Nuwe afsnydatum vir grondeise voorgestel

Argieffoto.

Daar word tans gewag op publikasie van die Wetsontwerp op die Herstel van Grondregte ná ʼn kennisgewing in die Staatskoerant van 7 April 2017 gepubliseer is.

“Die kennisgewing bepaal dat die voorgestelde wetsontwerp in die tweede kwartaal van 2017 in die parlement oorweeg sal word en die tydperk vir die indiening van grondeise tot 30 Junie 2021 verleng word,” het AfriSake in ʼn verklaring gesê.

Alle grondeise wat ingevolge die vorige Wet op die Herstel van Grondregte (wetno. 22 van 1994) ingedien is, moet afgehandel word voordat enige nuwe eise oorweeg kan word.

“Korrupsie, veral in die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming, en veral rakende die indiening van ongegronde grondeise, het gelei tot die voorgestelde inwerkingstelling van twee bykomende strafregtelike oortredings in die wetsontwerp,” het AfriSake gesê.

Armand Greyling, regs- en beleidsontleder, het gesê grondeienaars moet hulle vergewis van die inhoud van die wetsontwerp sodra dit beskikbaar is en daarop kommentaar lewer. “Omdat die tydraamwerk vir die indiening van eise van 2019 tot 2021 verleng sal word, gaan dit besonder lank neem om die grondhervormingsproses af te handel, aangesien sekere eise van 1998 steeds nie gefinaliseer is nie,” het Greyling gesê.

AfriSake het gesê die publiek moet kennis dra dat die ANC tans sy plan van radikale sosio-ekonomiese transformasie in werking stel en dat die grondkwessie die middelpunt hiervan is. “Die kennisgewing in die Staatskoerant bepaal dat die wetsontwerp op die ANC se webwerf beskikbaar sal wees, wat ongewoon is, maar die vermoede versterk dat dit ’n meganisme van die ANC is om sy eie grondhervormingsdoelwitte voort te dryf,” het AfriSake gesê.

Charles Castle, bestuurder by AfriSake, het gesê dit is skokkend dat die kennisgewing die publiek na die ANC se webwerf verwys om die wetsontwerp te besigtig. “Enige voorgestelde wetgewing behoort op elke amptelike webwerf van die Suid-Afrikaanse regering te wees en nie op ’n politieke party se webwerf nie,” het Castle gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Fritz ·

Hoekom? Laat die wat grond, besighede en spoggerige plase en huise het hul man staan as hulle dit nie wil verloor nie. Daar is die van ons wat ons lewens lank al onder hul hoogmoed en gierigheid deurloop. Ek gaan nou vir iets verskrikliks sê maar dit is die waarheid: daar is mense wat al so lank ‘n oorlewingstryd voer dat hulle nie omgee as die land oor die afgrond tuimel nie.

Sue ·

Fritz, stem 100% saam met jou, gee ook nie meer om wat in die land gebeur nie, oorlewings stryd al ver te lank vir ons gesin, is nie meer lus om te bekommer nie, gee ook nie meer on nie

JC ·

Ja, Frits, sjoe, jy verbaas my. Ek sou verseker daardie opinie ook kon opper omdat ek presies weet hoe ongenaakbaar mense en veral ons mede Afrikaners kan wees, MAAR EK DOEN DIT NIE TEN SPYTE DAARVAN. AL LOOP EK ONDER HULLE HOOGMOED EN GIERIGHEID DEUR GEE EK NIE OM NIE! My hemel, daar is meer op die spel hier as net grondeienaars en Afrikanerboere se regte! DIT IS JOU REGTE OOK EN WAT OP DIE OU EINDE STAAN OM VERLOOR TE WORD. DINK JY REGTIG DIT SAL STOP BY ONS GROND? Kyk na die onderliggende ideologie wat die hele grondkwessie onderle, dit kom neer op die ontkenning van Afrikaners se bestaansreg in ons land! Ons almal in die land van ons voer ‘n oorlewingstryd, MAAR dit maak my nie minder besorg oor my mede Afrikaners se lot nie, al is hulle baie meer welaf as ek, NIE MINDER AFRIKANER PATRIOT NIE, NIE MINDER LIEF VIR MY MENSE, MY LAND EN ONS UNIEKE EN SPESIALE KULTUUR EN PLEK IN DIE WERELD NIE ! Ek is ook al BAIE keer verneder en op neergesien, toe het ek die fout gemaak om my rug te probeer draai op my volksgenote en “liberaal” te draai, totdat my oe oopgegaan het en ek besef het ek moet opstaan vir my Afrikanerskap, ons hardverdiende vaderlandsregte, en nie my rug draai op my mense nie en die grootsheid van ons Afrikanerskap nie “Ik ben een Africaander!”

Afrikaanse Knaap ·

Waar het die ANC hom al ooit aan beleid en geregtigheid en regverdigheid gesteur? Hulle soek net 3 goed: mag, geld en stemme. Ons gewone mense beteken vir hulle niks.

