Nuwe bestuurder vir Potchefstroom Kunstefees

Alexa Strachan. Foto: Verskaf

Alexa Strachan. Foto: Verskaf

Die Potchefstroom Kunstefees is nóg ʼn stap nader aan ʼn werklikheid met die aanstelling van ʼn feesbestuurder.

Alexa Strachan, skrywer, sanger, akteur, regisseur en vervaardiger, is aangestel om die bestuur van dié fees te hanteer. Japie Gouws, woordvoerder van groep van Aardklop-belanghebbendes, het dié aankondiging Donderdag gemaak.

“Ons is verheug om Alexa aan die hoof van die span te hê vir die fees. Haar wye ervaring en kundigheid stel haar in staat om hierdie taak met sukses aan te pak,” het Gouws gesê.

Hy meen dit is onder meer Alexa se jarelange en noue verbintenis en samewerking met Sandra Prinsloo, PG du Plessis, Koos Roets en André Scholtz wat haar in staat gestel het om wye ervaring op te doen in die teater- en fliekbedryf.

Sy is ook verantwoordelik vir die bestuur, samestelling en tekste van groot teater- en musiekproduksies, onder meer Sarie se Voorbladgesig; FNB se Night with the Stars; Atterbury Trust en Rust en Vrede se Versnit-konserte en Akademia se Sakeplankompetisies.

Sy vervaardig ook Liedjieboer, die 70ste verjaardagkonsert van Anton Goosen, met kunstenaars soos David Kramer, Churchill Naudé, Sonja Heroldt, Robin Auld en Gert Vlok Nel.

Lees vorige berigte oor die Potchefstroom Kunstefees op Maroela Media vir meer inligting oor stalletjies en borge.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

E.K. ·

Hou van Alexa – hoop sy kry ondersteuning en dat die fees gaan groei en nie weer in die toekoms uitmekaar val nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.