Nuwe Bok-breier aangekondig

rugby-springbok-logo-groot

Argieffoto.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Dinsdag die Springbokke se nuwe afrigter aangekondig.

Oregan Hoskins, Saru se president, het aangekondig Allister Coetzee, voormalige Stormers-afrigter, is die nuwe Springbok-afrigter.

Saru het op 3 Desember aangekondig dat Heyneke Meyer, die voormalige Springbok-afrigter, bedank het. Meyer het destyds gesê die besluit is volgens hom in die beste belang van Suid-Afrikaanse rugby. Die Springbokke het onder Meyer se afrigting 34 oorwinnings behaal. Hulle het twee wedstryde gelykop gespeel en 14 wedstryde verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

SP Viljoen ·

Te minste sal ons verseker wees dat die Bokke altyd ‘n tweede plek sal he. Want dis al wat Coezee kan wen. Ek dink nie hy sal ooit enige trofee kan wen nie. Kry vir jou, Coetzee. Ek dink nie jy en jou span sal die mas ooit op kom nie.

Weet iemand wat hy en sy WP/Stormers al ooit gewen het?

Tiger ·

Hulle kon net sowel Robin Hood as afrigter aangestel het vir al wat hierdie aanstelling iets gaan beteken.Die oorsese rugby lande skree seker soos hulle lag vir ons.Ons is klaar met rugby.Oorsese sokker is stukke beter om na te kyk.

Bloues ·

Ek dink dat sou Allister homself omring met kennis en hy meeste van sy tyd kan spandeer met die Bokke self, hy n groot sukses kan maak. Wat in sy guns tel is dat van ons beste spelers in sekere posisies wel gekleurd is. Ek dink aan die hele voorry. Al drie losvoorspelers (miskien van die bank af) ,Loskakel , vluels en heelagter.

Sterkte met en vir Bokke

SP Viljoen ·

Skielik voel ek bekommerd oor on tuis wedstryde teen die Pumas, Aussies en All Blacks….

Wonderling ·

Baie geluk Chester! Ek kry jou net bitter jammer, want wat jy dalk beplan om te doen met die span en wat vir jou aangese gaan word om te doen met die span, is seker twee heel verskillende goed. Ek hoop jy en jou familie het doringdraad op julle tande en dat julle gereed os om baie vinnig baie ouer te word in ‘n kort tydtjie! Gee hulle gas!

Gerhard ·

SA se slegste bewaade geheim is uit…eerder hy as ek,
Sterkte ou maat jy gaan dit nodig hê..

Pappa Beer ·

S.P. Viljoen is seker n bloubul, dis die dat hy so te kere gaan! Hehehe.

SP Viljoen ·

Natuurlik! HAHAHA! Ek kan nie GLO dat hulle ‘n afrigter kies sonder iets in die vertoonkas nie. Die All Blacks gaan die bokke opvrommel! …en so ook die res. Coetzee is puik vir Span C afrigter!

EMK ·

Jo – net so – hy he t’n heel goeie “track record” so laat mens liewer agter die man staan en hoop dinge werk uit vir die Bokke.

snuffels ·

Ek as Stormers ondersteuner was ekstaties om te hoor dat hy die Stormers verlaat…en nou moet die Bokke met hom sit!!!

Paul ·

Snuffels,
Ek is bly om te sien dat daar tog WP/Stormer ondersteuners is met gesonde verstand
Ek sien ook swarigheid vir die arme bokkies.

Wynand ·

Dit is nou ‘n gatslag vir S A Rugby want wen gaan ons nie wen nie. Hoop sy raadgewers beteken iets. Is dit nou die beste wat ons land kan opdis? Want as dit is , is dit klaar ‘n nederlaag. Nie eers die Stormers is met hom tevrede nie. O my gendade is al wat ek in oordentlike Afrikaans kan se.

François ·

Wynand, dis die grootste pot twak wat jy kwytraak oor die Stormers se gevoel teenoor Tassies! Ja, dis Allister Coetzee se bynaam, indien jy nie weet nie! En ‘gendade’ voordat jy in jou ‘oordentlike’ Afrikaans kan ‘se’ dink ek moet jy eers lees spel. Jy is vir jouself ‘n verleentheid!

Grassie ·

Van al die rugbyspelers, afrigters en almal wat iets met rugby te doen het, praat Allister Coetzee die beste en suiwerste Afrikaans tydens TV-onderhoude. Ek respekteer hom daarvoor.

