Nuwe ANC-president: Só sê die kenners

Cyril Ramaphosa

Adjunkpres. Cyril Ramaphosa is nou die nuwe leier van die ANC. Foto: GCIS.

Die stemtellery is nou amptelik afgehandel, geverifieer en die afgevaardigdes het besluit adjunkpres. Cyril Ramaphosa sal die leisels by pres. Jacob Zuma oorneem as leier van die ANC.

Dié uitslag is Maandag bekendgemaak nadat afgevaardigdes tot in die vroeë oggendure by die Nasrec-sentrum in die suide van Johannesburg vir die nuwe top-ses van die party gestem het.

Volgens Theo Venter, ʼn politieke ontleder verbonde aan die Noordwes-Universiteit se sakeskool, het Ramaphosa se oorwinning in die stryd om die ANC se leierskap as ʼn “asempouse” vir Suid-Afrika beskryf.

“Ek dink die politieke klimaat sal meer positief wees en die rand sal ʼn goeie indikator wees van hoeveel meer positief. Die kredietgraderings behoort ons ook nou te los waar ons is met die eerste hersiening wat Maart 2018 sal plaasvind.

“Verder behoort daar nou weer hernude belangstelling van beleggers te wees want talle het teruggehou met beleggings omdat Suid-Afrika homself in ʼn soortgelyke politieke situasie as net voor die 1994-verkiesing bevind het,” het hy gesê.

Hy reken egter Ramaphosa se tyd as leier van die ANC sal nie sonder sy uitdagings wees nie. Hy sal nou mooi moet besluit wat om te maak met die ANC in die Vrystaat en KwaZulu-Natal wat nie te opgewonde sal wees oor sy aanstelling nie, asook die implikasies van die hofuitsprake oor die provinsiale verkiesingkonferensies vir die party in dié provinsies.

Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Group, het gesê hy verwag die markte sal positief reageer op Ramaphosa se oorwinning en dit selfs verwelkom.

“Nou begin daar egter ʼn volgende fase en dit is om van pres. Jacob Zuma ontslae te raak, anders sal Zuma en Ramaphosa mekaar se leierskap ondermyn. Die twee magsentra het nie in die verlede gewerk nie en dit sal beslis nie nou werk nie. Zuma het steeds baie mag as staatshoof, maar Ramaphosa beheer die mat waarop hy staan.

“Daar sal dus steeds onstabiliteit wees en moenie dink ons is nou heeltemal uit die moeilikheid nie, maar minstens sal die markte in die korttermyn positief reageer.”

Roodt maan egter ook dat die skade wat die Zuma-administrasie aan die Suid-Afrikaanse ekonomie aangerig het, nog lank met die land sal wees. “Selfs al is die beste leier in die ANC aangestel, sal hy nie met die beste wil ter wêreld die soort skade oornag kan herstel nie.

“Ek dink nie die ANC is eintlik self in staat om die skade aan die ekonomie te herstel nie. Die regerende party is tot in sy DNS op elke denkbare vlak verrot en om die ekonomie te herstel, gaan vereis dat ons van die huidige elite ontslae moet raak en ʼn hele nuwe administrasie daar plaas. Staatskuld is tans op rekord hoë vlakke en ten spyte van hierdie oorwinning sal daardie skuld môre steeds met ons wees,” het hy bygevoeg.

Wat sal nou met Zuma gebeur?

Venter het gesê Ramaphosa se oorwinning beteken SA het nou twee sentrums van mag – ʼn nuwe politieke leier in Luthuli-huis in Johannesburg en ʼn staatshoof in die Uniegebou in Pretoria.

Zuma bly in terme van die grondwet steeds die amptelike staatshoof van die land tot Mei 2019, al is hy nie meer die party se leier nie.

Hy reken dit kan die bestuur van die land kompleks maak, veral omdat Zuma en Ramaphosa nie eintlik saamstem in terme van beleid nie. Die kans is goed dat Zuma nou vroeër sy pos sal ontruim en moontlik herroep kan word.

Venter het gesê die liggaam binne die ANC wat eintlik kan besluit of die president moet uittree is nie die nuwe ANC-president nie maar die nuwe nasionale uitvoerende komitee (NUK). As die NUK, wat uit 80 lede bestaan, steeds byna gelykop verdeeld is tussen Dlamini-Zuma-ondersteuners en dié van Ramaphosa, sal hulle niks aan Zuma doen nie en hy sal sy termyn as staatshoof voltooi.

