Zizi Goodenough Kodwa is Maandag aangekondig as die nuwe woordvoerder vir die ANC.
“Die ANC het Kodwa aangestel nadat Jackson Mthembu weer in die Nasionale Vergadering gaan dien,” het Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, in ʼn verklaring gesê. “Kodwa het reeds as lid van die parlement bedank sodat hy van vandag af sy rol as woordvoerder kan vervul.”
Kodwa was eers by die ANC-jeugliga betrokke voordat hy as ʼn kommunikasie-raadgewer vir pres. Jacob Zuma gewerk het.
Sal hy Goedgenoeg wees om die president se flaters te ontken?