Nuwe arbeidsonrus dreig weer by Poskantoor

Argieffoto

Argieffoto

Daar is steeds groot probleme by die SA Poskantoor en die moontlikheid van hernieude arbeidsonrus is glo nie uitgesluit nie.

Luidens ʼn dokument van een van die SA Poskantoor se grootste vakbonde, die Communication Workers Union (CWU), is daar veral groot ongelukkigheid oor die Poskantoor se interim-hoof, Simo Lushaba. Lushaba is einde verlede jaar tydelik aangestel nadat die minister van kommunikasie en poswese, Siyabonga Cwele, die Poskantoor se raad ontbind het.

ʼn Reeks aantygings word teen Lushaba gemaak en hy word daarvan beskuldig dat hy nie sterk genoeg teen wanadministrasie en bedrog optree nie. CWU beskuldig hom ook daarvan dat hy aan sommige vakbonde voorkeurbehandeling gee en sodoende wrywing tussen vakbonde en personeel veroorsaak.

“Die skrywe meld dat daar teen CWU gediskrimineer word omdat hulle nie goeie verhoudinge met Cosatu en die regering het nie en dat selfs die polisie gebruik word om in te gryp in ‘geringe arbeidsgeskille’,” het Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus, in ʼn verklaring gesê. “Die dreigement word gemaak dat die situasie ʼn ‘tydbom’ is en dat CWU sy lede reeds gemobiliseer het om ‘strate toe te gaan’ indien die minister nie ingryp en Lushaba uit sy pos verwyder nie.”

Alberts het gesê die dreigemente moet ernstig opgeneem word en die minister moet dringend ingryp om die situasie te ontlont om te verhinder dat die Poskantoor die pad van Eskom loop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Griet ·

“…..te verhinder dat die Poskantoor die pad van Eskom loop.”??????????

In vergelyking met die Poskantoor gaan dit goed, BAIE goed by Eskom. Eskom het (tans)nog ‘n produk (elektrisiteit) wat in aanvraag is, die poskantoor se produk (dienste) is tans van so ‘n swak gehalte dat dit net nie meer kompeterend is met die soorgelyke dienste wat reeds deur privaat instellings (bv Postnet, en vele Koerierdienste) aangebied word nie.

Stem saam met Boesman: PRIVATISEER.

Tommie ·

Hopelose diens! Pos aflewering sedert laaste staking nog nie eers op datum nie. Het gister ‘n posstuk ontvang met waarde datum van Oktober 2014. Proudly brought to you by the ANC.

Ria ·

Ek wag nog steeds vir DRIE pakkies wat as gevolg van die vorige staking nog nie afgelewer is nie. Nou wil hulle weer staak. Ek is so moedeloos.

Kaspaas Breekwater ·

Die poskantoor is behoorlik pateties. My buurman het gister kersfeeskaartjies uit Engeland gekry. Ek self het verlede week pakkies uit China gekry wat al Augustus gepos was.

Melanie Giezing ·

My bestelling is in China gepos die 17 November 2014 Ek het groot kontrak verloor as gevolg van die feit dat ek nie my bestelling kon aflewer nie. Die poskantoor skuld my ‘big time’ As ek nog eenkeer hoor ‘So sorry, don’t worry you must be patien’t dan beskuit ek die poskantoor se vloer. My pakkie is in transit van Joh na Durban wens net die transit wil vinniger ry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.