“Suid-Afrikaners sal dié scenario sien indien Ramaphosa met ʼn minderheid die presidentskap van die ANC gewen het.

“As die NUK sterk vir Ramaphosa georiënteerd is, sal daar ʼn groter kans wees dat Zuma sy amp as staatshoof vinniger ontruim. Alles hang dus af van hoe die NUK saamgestel word.”

Volgens Venter sou die NUK-verskiesing volgens die oorspronklike program vir die ANC-konferensie ook reeds Maandagmiddag afgehandel wees, maar die konferensie is reeds ver agter volgens die program.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

PJ ·

CR seker nie sleg sy span laat veel te wense oor Adj pres Gupta man melk plaas in Vrystaat

pb ·

well done Cyrill. Nou wag harde werk. Selfs die rand steun jou…. ons het lankal n besigheidsman nodig gehad om die leisels te vat.

Adam ·

pb, ek gee toe dat die beste man gewen het, maar nou moet ons wag en kyk of “bang” Cyril murg in sy pype het. Vergeet die reaksie van die markte; die toets is of hy Zuma met die NUK se hulp uit sy pos kan kry. Mabusa en Ace is natuurlik twee kalante wat CR se taak kan bemoeilik. Ongelukkig sal CR sy rug moet dophou. Ek glo hy weet wat met Julius Caeser gebeur het.

Linda ·

2261 votes for NDZ.
Ramaphosa received 2440.

Ramaphosa wins. baie baie bly. Zuma se ex vrou is nes zuma !!!!

Disselboom ·

Cyril is van dieselfde span as Zuma. Dalk ander faksie, en daar is meer druk op hom om vir die pawiljoen van wat minstens lyk na bietjie sake-verstandigheid te speel, maar dat hy ANC-president word, vat nog nie die Freedom Charter skielik weg nie.

Cherokee ·

Jy’s reg Disselboom, heeltemal reg. Ramaphosa is vanaf dieselfde plaas as Zuma. Miskien ander beeste opgepas maar vanaf dieselfde plaas. Mnangagwa was Mugabe se 2de in bevel en het nooit iets gedoen aan Zimbabwe se verval nie. Geen rede om te dink dinge sal nou anders wees vir Zim nie. Selfde in Suid Afrika. Ramaphosa was adjunk en tevrede met wat aangaan in SA. Geen rede om te dink ‘n U-draai is gemaak nie.

Halo ·

Indikator…. Rerig. (Direkte vertaling) Aanwysing sou beter gepas het in die sin.

Rêrig?? ·

Mens noem dit ñ anglisisme… Maroela Media se nuus is gratis en gee altyd die nodige feite. As die taalgebruik jou pla, gaan lees ñ ander aanlyn koerant.

Oom ekonoom ·

Neewat ons gebruik die woord indikator ook in Afrikaans in die praktyk.

Rooi jan ·

Stem saam met Halo, aanwysing of aanduiding sou beter wees. En oom ekonoom weet nie waar jy indikator gebruik in die praktyk nie maar dit is beslis nie afrikaans nie.

Disselboom ·

“Indicator” is so Afrikaans soos my oupa se melkery se “separator” :-)

Chris Ws ·

Mooi!Nou moet daar op Zim styl met Zuma klaargespeel word EN hy moet vervolg word.

PJ ·

Verskoning Mabusa adj . self paar ondersoeke teen hom ander lid Ace die melk plaas Guptas

H.A ·

Die slang met die baie koppe is nie dood nie… net besig om te vervel mense !

Veritas ·

H.A. Ek verstaan dat mense Ramaphosa bo Dlamini-Zuma verkies weens sy kennis van die ekonomie maar dit maak hom net soveel gevaarliker. Wanneer ‘n jakkals verhaar, bly dit steeds ‘n jakkals. Niks gaan ten goede vir die Afrikaner verander nie.

Dafer ·

Veritas jy is reg, uit die ANC gaan NIKS ten goede van die Afrikaner verander nie! Die verandering wat ons wil he moet plaasvind moet ons self laat plaasvind deurdat ons, die Afrikaner, ons self moet aanwend om die verandering bewerkstellig te kry.