Jooste Rossouw ·

Help ons land as 2 ondersteuners van Rugby bly is die afrigter praat goeie Afrikaans of kan goed spel. Ter inligting spelling en Afrikaans praat het niks te make met rugby afrig nie. Niemand wil die Bokke meer afrig nie AL rede hoekom Allister gekies is. Kon vir 10 jaar niks met WP/ Stormers uitrig nie. Ons land is in sy kanon in. Hoop my Afrikaans is redelik vir Franswys en Grassie

Nics ·

Jooste Rossouw – sover ek gesien het op tv onderhoude het hy HEEL goed gevaar. Probeer tog positief wees. Wondher hoe sou jy en andere gevaar het – die gesegde lui nie verniet “die beste stuurlui staan aan wal” nie!

Grassie ·

Jooste – jou Afrikaans is gangbaar maar jou arrogansie laat veel te wense oor.

Bloues ·

Nou hoop ek eers hy doen goed. Met Stick om agter te help en van Graan nog daar vir die voorspelers gaan hy goed nie. Gee hom net n kans. Hy het BAIE geleer 2007 toe hy deel was van die Bokke groep wat die wereld beker gewen het!!! Hy kan defnitief slegs konsentreer op die beste speler in die betrokke posissie en hoef nie te “worry” oor kwatas nie.

Hier kom die BOKKE!!!

SP Viljoen ·

Bloues, my vriend. Rugby het so verander sedert 2007. Jy moet ‘n bietjie wakker word en seker maak dat jy ‘n 2016 kalender het. as AC so baie geleer het, hoekom het hy niks met die WP/Stormer span uit gerig nie? Hy kry herre vir dieselfde eksamen al vir die afgelope 9 jaar, en vang steeds nie graad nie. Ag nee, man. Ruik die koffie!

andries ·

Wat ;n groot teleurstelling. Die man kan net ‘n span B-ding doen – as hy gelukkig is. Hy het nou nie juis die Stormers tot die hoogste sport laat verrys nie en dit in hoeveel jare? Dit is so lank – ek kan nie eers onthou nie. Ons gaan so tot die nommer 16 of 17de op die ranglys daal.
Maak julle maar gereed daarvoor.

SP Viljoen ·

Andries, ek stem saam. Hy het niks met die WP uitgerig nie. Hier en daar dalk per-ongeluk in ‘n finaal beland.
Ek dink hy sal puik wees op laerskool vlak!

Gerhard ·

Karma,
Ek kom van Pretoria af en is n’ Blou Bul ondersteuner, ek dink nogal ek spel nie te sleg nie…
moenie veralgemeen nie.

Adriaan ·

Hoskins het alweer laat blyk dat die span van 2019 50% gekleurd moet wees, met ‘n wit, swart of gekleurde afrigter sou ons met dieselfde dilemma sit. Wat positief is, is dat ons ten minste nou ‘n agterlyn gaan he wat aantreklike rugby gaan speel. Elton Jantjies(loskakel), De Allende(senter), Mapoe(senter), Mvozo(vleuel), Riaan Combrinck( vleuel),Kolbe (heelagter) is almal spelers wat miskien ‘n groot verskil gaan maak aangaande aantreklike hardloop rugby. Allister is iemand wat Faf ook saam met Elton sal plaas wat myns insiens ‘n uiters opwindende agteryn gaan wees. Kolisi(flank) en sekér ‘n stut sal die res van die transformasie uitmaak. Allister is bekend dat hy staatmaak op sy hulpafrigters, hopelik gee hulle hom kans om sy eie hulpafrigters en adviseurs te kies.

Ek is ook nie meer lus om rugby te ondersteun oor hierdie transformasie nie, maar as die span bogenoemde spelers speel sal ek nie in die minste omgee nie.

Ruik lont ·

Indien Coetzee sy eie span kon kies met die nodige ondersteuning dink ek hy sou sukses hê. Ongelukkig moet die span polities korrek wees

SP Viljoen ·

Dis duidelik; Ruik lont, dat jy nie baie rugby kyk nie.

Bloues ·

SP ek hoor wat jy sê. Ek verstaan ook jou frustrasie maar tog na alles is die vraag of hy kan swakker vaar as HM met sy nederlae teen Japan. Ek dink tog dat Coetzee se manier afrig baie dieselfde is as Ackerman waar hulle siening is om hardloop rugby te speel,
Coetzee het van die beste hulp afrigters wat daar is , veral Stick wat agterlangs die planne moet maak.

Wat was Kitch Christie se trek rekord toe hy die Bokke gevat het? Ek vra want ek weet rerig nie.

