Nuwe baadjie vir voormalige Gupta-mediaplatforms

jimmy-manyi-ann7

Mzwandile Manyi, eienaar van Infinity Media Networks, by die ANN7-studio in Johannesburg saam met nuus-anker, Sindi Mabe. Foto: Getrude Makhafola/ANA

Mzwalene Manyi se Afrotone Media Holdings het Maandag ná ʼn aankondiging dat ʼn verkoper-gefinansierde ooreenkoms nagekom is, die nuwe handelsname vir dié maatskappy se nuuskanaal en dagkoerant aangekondig.

Dié handelsnaamverandering sal ook veranderinge aan die redaksionele beleid insluit wat in strook met die perskode.

Die ANN7-nuuskanaal sal voortaan as Afro Worldview bekendstaan en sal einde April begin uitsaai. The New Age-koerant is hernoem na Afro Voice.

Die maatskappy het gesê dat dit ʼn strategiese besluit is om weg te breek van die berugte, voortvlugtige Gupta-familie wat dié mediaplatforms aan Manyi verkoop het deur verkoper-finansiering. Dit dui daarop dat die Guptas vir Manyi geld geleen het om hul mediaplatforms te koop.

Manyi het Saterdag aangekondig dat daar weer oor die R450 miljoen aankoopprys onderhandel is en dit toe verlaag is wat gelei het tot ʼn volle vereffening.

Dié nuuskanaal se kontrak op MultiChoice se DStv-platform kom 30 Augustus tot ʼn einde ná MultiChoice se besluit om nie ANN7 se kontrak te hernu nie.

Dié mediaplatforms het onlangs gebuk gegaan onder interne personeelprobleme wat wissel van laat betaling van salarisse tot ongedokumenteerde personeellede wat glo deur die Guptas van Indië gebring is.

Die maatskappy het ook gesê Afro Worldview het ʼn nuwe bodproses vir ʼn 24 uur-nuuskanaal op DStv van stapel gestuur sodat hulle kan voortgaan om uit te saai.

“Afro Worldview se visie is om die betroubare stem van Afrika te wees. Dit sal daarna strewe om die verteenwoordigendste stem van die land en die vasteland te wees wat sal verseker dat die armes en gemarginaliseerdes se lot na vore gebring word,” het Afrotone in ʼn verklaring gesê.

“Die bieproses om die nuwe nuuskanaal wat in swart besit is toe te ken is onderweg en die finale besluit sal einde Julie deur MultiChoice aangekondig word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nico ·

Hiers n slang in die grass leen die geld vir iemand en kry dit weer terug ondersoek die transasie

Casper Labuschagne ·

Afro Voice nogal, en hoe lank voor iemand dit met Afriforum verwar? Ek wonder of Mzwalene “Don’t you call me Jimmy no more” Manyi sy huiswerk gedoen het met die keuse van Afro Voice. ‘n Eenvoudige soektog op Google en Google Trends wys heeltemal te veel verbintenisse met die woord Afro waarvan bitter min met ‘n media organisasie te doen het. En vir Amerikaners beteken Afro eenvoudig ‘n haarstyl uit die sewentigs wat lyk of jy ‘n valhelm dra terwyl dit eintlik net jou haarkapsel is.

Joshua ·

Verwag hewige anti-wit en verdraaide propaganda en feite van Manyi.

Oom Kalahari ·

Hhhhmmm…….ja wat ookal!!! Ons weet dit is anti minderheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.