Nuwe Afrika-rekord vir sandkastele

Foto: @yomar/Twitter

Foto: @yomar/Twitter

ʼn Nuwe Afrika-rekord is Saterdag opgestel nadat duisende sandkastele op ʼn strand in Durban, KwaZulu-Natal gebou is.

Meer as 800 mense, waaronder talle plaaslike bekendes, het vroegoggend aan die werk gespring om die Guiness-wêreldrekord van 2 230 sandkastele in een uur bou, te probeer verbeter. Hulle kon egter nie daarin slaag om die wêreldrekord te breek nie. Die groep is wel meegedeel dat dit die eerste keer is wat so poging in Afrika aangewend word en dat dus ʼn nuwe Afrika-rekord is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.