SP Viljoen ·

Ek is geen HM fan nie. Ek glo tot vandag toe dat Eddie Jones enige top span op daai dag sou gewen het. HM het gedog hulle gaan oor Japan loop. Hy het vergeet dat EJ ‘n Fox is. Ek dink selfs die All Blacks is bitter bang vir EJ en sy Ingelse.

Kitch het in ’94 by Ian McIntosh oorgevat. IM se wen tempo was 33%. Dus het KC ‘n 67% verbetering getoon. Dit maak hom die mees suksesvolste afrigter met ‘n 100% tempo.
HM se tempo is 67%. In die volgende 4 jaar wat AC aan die stuur gaan wees sal hy nie 70% kan handhaaf nie. Veral nie met die kwota monster in die kamp nie.
Ek voorspel dat hy selfs nie eens sal verbeter op Peter de Villiers se rekord van 67% nie. Wat in DIV se guns getel het, is dat hy met Jake White se kallers geploeg het.

Kom ons kyk maar wat gebeur met AC. Ek rate hom glad nie hoog nie. Selfs Streauli met sy 52% sal hom oorskadu.

Adriaan ·

Ek is heeltemal gekant teen gedwonge transformasie, dit gaan Suid Afrikaanse rugby breek en veroorsaak dat alle talent die land verlaat aangesien niemand meer gaan voel dat goeie spel beloon word met ‘n plek in die span nie.
Wat Allister aanbetref is ek egter glad nie negatief. Hy skaar hom saam met goeie hulpafrigters en is nooit te hardvogtig om na goeie advies te luister nie.
Indien hy ‘n span kies met die volgende kwotaspelers sal ek nog rugby kan kyk:
9 Faf,10 Elton, 11 Mvozo, 12 DE Allende, 13 Mapoe, 14 Riaan Combrink,15 Kolbe.
Dit sal ‘n agterlyn op meriete wees wat aanskoulike hardlooprugby speel.
Op flank sal Kolisi speel en ‘n Swart stut(Beast) wat die getal op sewe kwotaspelers sal bring.

Ek dink ek sal die span nogal geniet want hulle sal hopelik poog om Leeu Rugby te speel.

SP Viljoen ·

Adriaan, ek stem. Al ons goeie talent moet maar in die noorde gaan speel. Die Pond en Euro is sterk. Ons gaan gelukkig wees as ons jou agterlyn sien….

Roger ·

Tenminste sal Coetzee nie ‘n verleentheid wees as hy op TV vertoon word nie. Hy kom oor as ‘n heer en maak nie sinnelose uitsprake nie. Dalk ‘n goeie ding dat SA ontslae raak van die diknek-mentaliteit onder plaaslike afrigters.

SP Viljoen ·

Ek stem saam, hy sal ‘n great rektor maak op UCT!
NS: definieer “dik-nek-mentaliteit” meneer! Jy weet glad nie waarvan jy praat nie!

SP Viljoen ·

Ek lees Beeld berig dat AC glad nie bekommerd is oor transformasie nie. Duh? (siem sy smile op die voorblad) Natuurlik is hy nie. Hoskins het ‘n agenda. (HM wou nie saam speel nie, to word hy gepos, so-ook JW.) Daai ou gaan die Springbok rugby totaal opkoffie! Ek dink nie hy is die regte ou vir die job nie.

Roger ·

Die ons is sterk, maar dom houding van jou gemiddelde SA-kaanse rugbyspeler en afrigter. Prima donnas (soek daardie woord op). Hoe verder noord jy uit die Kaap beweeg, hoe groter raak hierdie verskynsel.

NEL ·

Saru het lank gesoek na ‘n bok afrigter, hoop nie hulle het nou bok wagters aangestel nie ,dan kan ons maar Springbok rugby afskryf.

Joann ·

Nou hoekom nie zuma gekies nie? Hy ken van dummy en sidestep. He he he

SP Viljoen ·

Kom ons maak hom Kaptein! Hy sal die All Blacks (dis nou die manne van New Zealand) strategies uit-oor-le!

SP Viljoen ·

Aan al die Jake White fans:
“Het julle geweet dat Nick Mallet ons land se tweede beste afrigter was naas Kitch Christie?”

GES ·

Politiek en sport is soos petrol en alkohol. Dit meng nie. Sien is glo en die tyd sal leer.

JD ·

SP jy praat baie maar se niks. Selfs snorre se rekord is beter as Heineke sin. Bwahahaha

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.