Nuwe afsonderingsregulasies oor onluste-byeenkomste

Talle winkels is Maandag geplunder terwyl die polisie moes bontstaan om die situasie in bedwang te probeer hou. (Foto: Phill Magakoe/AFP)

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, het wysigings aangebring aan die gewysigde vlak 4-afsonderingsregulasies.

Die wysiging het slegs betrekking op byeenkomste en gemeenskapsbyeenkomste wat deur lede van die parlement, lede van provinsiale wetgewers, raadslede, leiers van politieke partye, godsdienstige leiers en tradisionele leiers gehou word om noodgevalle te hanteer wat ʼn impak het op die bestuur, behandeling en voorkoming van die Covid-19-pandemie.

“Hierdie byeenkomste word toegelaat op voorwaarde dat daar streng aan alle gesondheidsprotokol en sosiale distansiëring voldoen word,” lui die regulasies in die Staatskoerant. “Die byeenkomste word beperk tot 50 mense en indien die betrokke ruimte te klein is om seker te maak dat die persone afstand van minstens 1,5 meter kan hou, word dit beperk tot 50% van die kapasiteit van die ruimte.”

Die aandklokreël bly van krag tussen 21:00 en 04:00.

Die wysigings word aangebring om dit moontlik te maak om direk met gemeenskappe in gesprek te kan tree wat deur onrus in sommige dele van die land geteister word wat plundery en skade aan eiendom en infrastruktuur insluit.

“Die situasie van oproerigheid en plundery ontwrig noodsaaklike dienslewering, insluitend vertraging om pasiënte te behandel. Dit vertraag ook ons inentingsveldtog en bedreig mediese- en voedselsekuriteit,” het die minister in ʼn verklaring gesê. “Ons moet saam werk om gemeenskappe te bou wat vry is van konflik en sosio-ekonomiese ontwikkeling bevorder in ons gemeenskappe. As Suid-Afrikaners het ons almal ʼn verantwoordelikheid om saam te werk en ons land te bou om sy volle potensiaal te bereik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Saartjievandiebosveld ·

Vat jou mense vas…hulle steur hulle aan geen covid reëls nie.

Johanncb ·

Hoe op aarde verwag die Minister om hierdie, of enige ander, reëls toe te pas? Steur die plunderaars hulle aan reëls?

Maggies ·

Aag nee wat. Niemand luister na enige wysigings nie. Net die mense wat gehoorsaam by hul huise sit.

Keith ·

This amendment as laid out in this article is as clear as mud.

Jerry ·

Ag asseblief hier verskyn kopdoek ook uit die houtwerk… Praat met JOU mense duideluk steur hulle hul nie aan jou nie.

Johann ·

Waar het ons die begeleiding van voertuie nou weer gesien…oh ja, Rhodesië, Suid-Wes en Mosambiek… kom nou naby die huis!

Tanniepetoors ·

Hierdie vrou is steeds kop in een mus met haar eks en net so agterbaks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.