Nuwe beperkings weens Covid-19 geld dalk binnekort

(Argieffoto)

Suid-Afrikaners in sommige dele van die land moet hulle dalk staal vir hernieude beperkings weens die Covid-19-pandemie.

Die nasionale koronavirusbevelsraad (NCCC) het Woensdagoggend vergader om die moontlikheid van nuwe beperkings te bespreek ná ʼn skielike styging in Covid-19-infeksies op talle brandpunte landwyd.

Pres. Cyril Ramaphosa se kantoor het die vergadering bevestig, maar wou nie uitbrei oor die besprekings of die besluite wat daar geneem is nie.

Tyrone Seale, woordvoerder van die presidensie, het gesê indien daar enige besluit oor wysigings aan die land se Covid-19-maatreëls is, sal Ramaphosa dit bekend maak. Suid-Afrikaners sal ook betyds ingelig word oor wanneer só ʼn aankondiging gedoen gaan word.

Na verneem word, is die bevelsraad ten gunste van ʼn beperking op alkoholverkope en beperkte handelsure vir kroeë en restaurante in gebiede waar infeksies die hoogte ingeskiet het.

ʼn Aangepaste aandklokreël is moontlik ook weer op hande en luidens berigte het die raad aanbeveel dat openbare byeenkomste weer tot heelwat minder mense beperk word.

Die NCCC se aanbevelings sal nou aan die kabinet voorgelê word.

Daar was verlede maand heelwat bespiegeling dat Suid-Afrika weer na een of ander vorm van inperking kan terugkeer, maar alle ekonomiese aanduidings is dat die land dit bloot nie sal kan bekostig nie.

Ramaphosa het toe, pleks van strenger beperkings, ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om waaksaam te bly. Hy het aangekondig dat die handelsure van drankverkope inteendeel weer na normaal mag terugkeer.

Daar was sedertdien herhaalde oproepe uit verskeie oorde dat die huidige vlak 1-beperkings verskerp word om ʼn toename in infeksies in plekke soos die Oos-Kaap te stuit in ʼn poging om te keer dat ʼn tweede vlaag besmettings na die res van die land uitkring.

Die Nelson Mandelabaai-metro het teen die einde van verlede week gesorg vir nagenoeg die helfte van alle nuwe infeksies landwyd. Maandag het die provinsie 36 nuwe koronavirussterftes binne 24 uur aangemeld.

In die Wes-Kaap was die sterftes op daardie dag 27.

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het gesê hy kan nie kommentaar lewer oor hoe die moontlike inwerkingstelling van strenger beperkings die provinsie gaan raak totdat die president enige veranderings bevestig nie.

Winde het vroeër gesê die provinsie is gekant teen ʼn hernieude afsonderingstydperk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Aai ·

Ek sien probleme die mense gaan nie van die hou in die Wes Kaap.

Persheks Adri ·

Ou Cyril gaan julle drinkers WEER met sy toespraak sê dis met onmiddellike effek! Weet natuurlik julle gaan genoeg koop voor die tyd, want dis nou WEER ‘n mag speletjie vir hom en sy kaders pffft

Cherokee ·

Ek dink wanneer die drankwinkels opgehoopte voorraad het, reêl hulle dat voorspooksels van lockdown gemaak word. Dàn verkoop hulle vorraad tjop-tjop uit.

Persheks Adri ·

Met die klomp weet ons nooit nie Cherokee! Gelukkig drink ek nie, maar dink tog hulle is magsbehep verby

JohanEtz ·

Daar sterf daagliks meer mense in moorde – tog is wetstoepassing/vervolging beroerd!!

Sarel ·

Die sg. Bevelsraad en Antie Kopdoek miet hulle beywer vir die brkamping van misdaad en Kindermoord.

SwartBees ·

En nou moet die onskuldiges wat die reels gehoorsaam die spit afbyt….

Connie ·

Ag Cyril jy en jou kabinet moet asb tog net skrik en wakker skrik. Hoeveel mense sterf in pad ongelukke as gevolg van taxis, hoeveel tref van aids, hoeveel sterf van TB, hoeveel sterf van moorde, plaasmoorde, trokke wat gebrand word en so kan die lys aangaan. Maar julle se mos alles sterftes is covid, kom by asb, daar is nie so baie soos julle se nie. Ons vertrou julle glad nie, en vertrou julle berekenige nog minder.

Dup ·

Die regering gaan strenger beperkings instel maar sommiges gaan dit steeds ignoreer.So wat word dan daarmee bereik?

Snowball ·

As ek al die dikketjies in die parlement en polisie sien dink ek hulle moet eerder kitskos beperk, dinge raak nou gewigtig.

Persheks Adri ·

Hoe lekker lag ek nou vir jou uitstekende kommentaar!