Callie ·

Skrikwekkend hoe groot die naiwiteit van die ou boerevolkie is. Regtig. Wat dink julle beteken radikale ekonomiese transformasie. Hoe vlak kan mens wees om te glo iets gaan verander. Selfs iemand wat glo Cyril is n besigheidsman. Erger, hy was n oppurtunis tydens swart bemagtiging en het miljoene gekry. Self het hy voor dit geen naam as besigheidsman gemaak nie. Hemel, wat laat julle glo iets gaan verander

Rêrig?? ·

Mens noem dit ñ anglisisme… Maroela Media se nuus is gratis en gee al die feite. As jy ñ probleem met die taalgebruik het, lees iets anders.

Cherokee ·

Jy klink so asof jy nie kritiek teenoor die anc verdra nie.

Johan ·

Nee… Dis rekening hou met waarheid en realiteit… Jy kan ‘n kommunis net vertrou om ‘n kommunis te wees. CR is meer lojaal aan die sy party as sy eie gewete… Dit is die voor waarde vir ‘n goeie kommunis…

snoefie ·

solank ons nie vergeet wat die paddaman se doelstelling met blankes is nie.

JaNee ·

En daar wen die Slagter van Marikana toe. Beter as nog ‘n Zuma darem. Stem ook saam – vir Afrikaners sal niks verander nie – die ANC sal voortgaan om alles wat Afrikaans is stadig dood te maak. Ons kort Afrikaanse leiers wat kan opstaan en iets doen. Ons het nie leiers nie. Hartseer. Maar aan die ander kant – Afrikaners staan nie op vir hulself nie – praat Engels om ‘cool’ te wees. Kerm? daar is rede vir dieselle kommer. oor en oor. Klaar gelag.

Valerie ·

Die adjunk resident David Mabuza pla my soos ‘n leë doodskis wat in die kombuis staan.

WB ·

CR gaan deur ten minste drie van sy top ses ondergrawe word. Die Guptas en korrupsie is goed verteenwoordig. My beskeie mening: Ons gaan met JZ sit tot met die 2019 verkiesing. Die ANC president het geen uitvoerende magte nie, slegs die Staatspresident. Zuma sal sy vernietigingstog nou versnel soos sy tyd uitloop. Mag die Hemelse Vader ons bewaar!

jaco ·

Waarom kies die ANC nie so 6 maande voor ‘n algemene verkiesing hulle leier nie? Dit behoort baie eenvoudig te wees om die party se grondwet en ander prosesse sodanig te verander.

Ou Perspektief Erdvark van Nasrecdroogte ·

Ek is verbaas dat na my kennis nog geen politieke ontleder of kommentators op hierdie artikel al bereken het welke lae persentasie naelskraap oorwinning Ramaphosa bereik het nie! Van die 4701 stemme kon Ramaphosa net 0,03% meer as sy opponent Dlamini-Zuma werf! Niks om oor opgewonde te raak nie. En so gaan die ANC innerlike stryd om mag voort ten koste van Suid-Afrika en sy soogdiere.

Jan B ·

Ek het hoop. Daar is sover ek weet, die eerste keer op so ‘n konferensie tot God, ons Here, gebid! Dank die Here dat Hy aangroep word. Mense, ons moet aanhou bid en nie moed verloor nie. “It’s time” God gaan ons seen. Hou moed. Volhard in die gebed. Aan Hom behoort die wonderwerke en die oorwinning. Glo dit en dank Hom.

Awie Opperman ·

En genoeg… Ek is nou behoorlik keelvol vir die ANC verkiesing. Al die ontleders en slimkoppe sê Cyril is die oplossing, maar Zuma was nooit die probleem nie, die ANC is die probleem, Zuma was net ‘n simptoom. Om te kies tussen Cyril en Zuma is soos om te kies hoe jy wil doodgaan, kanker of hartaanval, die uiteinde bly dieselfde al verskil die tydsduur.

Tienie ·

Ja nee vir die Zuma familie se gekonkel — nou is dit ons beurt om te he he he he he

Anna ·

Ek hoop regtig dat Ramaphosa n beter leier sal wees. En dat dit nie n speletjie is nie…. partykeer wonder ek of dit maar nie net n gekonkel is nie. Ek dink daar is meer aan die gang as wat ons almal werklik van weet. Daar is baie dingge wat nie vir ons gese word nie.

anti anc ·

CR was by Kodesa – moenie dit vergeet nie . Niemand in die anc is te vertrou nie. Nie eers de klerk en sy meelopers was te vertrou nie. Kyk waar sit ons blankes vandag weens Kodesa, Ramaposa en de klerk en sy meelopers.

