Nuwe beskermde mariene gebiede afgekondig

Die Robbeneiland-marienegebied. (Foto: Peter Chadwick)

Die departement van omgewingsake het pas drie nuwe beskermde mariene gebiede (MPA’s) in die Staatskoerant afgekondig. Al drie is binne die grense van bestaande nasionale parke.

Die Addo-olifantpark-marienegebied, die Robbeneiland-marienegebied (wat deur die Tafelberg nasionale park bestuur sal word) en die Namakwapark-marienegebied is deel van 20 nuwe nasionale beskermde marienegebiede wat afgekondig is, het SANParke in ʼn verklaring gesê.

Die afkondiging is die gevolg van jarelange werk deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteit-instituut vir Biodiversiteit (Sanbi), SANParke, Ezemvele KZN Wildlife en die departement van omgewingsake. Die beskerming geld vanaf 1 Augustus vanjaar.

Dr. Ané Oosthuizen, SANParke se nasionale marienekoördineerder, het gesê die nuwe netwerk beskermde gebiede verhoog die bewaringsgrootte van Suid-Afrika se oseane van 0,43% tot 5% – ʼn reuseprestasie vir bewaring.

“Die nuwe MPA’s gaan bydra tot die bewaring van ons oseane, eilande en kushabitatte, dit gaan bedreigde spesies soos pikkewyne beskerm en gaan oorgebruikte spesies soos lynvis, perlemoen en krewe se getalle help opbou.

“Dit gaan help om ekostelseldienste te verseker, dit gaan ontspannings-, toerisme- en opvoedkundige aktiwiteite ondersteun asook bestaans-, ontspannings- en kommersiële vissery steun.

“MPA’s help om ekostelsels veerkragtig te hou in ʼn tyd van klimaatsverandering,” het Oosthuizen gesê.

Die beplanning vir sommige van die gebiede het reeds in 2006 begin, soos in die geval van die Addo-olifantpark-marienegebied.

Honderde beplanningsvergaderings en ontmoetings met betrokkenes is gehou en daar is met gemeenskappe en nywerhede onderhandel in die olie- en gas-, myn-, vissery- en akwakultuurbedrywe.

Beplanners en prokureurs het vyf jaar bestee om die vorm, grootte en regulasies vir die MPA’s te ontwikkel en vele toegewings is aan alle kante gemaak om uiteindelik ʼn ooreenkoms te bereik, het Oosthuizen gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

humor ·

Baie goeie nuus. Hieroor kan ons eenparig stem. Hoop net dit word doeltreffend bewaar.

Varkie ·

Maak nie saak of die hele kus beskermd is nie, solank as wat Durban hawe se riool so opgaar en verder langs afvloei is niks veilig nie, daar is maandeliks spanne wat die gemors moet skoon maak.. en binnelands is dit net so skokkend, sien gereeld voertuie voor my rommel net so by venster uitgooi

Juanita ·

Skerp een baie skerp maar waar????????????rk is baie dankbaar dat hulle werk maak daarvan om ons pragtige natuur te beskerm.

ExPat ·

Nuwe MPA’s help niks as hulle dit nie beskerm nie. En China se stroper vlote is alreeds doenig in Mosambiek en Angola.
Hulle kom vir julle visbronne.

Diefie ·

Wow, dit is wonderlik. Uilspieel, ek dink ons moet daar gaan woon.☺

RATEL ·

Goeie nuus!!!! Maar………
Onsettige Chinese en Russiese Trawlers in ons waters CR?
Poachers wat dag na baljaar by die Gruis, gansbaai CR
Stuur jou strikeforce (weermag) en daai spes magte parabat in! Dan kan ons kyk hoe poachers hul pak gee met n perlemoen skulp!hahahaha

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.