Nuwe borgtogvoorwaardes vir Oscar Pistorius

oscar-pistorius

Oscar Pistorius op 21 Oktober 2014 in die Pretoriase hooggeregshof tydens vonnisverrigtinge Foto: Themba Hadebe/AP/Pool

Oscar Pistorius het Maandag vlugtig in die hooggeregshof in Pretoria verskyn.

Regter Aubrey Ledwaba het Pistorius se vonnisverrigtinge tot 13 Junie uitgestel. Die verrigtinge sal na verwagting tot 17 Junie duur. Gerrie Nel, die staatsaanklaer, het aan die hof gesê dat albei partye bereid is om op 16 Junie, ʼn openbare vakansiedag, in die hof te verskyn indien nodig.

Die hoogste hof van appèl het verlede jaar Pistorius se skuldigbevinding aan strafbare manslag na moord omgekeer nadat hy sy meisie, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag 2013 in sy huis doodgeskiet het.

Die voormalige Paralimpiese atleet staar nou ʼn voorgeskrewe minimum vonnis van 15 jaar in die gesig. Hy is tans besig om sy oorspronklike vonnis onder korrektiewe toesig uit te dien. Pistorius is aanvanklik tot vyf jaar tronkstraf gevonnis nadat hy aan strafbare manslag skuldig bevind is en hy het ongeveer een jaar agter tralies deurgebring.

Pistorius is na bewering oor die naweek in ʼn Pretoriase hospitaal opgeneem, maar die redes daarvoor is nie bekend gemaak nie. Hy is steeds onder huisarres in sy oom se huis in Waterkloof, Pretoria.

Pistorius se borgtogvoorwaardes is Maandag amptelik aangepas. Indien hy sy oom se huis wil verlaat en verder as ’n 20 km-radius van die huis af wil reis, moet hy toestemming van die ondersoekbeampte kry.

Pistorius se regsverteenwoordigers het Maandag aan die hof gesê dat sy elektroniese opsporingstoestel soms nie korrek funksioneer nie. Die derde toestel wat aan hom gegee is, gee hom glo ʼn waarskuwingsboodskap dat hy sy borgtogvoorwaardes verbreek terwyl hy by die huis is.

Regter Ledwaba het die beamptes van korrektiewe dienste en die ondersoekbeampte opdrag gegee om die probleem op te los voordat die hof verdaag het. Pistorius het dadelik ʼn oproep van sy selfoon gemaak en die hof verlaat.

ʼn Groep mense wat Pistorius ondersteun, het buite in die straat voor die hof saamgedrom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

Mielie ·

PJ stem 100% saam. Hy is nie dom nie….miskien glo hy ander is…

Johann ·

Net voor iemand dalk n gedagte van simpatie en empatie het teenoor arme Oscar se lot…hyt steeds meer toegang tot die lewe as wat Reva ooit sal hê. Miskien is die foutiewe stelael wat hom herrinner aan sy “borg voorwaardes” net wat hy nodig het om te ERken en HERken wat hy aan skuldig is?

Karma ·

Liewe land, kry nou net KLAAR met dié saak! Dit is ‘n op en af, hierna toe, daarna toe, links, regs …. Oscar moet nou aanvaar dat sy pleidooi dat hy Reeva as ‘n inbreker aangesien het, nie water hou nie. Hy moet verantwoordelikheid aanvaar vir die feit dat hy haar vermoor het, of dit nou met voorbedagte rade, dolus eventualis, of nie was. En die regsbank moet ook nou ophou om kat-en-muis te speel met die saak. Bepaal die straf, laat hom onmiddellik dit begin uitdien en kry klaar daarmee!

jannie ·

Hy maak nou al of hy sieklik is om sy 15 jaar in die tronk hospitaal deur te bring Daai klomp vrouens wat betoog ek wonder of hulle dit sou doen as dit hulle dogter was wat koelbloedig vermoor was en as mens enige gebrek het gee dit jou nie die reg om te loop en moor nie Hy moet kry wat hom toekom