Anel ·

Pleks los hulle die mense. Of hulle nou doodgaan of later. Ons gaan almal daardie paadjie loop. Hoeveel mense is die afgelope tyd dood in ongelukke, verdrinkings, moorde, VIGS, TB, beroertes en ander oorsake, maar julle sien net virus 19. Weet julle hoeveel mense gaan dood van honger? Ek kan jou briefie gee dis meer as 20000. Hoeveel aborsies word gedoen? Maar nee. Die belangrikste is virus 19. Julle as regering maak my siek. Vertel vir my hoe moet mens se liggaam kans kry om weerstand op te bou as mense van mekaar weggehou word, alles ontsmet word, ens. Môre oormôre begin alles na normaal terugkeer en dan word mense siek aan maagwerkings en hulle weet nie hoekom nie. So los ons uit. Laat die wat paranoïes is aangaan soos hulle doen maar los ons ander ook uit sodat ons ook kan aangaan met ons lewens. Dis somer, so hoe gouer hou beter dat teen die winter is alkes weer normaal. Om mense weer in te perk is net moeilikheid soek. Maar my beskeie mening.

Emile ·

Die mense wat nie saam stem met jou kommentaar nie is die enes wat nie realiteit wil aanvaar nie en in ‘n droom wereld lewe.

My siening ·

Ou dlamini zuma kan nou weer lekker mal gaan want sy like van spite!

Wielspore ·

Misdaad, geweld, moord, drankmisbruik en verontagsaming van lands wette ‘n aanwysing van uiters swak sosiale standaarde. Die probleem is dat daar onder die meerderheid Suid Afrikaners geen morele waardes gekweek word. Dit gaan alles oor mense regte en niks oor verantwoordelikhede.

Moedeloos ·

Dis al Desember baie mense maak gereed vir hul vakansies aan die kus. Hoe gaan dit werk as inperkings nou ingestel word. Die mense gaan LAND toe (dis nou Transkei en Oos-Kaap toe). Wie gaan daardie infeksie beheer as hulle terugkom. Ek steun ten volle die beheer maar dit gaan eknomies nie haalbaar wees nie. Ons wat gehoorsame burgers is, gaan weer aan die kortste ent trek en die res gaan net hul gang asof daar geen probleme is nie. Ek en my gesin gaan defnitief nie nog n inperking oorleef nie.

Boerkind ·

Nogal heel vreemd dat daar vanjaar geen griep was nie… ek het nie een van my vriende, kollegas, familie, mense in die dorp – niemand kon ek kry wat griep het of gehad het nie… of was/is C19 net toe griep gewees??

Kobus ·

Jan, ek het al vantevore gevra dat jy jou bron bekend maak vir die syfers. Die statistiek wys dat tussen 6000 tot 11000 mense jaarliks sterf aan griep is SA. Daar is soveel false nuus oor die onderwerp dat mense nie nog fopnuus nodig het nie. 2018 was inderdaad n buitengewone jaar met H1N1, selfs in die VSA het dit n rekord getal van sterftes meegebring 80000 , die hoogste in 40 jaar, maar dit is heelwat minder as wat hul tans ervaar. Sien uit om van jou te verneem.

Alexander ·

Ek wonder hoe hulle die Oos Kaapse begrafnisse gaan reguleer. Daar is maklik 3000 wat een begrafnis bywoon en daar gaan dit jolig. Baie drank, geen maskers en persoonlike ruimte totaal afwesig. Die busse na Transkei ook oorlaai met 120 vir 60 sitplekbus. En dan gaan hulle weer met virus terug na Wes Kaap. En ons wetsgehoorsames moet die gelag betaal.

Sarel ·

Daar gaan ons alweer en nog steeds weet niemand wie die sg ” Bevelsraad” is nie

Duck ·

…..en so maak die drank winkels vandag (donderdag) weer lekker geld!
Iemand èrens smile van oor tot oor, val my nou by, ek beter ook daar ‘n vinnige draai gooi :)

Dirk Mostert ·

Inperkings wereldwyd is skending van menseregte onder valse voorwendsels!

Karina ·

Ek het fotos gesien van hoe dit lyk in townships, plus ons tuiniers het vir my vertel daar dra baie min mense maskers. Geen afstand tussen mense nie. Die ergste is by die kliniek, Mistree Garden Services het boom stompe aangery en twee meter van mekaar binne die perseel op die gras geplaas waar baie kan wag om in te gaan vir ondersoek en medikasie. Wat doen hulle? Die mense staan opmekaar gepak buite die hek! Dit is mos nou moeilikheid soek daardie. Dit is ook waar ons een tuinier vermoedelik sy Covid opgetel het. Dit is sogenaamde geleerde mense wat die land “bestuur” (in die afgrond in) kan hulle nie bietjie dink nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.