Nuwe Absa-hoof gesoute bankier

Daniel Mminele is die nuwe hoof van Absa. (Foto: Absa)

Die bankgroep Absa het die voormalige adjunkpresident van die Reserwebank, Daniel Mminele, as nuwe uitvoerende hoof aangestel. Mminele vervang Maria Ramos wat in Februarie verlede jaar afgetree het. René van Wyk het ná Ramos se vertrek waargeneem.

Mminele begin Maandag in sy nuwe pos.

“Ons is verheug om Daniel by die Absa-familie te verwelkom. Hy het ʼn wye kennis van die finansiële dienstebedryf, in Suid-Afrika én die buiteland,” het Wendy Lucas-Bull, voorsitter van Absa se raad, gesê.

“Sy unieke vaardighede en internasionale perspektief maak hom ʼn geskikte kandidaat om ons bank se fokus op langtermyngroei, wat in al ons markte digitaal gelei word, te dryf.”

Mminele het in Junie verlede jaar by die Reserwebank uitgetree nadat sy tweede vyfjaartermyn as adjunkpresident verstryk het. Hy was altesaam 20 jaar lank verbonde aan die Reserwebank.

As een van die bank se adjunkpresidente was hy verantwoordelik vir verskeie departemente, waaronder finansiële markte, internasionale ekonomiese betrekkinge en beleid, die nasionale betaalstelsel, finansiële waarneming en die mensehulpbron-groepering.

Voordat hy by die Reserwebank aangesluit het, het Mminele ʼn geruime tyd in Duitsland en Engeland as bankier gewerk, waarna hy in 1995 na Suid-Afrika teruggekeer het. Hy is ook al verskeie kere bekroon vir sy werk in die bedryf.

Mminele het Maandag gesê hy sien daarna uit om leiding te gee en deel te wees van Absa se reis om sy regmatige plek in die Suid-Afrikaanse mark terug te neem en om die bank “ten volle te vestig as ʼn onafhanklike Afrika- finansiële dienstegroep met diep wortels in Suid-Afrika”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

pan ·

Die swak diens het niks met leierskap te doen nie dit is die werkers in die bank self,wat was fout met René van Wyk nou gaan Capitec weer klomp nuwe kliënte kry

Le eiertjie ·

Stem saam. Volgens hulle is diens uitstekend. Net nog n flop.

Jannie van Niekerk ·

Ag neewat, al stel hulle wie ookal aan, ABSA sal nooit weer die goeie bank wees wat hy was toe hy nog VOLKSKAS was nie. Daar is net een bank wat uitstekende diens lewer , maar ongelukkig mag ek hulle nie adverteer nie. Al wat ek kan sê is dat Werner ‘n groot rol ge speel het dat ek daardie spesifieke bank ondersteun…

Maria ·

Ek 31 jaar Absa diens het regtig verswak en vra baie ontnodige onkoste word net al hoe duurder.

JohanR ·

Hoeveel van hierdie “uitvoerende hoofde” was al enigsins ‘n sukses oor 25 jaar? Gee dit soe twee jaar, dan sal die ou se skelmels ook uit die hout werk begin uitkruip.

Jannie van Niekerk ·

@JohanR. Nie een enkele een nie. Die vorige een het by haar vorige maatskappy bates verkoop en dit as verkope deur die boeke gesit. Bates = omset?! En toe word sy as die briljantste uitvoerende hoof gereken wat die spesifieke maatskappy nog gehad het. In my lewe in het ek nog nooit gehoor dat wanneer mens bates tot geld maak, dit as vekope beskou word nie. Sy is ook die een wat so gespog het dat ABSA die eerste maatskappy was wat ten volle regstellende aksie toegepas het en dit deur van al die blanke mans wat in ABSA se voorganger, Volkskas, se diens was ontslae te raak. So gaan dit as politieke kaders aangestel word.

Jakes ·

Jannie jy is 100% reg. Ek het 16 jaar vir Absa gewerk en baie dinge gesien, sy het ook by Absa bates verkoop om syfers goed te laat lyk. Selfde as by haar vorige instansie.

Jimmy ·

ABSA het vinnig agteruitbeweeg onder Ramos. Hierdie ou gaan ‘n vet pakket kry en dan in styl aftree.

JohanR ·

Ek is verbaas dat al die ander banke nie na Capitec kyk en se, “wat doen hulle reg, wat ons verkeerd doen”? By Standard Bank moet jy met iemand deur ‘n dik glas paneel praat, asof hulle bang is jy gaan ‘n siekte aan hulle oordra…..

Johanna Botha ·

Almal is gesout …maar die vraag is hoe lank is die vingertjies

Irma ·

Laat ons sien. As die persoon in belang van die bank en sy kliente optree, goed vir hom. Ek is egter gladnie opgewonde nie. Die geskiedenis van net mooi elke sektor wat verander is, praat vir homself.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.