Nuwe ANC-woordvoerder aangestel

anc-vlagZizi Goodenough Kodwa is Maandag aangekondig as die nuwe woordvoerder vir die ANC.

“Die ANC het Kodwa aangestel nadat Jackson Mthembu weer in die Nasionale Vergadering gaan dien,” het Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, in ʼn verklaring gesê. “Kodwa het reeds as lid van die parlement bedank sodat hy van vandag af sy rol as woordvoerder kan vervul.”

Kodwa was eers by die ANC-jeugliga betrokke voordat hy as ʼn kommunikasie-raadgewer vir pres. Jacob Zuma gewerk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.