‘Nuwe ANC-erfenismonumente gee eensydige weergawe van geskiedenis’

'n Standbeeld van Solomon Tshekiso Plaatje by die onthulling van die monumente. Foto: Twitter/SA Gov News

‘n Standbeeld van Solomon Tshekiso Plaatje by die onthulling van die monumente. Foto: Twitter/SA Gov News

Die vakbond Solidariteit het Donderdag gesê die nuwe erfenispark met standbeelde van historiese “vryheidsvegters” in die Fonteinedal-oord in Groenkloof, Pretoria, is net nóg ʼn manier waarop die regering die geskiedenis verdraai en rassespanning aanhits.

Maroela Media het vroeër berig dat die oprigting van ongeveer 400 standbeelde van historiese ANC-figure wat vir die oord beplan word tot soveel as R700 miljoen se belastinggeld kan kos.

Dali Tambo, seun van die eertydse ANC-president Oliver Tambo, het vandeesweek tydens die onthulling van die eerste 55 standbeelde in die park aan die media gesê dat daar nie ʼn prys geheg kan word aan die erfenis van ʼn nasie wat vir 350 jaar gely nie. Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, het tydens die geleentheid gesê dat die park standbeelde van individue wat vir “vryheid” gesterf het, bevat.

Volgens Juran van den Heever, woordvoerder van Solidariteit, skep uitsprake soos dié die indruk dat swart mense sedert die aankoms van Jan van Riebeeck in 1652 onder die bewind van wit mense gely het. “Dit is ʼn growwe, eensydige voorstelling van die geskiedenis. Boonop bevat die park ook heelwat standbeelde van individue wat nie tydens opstande teen kolonialisme en apartheid gesterf het nie. Dit sluit onder andere in oudpres. Nelson Mandela en anti-apartheidaktiviste Walter Sisulu en Oliver Tambo, van wie daar standbeelde in die park is. Hulle is dood aan natuurlike oorsake. Die park is dus ʼn onrealistiese romantisering van vegters teen apartheid,” het Van den Heever gesê.

Standbeelde van Walter en Albertina Sisulu by die onthulling van die erfenismonumente. Foto: Twitter/SA Gov News

Standbeelde van Walter en Albertina Sisulu by die onthulling van die erfenismonumente. Foto: Twitter/SA Gov News

Volgens Van den Heever het Mthethwa ook daarop gewys dat die beeldhouers wat die standbeelde gemaak het die land se storie herskryf het. “Dit is goed dat alle gemeenskappe die geleentheid gegun word om hul ‘storie’ te skryf, maar nie ten koste van ander gemeenskappe en hul ‘stories’ nie,” het hy gesê. “Aan die een kant wil die ANC-jeugliga standbeelde van Afrikanerleiers verwyder omdat dit ʼn eensydige weergawe van die geskiedenis weergee, maar aan die ander kant word miljoene rande se belastinggeld gespandeer om standbeelde van historiese ANC-figure, wat teen apartheid geveg het, op te rig.”

“Dit is duidelik dat die ANC dubbele standaarde handhaaf en eintlik sy eie weergawe van die geskiedenis as die enigste weergawe vir duisende toeriste van oor die wêreld wil voorhou. Die land se storie kan nie ten koste van wit mense, wie se belastinggeld bygedra het om die standbeelde op te rig, herskryf word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Winston ·

Is dit nou “Back to the future” diè? Skuif net alweer ou koeie rond pleks van begrawe hulle. Dis goedkoper. Hierdie klomp geld kon baie meer sinvol aangewend word vir die talle “agtergeblewenes”.

JAN BRITZ ·

Ag en watter ellende en armoede het die nuutgevonde vryheid nie die meerderheid in ons land gebring nie! Werkloosheid en wetteloosheid, moord, verkragting en al wat sleg is, het die norm geword. Gee net kans oor n jaar is al daai beelde opgekap vir skrootmetaal en vir kleingeld verkoop. Dis mos die pad van vryheid. Dit maak my siek!

Gert Petzer ·

Groen verf is nou teen afslag verkrygbaar by enige hardeware winkel. Dit is veral goed vir buitemuurs aanwending soos op duur brons beelde en anderse soort vervaardige valse voorwensels.

Bruno Stef ·

Die ou met die trapfiets lyk vir my verdag ek kan sweer die trapfiets wat in die laat 1950 van my gehak is het net so gelyk en my pa het my boonop n goeie drag slae gegee vir my agterlosigheid .

Bruno Stef ·

Wat ek vergeet het om te se was ek vir die res van my skoolgaan jare tot in my derde jaar van verdere opleiding n voetganger gewees het en daarna n motorfiets met my karige inkomste kon koop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.