JC ·

Ek sal NOOIT gaan le dat daar oor net oor my en my mede Afrianers getrap word nie. NOOIT!
Ons het al TE VEEL opofferings gemaak. EK SAL NIE, EK WEIER!

JC ·

Ek sal nooit gaan le dat daar net oor my en my mede Afrikaners getrap word nie. NOOIT!
Ek sal nie, ek weier! Ons Afrikaners het al TE VEEL opofferings gemaak vir ons pragtige land, te veel gewerk in die aangesig van ons sweet, en gebloei om sommer net so te se: VAT!!! Wie het al meer bloed opgeoffer en gely vir ons land as ons? Wie se vrouens en kinders het by die duisende omgekom in konsentrasiekampe? Wie se hoofde is verbruisel deur kakiebomme, AMPER ALLE KINDERS VERLOOR IN NIE EEN, TWEE, vryheidsoorloe nie, MAAR SOMMER NOG “for good measure” ‘n grensoorlog ook? en wie moes met “ek is ‘n donkie” oor die lyf loop as mens waag jou MOEDERTAAL praat. WIE!!? Wie het al meer vernedering en werklike verontregting deurgeloop vir sy vaderland? Wie het die land met vernuf en min of skaars hulpbronne opgebou vanaf ‘n ALLESVERNIETIGENDE oorlog na dit wat dit is(was), NET OM TE SIEN hoe dit ALLES vernietig word, maar STEEDS aanhou bou en die spreekwoordelike spit en graaf weer optel? WIE? Mense vergeet so maklik van die geskiedenis en die lyding wat al ondergaan is. Wil ons MEER lyding he, of opstaan vir ons identiteit en kultuur? Wat het geword van die gees van Generaal de Wet? Hy was ‘n bittereinder ja, maar watter tipe nalatenskap sou ons gehad het sonder hom en andere? Niks, net ‘n lafhartige en gemaksugtige, eerlose verlede om ons op te roem. Ek sal sterf vir diebeginsels

Fritz ·

“Beginsels”, “identiteit”, “kultuur”…. dit is vae, sinlose begrippe vir mense wat broodgebrek ly. Dawerende patriotiese toesprake beteken boggerôl in ‘n daaglikse oorlewingstryd maar dit sal jy nog leer.

Catryn ·

Selfbeskikking/Self-determination is ons enigste oplossing, waar ons ons eie soewereine grondgebied het, ons eie leiers kies, eie identiteit, ons eie kultuur, polisie, weermag, ekonomie – hoekom moet ons bly opvreet van swart bemagtiging, die minagting van ons as blanke in ‘n land waar ons hoort … ons het ook ‘n reg tot lewe en internasionale reg tot selfbeskikking. Tans het 11 etniese volke hul eie Trustgebiede, afsonderlik van mekaar, dan het ons ook so ‘n reg, inteendeel hulle het ook ‘n internasionale reg tot Selfbeskikking.

Lekker slaap ·

As jy die VN se agendas lees sal jy weet dat enige privaateiendom lankal as “unsustainable” geklassifiseer is. Wat nog van ‘n hele grondgebied vir selfbeskikking vir ‘n gehate minderheidsgroep. Die ANC tree binne daardie raamwerk op. Julle gaan alles verloor.

Chrisjan ·

Fritz, Sue, Lekkerslaap. Dit moet regtig moeilik wees wanneer jy niks meer het om te verloor nie, so ek het n mate van simpatie met julle. Die opgee mentaliteit wat julle openbaar het egter baie te doen met die situasie waarin julle is.
Ons, die wat iets het, sal egter nie opgee nie, glad nie, nooit nie!
Dit gaan nie oor die iets nie. Iets kan altyd weer vervang word. Dit gaan oor die regte ding doen. Die wat die regte ding doen sal altyd iets he.

Peet J ·

Catryn, ek stem selfbeskikking is die oplossing, ter inligting: Op 23 April1994 is Akkoord aangegaan vir selfbeskikking deur genl.Viljoen , leier van die VF+, mnr. Thabo Mbeki nasionale voorsitter van die ANC; en mnr. Roelf Meyer Minister van konstitusionele ontwikkeling en kommunikasie namens die regering van die NP en onderteken met prof. Abraham Viljoen en MnrJurgen Kögl as getuies.
Die Volkstaatraad het op 31 Maart1999, hulle bevindings en voorstelle aan die Suid-Afrikaanse regering voorgelê vir ‘n onafhanklike Volkstaat Noordwes-Kaapse corridor met Orania as beginpunt. Die aantal inwoners gedurende 1998 was 70 000 Afrikaners, steun van inwoners van Orania en goedkeuring van die Suid-Afrikaanse regering was toegestaan. Wat verhoed ons Afrikaners wat selfbeskikking voorstaan om die Volkstaat gebied op te eis ? Ek verstaan nie waarom ons politieke partye nie die aangeleentheid met die regering op neem nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.