Tania ·

As dit enige iemand anders was, was hulle nou al in tronk en vonnis besig om uitgedien te word. Al die bewyse vir ‘n normale leek soos ek wys daartoe dat hy HAAR wou dood skiet, maak nie saak of dit uit skielike waansin was of bepland was nie. Die feit bly staan HY wou HAAR skiet, my een groot vraag WIE gaan badkamer toe daai tyd van die aand en sluit die deur. NIEMAND nie. Genade kry die saak nou oor en verby

Gesiggie ·

Karma, ek stem, ek is ook nou al so moeg vir die berig?? hoekom vat dit dan nou so lank…. as hy skuldig is… moet hy sy straf kry en klaar, hoekom elke keer uistel, dit vererger net als” en dan val daar elke keer iets voor”’dammit dit is al 3 jaar??? As hul dan die bewyse het? hoekom wag, net omdat hy Oscar Pistoruis is?? Well Gerrie Nel, is bereid om op n vakansie dag die Hofsaak te hervat, so dankie tog dan meskien die laaste… raak nou vervelig”’

jannie ·

Karma ek stem saam die probleem was hy het n juppie lewe gehad en kon dit nog steeds gehad het as hy net daai humeertjie van hom wat ons almal van weet in toom gehou het

Oupa D ·

Van die begin af was hierdie saak verstommend! Die ergste was dat hy aanvanklik NIE skuldig bevind was aan moord nie. terwyl alles daarop gedui het dat hy wel geweet het wie agter die toe deur skuil. “Hartverskeurende gille” was deur bure gehoor – ‘n vrou in haar sterwensnood! Watter regter ignoreer dit eenvoudig? Vonnis nou die man volgens sy misdaad en nie hoe goed sy advokaat kan betoog nie!!

Mara Wijk ·

Jy weet natuurlik dat di bure waarvan jy praat honderde meters daarvandaan was? En die nader bure het n man om hulp hoor skree.

Victor ·

Honderde meters? Duidelik het jy nog nie gesien hoe klein die erfies is in daai kompleks nie. Dis tipies van al daai soort komplekse, massiewe grand huise maar hulle bou die erfie toe. En jy weet hoe ver klank in die aand kan trek?

Arizona ·

Hy maak al klaar die weg oop vir mediese parool. Hy is n lafaard en behoort lankal in die selle te gewees het.

Lielie ·

Hierdie saak maak dit al moeiliker vir persone wat wel mishandel word te rapporteer want die vraag wat gevra word is “Watse nut doen dit?”

Susan ·

As dit enige ander persoon was het hy nie eers borg gekry nie . Welgedaan Gerrie Nel ek dink
hy het ook nou genoeg van die eentonige saak maar hy gaan seker ‘n wonderlike lewe in die
trunk hê en verder studeer as jy nie geld het vandag om te studeer nie sorg dat jy in die tronk beland dis gratis.

Vicus ·

Susan , maak asseblief eers seker van jou feite. Slegs tot en met Graad 12 is gratis. Vir tersiëre atudies betaal n oortreder self. Weet nwt dat dit nie lekker in die tronk is nie. Daag jou uit om net vir n maand saar te beland. Feit van die saak is egter wel dat hy nou gevonnis moet word.

alida ·

Ag hemel tog mense los die man nou uit. Het julle niks anders om te doen nie?

Riana ·

Ek dink dit is nou tyd dat die Hof ophou grappe maak en klaar kry met hom. Hy het moord gepleeg en moet gaan dit.
Die land se regte is Sucks.

Rina Pretorius ·

OORDELE OORDELE OORDELE OORDELE EISH, DIS ERG. DIE EEN WAT SONDER SONDE IS TEL DAAI KLIP OP EN GOOI, JOU HUIS IS VAN GLAS HOOR. SO IETS KAN MET ENIGE EEN GEBEUR, BID DAT JOU KIND, VROU OF MAN NIE IN SO IETS BETROKKE RAAK NIE, LEES DIE ANDERKANT VAN DIE SAAK OOK. LOS DIE MAN NOU IN VREDE EN LAAT GESKIED WAT MOET GESKIED SONDER JULLE VERDERE SEERMAAK WOORDE,

Bailey ·

Rina….sou jy ook so gal afgaan as dit jou dogter was……Oscar is skuldig, dis hoog tyd dat hy sy skuld aanvaar en boet met sy tyd vir wat hy gedoen het…..

