Nuwe adjunkhoofregter aangestel

Regter Ray Zondo (Foto: Skermgreep uit Judges Matter-video)

Dr. Bongani Ngqulunga, woordvoerder in die presidensie, het bevestig dat regter Ray Zondo van die konstitusionele hof met onmiddellike effek as adjunkhoofregter aangestel is.

Regter Zondo sal die vakante pos inneem nadat adjunkhoofregter Dikgang Moseneke verlede jaar afgetree het.

Regter Zondo is al sedert 1997 ʼn regter toe hy in die arbeidshof aangestel is en hy het in die Pretoriase hooggeregshof gewerk voordat hy in 2013 na die konstitusionele hof geskuif is.

Volgens die verklaring van die presidensie het regter Zondo jare lank gepraktiseer as ʼn prokureur vir menseregte en in arbeidsake toe hy gepraktiseer het as ʼn klerk onder wyle Victoria Mxenge. Hy het ook op verskeie kommissies en komitees gedien, waaronder die Goldstone-kommissie van Ondersoek oor die Voorkoming van Geweld en Intimidasie, asook die ministeriële taakspan wat in 1994 saamgeroep is om die Wetsontwerp vir Arbeidsverhoudinge op te stel.

“Pres. Jacob Zuma wens regter Zondo alles van die beste in sy nuwe en belangrike verantwoordelikheid om ons konstitusionele demokrasie te bevorder.”

Lees meer oor regter Ray Zondo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.