoordigers lag vir die SA Regs stelsel dn maak daarvan due grootst klug kn Afriks

Sarel ·

Hierdeur word President geskep dat jy nou by die Grondwet hof kan appeleer teen ‘n besluit van die
Grondwethof …hoe absurd is dit

xuxidlx ·

Nou vra ek hoe kan ons die regstelsel vertrou as selfs die hoogste hof wat uitspraak gelewer het ‘n aansoek weer heroorweeg!!! Sal dit vir ons jan alle man op straat ook gedoen word??? Wonder net wat dink die res van die wêreld van ons regs stelsel… Dis absoluut kommerwekkend…

Theuns ·

Dis pateties. Die Zuma geval wat nou reeds 15 jaar voortsloer, bewys die regters soos aangestel deur die anc/eff wat die meerderheidstem het in die Regterlike Diens Kommissie is onbetroubaar.. Hul keur regters en hier ons wat hul resultaat is. Die klompie besluit gebasseer op wie jy is nie wat jou oortreding is nie. Hul kan nie vertrou word nie.. Alles is nou down the anc drain. Tyd dat Onafhanklike media moet ondersoek. Dit help egter niks om inligting oor kriminele aan kriminele te gee nie. Sal nie verbaas wees as sekeres met get geen ruggraat inmeng agter die skerms nie. Swak.

drain..

Swanies ·

Sal ons ooit weer trots in ons land ervaar? Daai diep gevoel wat jou knop in die keel gee? Daai tipe trots wat jou laat se: ek vir jou, Suid-Afrika. Trots op die land se leiers, want hulle regeer, lei vooruit met integriteit. My hoop is in sak en as.

Karen ·

Glad nie verbaas dat S.A. so voorspelbaar is en 99% van die populasie geglo het hy sal nie.

Kokkie ·

Net na die Grondwethof se uitspraak aangaande Zuma verlede week, het al wat leef en beef gejuig oor ons land se regstelsel. Politici, regskenners, die media en ander hooggeplaasdes het breëbors te vertelle gehad hoe wonderlik die regstelsel in ons jong demokrasie werk. Selfs die markte het daaroor gejuig. En daar knak die einste hoogste wetlike gesag voor die grootste krimineel, swendelaar en ondermyner van demokrasie . Cry my beloved country, snot en trane. En ek vra weer: wat het geword van die wigte en teenwigte wat ons sou beskerm.

Skollie vanni Kaap ·

Vroeër jare sou twee polisiemanne ‘n vangwa gevat het en die skelm gaan oplaai het. Helaas, dis iets van die verlede.

Kobus ·

Die EFF kan die strate vol betoog sonder kovid-voorsorg; Zuma kan appelleer teen die hoogste hof in die land; sy trawante kan geweld dreig en almal bewe – uiterste dubbele standaarde; die regstelsel het ‘n bespotting geraak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.