Nuwe biometriese ID-databasis bekendgestel

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake (Foto: Cindy Waxa/ANA)

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, het Woensdag gesê sy departement is steeds, ondanks ʼn beperkte begroting, vasberade om die nasionale identifikasie-databasis ten volle te digitaliseer.

Gigaba het die Outomatiese Biometriese Identifikasiestelsel (Obis) bekend gestel, wat na verwagting die ou databasis sal vervang.

“Die geïntegreerde biometriese stelsel sal ʼn digitale, nasionale identifikasiestelsel vir Suid-Afrika daarstel,” het hy tydens ʼn mediakonferensie voor sy begrotingsrede in die parlement gesê. “Die Obis laat ons toe om verskeie vorme van jou identiteit te versamel, soos jou palmafdruk, voetafdruk en ons sal binnekort ook DNS versamel vir ʼn DNS-databasis.”

Gigaba het gesê die doel is om Suid-Afrika gelyk te stel aan sommige meer gevorderde lande in die wêreld.

Hy het ook gesê altesaam 10 miljoen slim-ID-kaarte is die afgelope vyf jaar uitgereik. “Toe die eerste kaart in 2013 uitgereik is, het ongeveer 38 miljoen mense groen ID-boekies gehad. Ek kondig graag aan dat ons nou 10 miljoen slimkaarte uitgereik het, ondanks uitdagings in infrastruktuur, stelsels en personeel.”

Nomthandazo Maweni, wat die 10 miljoenste persoon is wat ʼn slim-ID-kaart ontvang, was in die parlement teenwoordig tydens ʼn seremoniële oorhandiging van haar nuwe identiteitskaart.

Gigaba het gesê alhoewel die departement al ver gevorder het, sal die teiken, om al die groen ID-boekies oor die volgende vyf jaar te vervang, gewysig moet word. “As mens kyk waar ons in 2013 begin het, dan het ons momentum gekry, maar dit is onwaarskynlik dat ons teen 2023 die teiken van 38 miljoen sal haal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Oom Kalahari ·

Jammer Mnr Gigagaba, ek en my familie sal maar van jul perfekte radar afbly en stel nie belang in jul duiwelse biometriese ID’s nie.

snoefie ·

ai ou malus, waarheen gaan jou g@t nou weer gepos word? sodera jy mos klaar gesoeechhet, wpord jy gweskuif. spog dat net 10miljien uit 38miljoen n slimkaart het en alreeds word dit verander. kan die anc enigiets konstant handhaaf?

MK ·

Hierdie grens aan persoontlike data, meer as wat hulle nodig het.

zoom zoom ·

Was dit mev Gigaba se idee gewees om die toerusting te laat aanskaf. As sy haar vingers klap dan spring almal in Dept van Homeaffairs. Wonder hoeveel kos die stelsel en hoeveel geld is gepocket?

Nee dankie ·

Met al die bedrog in die land wil ek liefs nie enige verdere van my besonderhede vir hulle gee nie wat nog meer DNS?????????

Andrea ·

Wat wil hul met die data doen? Beslis nie misdaad beveg nie. In onbevoegde hande kan dit katastrofiese gevolge hê…

Alida ·

Nog ‘n projek wat nie gaan werk nie what’s new!!! Kyk maar na die e-tol stelsel. Hulle het net geld gesien en dit nie behoorlik nagevors oor hoe die betaalstelsel moet werk nie. Die Gautrain het EERS die betaalstelsel uitgesorteer voor hulle miljarde rande spandeer het. Vandag weet ons almal jy sal nie op die trein klim as jy nie betaal het nie. Dit was kundige mense wat daardie stelsel in werking gestel het nie geldrowers nie. Mens bid eers dan eet jy nie andersom nie.

bgj van der westhuizen ·

as die slim id kaart alles vervang het en gewerk het soos in die usa dat jy net een ding op jou dra sal ek gese het ja maar jy moet nog steeds ander kaarte by jou dra die slim kaart is geld mors gewees wand ek het van dit gesien binne n maad is die kaart so gekrap dat jy niks uit kan maak nie en die foto s is van n swak gehalte eimand se sak het weer goed geld gekry om na slim kaarte te gaan

AI TOG ·

AG ASB TOG . gaan dit beter werk? Want tot nou toe het julle nog NIKS ordentliks reggekry nie, die rye raak net langer en die foute meer en die koste van die goed hoër … Nou gaan miljoene mense se inligting seker verlore gaan met die oorskakeling, maar ten minste gaan die ANC stemmers s’n nog op rekord wees …

marianna ·

Ek bly weg van daardie ID kaartjies. Ek stem saam dis vir die New World Order

Pleh ·

Sit in Aus, hier is nie ‘n ID. Jy moet altyd klomp verskillende goed bymekaar skraap om te bewys wie jy is. Ek sit letterlik nou met gemors om kliënte van maatskappy te probeer identifiseer. Biometriese identifisering is ligjare voor wat ons het.

Katerina ·

Ek vertrou nie Die regering,eintlik enige regering met my DNA nie. Sal my glad nie verbaas as Die regering dit sal gebruik om witmense te “frame” vir misdade wat hul nie gepleeg het nie! Enigiets wat hulle kan dien, nou of in die toekoms,om witmense se lewens te vernietig,sal hul nie die kans laat verbygaan nie. Mark my words.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.