John ·

Meer chaos wag in 2018+ en dit gaan erg wees. Die Zuma’s gaan die boot bly skommel. Ons kan ‘n noodtoestand vroeg in die nuwe jaar te wagte wees rondom studente- en grondeise en so gaan Zuma via chaos bly regeer. Hy sal sodoende keer dat die weermag Cyril ondersteun dmv die noodtoestand onder sy beheer. Zuma was gisteraand yskoud en wit van woede toe Cyril se oorwinning aangekondig is en hy het lank oor die foon met iemand gepraat terwyl hy sy mond bedek. Hierdie duistere vriende sal getakel moet word…

Sydney Gregan ·

Die Anglo-Amerikaanse geldmagte is verheug oor die verkiesing van Cyril Ramaphosa. Hy is immers ‘n pion van hulle en deur hulle oornag supperryk gemaak. Hy is dus diep in die skuld by hulle. “It’s payback time”, soos hulle op Engels sal sê! Sy verkiesing hou niks goeds in vir die Afrikaner se vryheidstryd nie. Wat nou sal gebeur is dat die BRICKS-greep op Suid-Afrika verbreek sal word. Jacob Zuma se groot misstap was nie soseer staatskaping nie, maar staatskaping deur die verkeerde magte. Deur sy rug op die Anglo-Amerikaanse geldmagte te keer en vir hulp by China, Indië en Rusland aan te klop, was verseker die grootste rede waarom Zuma deur die geldmagte se media (met Netwerk24 aan die spits) meedoënloos geteiken is. Ramaphosa sal nou alles in werking stel om die VSA en Brittanje se greep op die Suid-Afrikaanse ekonomie te “herstel”. Dat dit op dieselfde neerkom (naamlik staatskaping) skeel hierdie magte min, solank húlle net die beheer kan kry.
Die geldmagte sal hoop dat Ramaphosa ook dadelik president van die land sal word. word. Of die Zoeloes egter die toedrag van sake gaan aanvaar waar ‘n lid van die Vendas, nou die lakens gaan uitdeel, terwyl hulle droëbek moet toekyk, betwyfel ek. Die persepsie sal natuurlik geskep word dat Ramaphosa die redder van die nasie is; dit terwyl hy onder die banier van “radikale sosio-ekonomiese transformasie” leier geword het! Die onteieining van die Afrikaner, en sy ekonomiese ontmagtiging en identiteitsvernietiging sal voortgaan!

Baas ·

Hier is Cyril se verkorte CV:
Ons kan hom bedank vir werkloosheid en arbeidsonrus in SA. As dit nie vir unies was nie het nie een van die twee siektes bestaan nie en hy het dit min of meer heel eerste begin. Gaan lees maar op. Toe hy nie jare later ANC president raak nie raak hy ryk uit BEE (wat uit en uit ‘n handjievol van hom en sy soort tot voordeel gestrek het) en keer terug na politiek om Zuma te help om 2012 weer verkies te word. Vir die volgende 5 jaar is hy medepligtig aan al die skade wat die ANC onder Zuma aan SA en haar mense aangerig het. En nou verwag mense dat hy ons gaan red?
Moet ook nie glo dat hy teen die res van die top 6 en die NUK se wil besluite gaan neem soos Zuma klaarblyklik het nie. Hy is nie die strateeg wat Zuma is wat homself eers ingegrawe het en al sy moontlike teenstanders in alle sektore van die regering en wetstoepassing uit die weg geruim het voordat (en terwyl) hy gemaak en gebreek het soos hy wil nie (en hy is nog nie klaar nie, hy bly die president van SA en die NUK sal hom nie verwyder nie want hulle ry te lekker saam op die soustrein). NDZ sou dalk beter gewees het want dan kon Cyril moontlik weggebreek het om sy eie party te vorm en die ANC verder verswak het.

kat ·

Ek kan maar net hoop dat hulle hulle rekord van vernietiging konstand kan hou om sodoende die anc heeltemal te vernietig. Dit sal hulle verseker regkry en dit sal ‘n blye dag wees. Zuma het mos gese nie eers God kan hulle vernietig nie. Laat ons sien wat gebeur.
In 1812 het die mense ook gese nie eers God sal die Titanic kan sink nie…………
Ek glo in God.

nic ·

Al wat ek kan se om ons land weer reg te ruk is “”mense keer terug na GOD “” en sien die verskil

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.