Jollie Jacqueline ·

Bailey, Rina het nie gesê sy het nie meëgevoel met Reva se familie nie. Lees maar weer. Jy weet nie hoe dit voel aan die ander kant nie. Moenor maak asof jy nog nooit foute gemaak het nie. Ja, hy het iemand se lewe geneem. Ja, dit was nie reg nie. Maar jy staan nie in sy skoene nie. Ek wil net sê hoe merkwaardig Oscar se familie is om so by hom te staan. En onthou…groot of klein sonde, sonde is sonde.

mara wijk ·

O, die mensdom tog… selebi was 6 mde id tronk, Shabir 2 maande voor hy hospital-hopping begin doen het. Oscar lankal by daai syfer verby. En nee Tania, as dit enige iemand anders was, was hy lankal uit die tronk. Anders as jy en Johan, wat blykbaar beide die aand teenwoordig was met die skietery, kon 2 howe nie bevind hy het reeva met opset geskiet nie. En soos die onlangse “Poena-geval, moet mens die hof-uitspraak aanvaar. Feit is dat Oscar skuldig is aan moord omdat hy op iemand geskiet is. Res is bespiegeling. En waarom kon sy nie die toiletdeur sluit omdat sy ookmgedink het daar’s n inbreker nie? Dis n 50-50 saak. Mens noem dit Reasonable doubt. . En terloops, wie op aarde trek jou jeans UIT en jou boyfriend se klere aan om weg te hardloop…..?. Dis verskriklik wat gebeur het, en iets wat geen ma n ander toewens. Maar, wat as dit jou seun was en hy was dalk onskuldig? Ons sal almal gemeet word aan die maat waaraan ons meet. As al al maar so passievol oor plaasmoorde en huisinbrake wil wees: mense wat, terwyl jy hier lees, sy volgende koelbloeduge moorde en misdaaad beplan. Maar ja, soos een ma erens gese het, met Oscar agter tralies is almal veiliger. ai ai, lekker slaap in Lala- land…

rhah ·

reasonable doubt laat my eers voel na men’s wie Lang’s my Moes wees.

Riana ·

Die saak raak nou soos Zuma sin. Nee kyk mens kan net lag. En Gerrie jy is so gaaf om op n vakansie dag te werk. Jy kort n goue sterrietjie.

Laat hy gaan sit soos enige mens wat moord pleeg weet nie wat sukkel julle so nie.

dessa ·

Mooi soTina en Mara. Se hulle! Wie is ons on te oordeel of te veroordeel. n Saak het twee kante……..

johann cb ·

Ek erken openlik dat ek nog altyd Oscar ondersteun. Té veel mense wys vinger en vergeet dat drie vingers na jouself terugwys. Plaas jouself as ouer net een oomblik in die familie en sy skoene voordat oordele gefel word.
Ek lees op ‘n ander webwerf dat ‘n groot groep van Oscar se ondersteuners die VN gaan nader om hulp ter versagting van sy vonnis. Ek sal een van die eerstes wees om die petisie te teken! Stuur dit gerus na my ook. Sterkte Oscar.

Oupa D ·

Johan, jou goedgelowigheid is jou tot voordeel. Dis goed om in enige ander persoon goed te soek. Oscar het sekerlik nie meer sonde as enige een van ons nie – maar die feite het bewys dat hy doelgerig opgetree het om die ‘persoon’ agter die toe deur dood te skiet. Dis waarvoor hy skuldig bevind is. Op watter gronde kan iemand dan vir begenadiging vra?

Gesiggie ·

Willie… ai ai, dit klink darem vreeslik… al was sy n Lady”’ het sy nie gevra om geskiet te word, as Oscar n man was, sou hy dood seker gemaak het, voor hy die skote gevuur het”hy was n Held, maar hy het n Gesin se lewe verwoes…. n Lewe is geneem…

pop ·

Ek bid net die Here bewaar my dogters om ooit met so man deurmekaar te raak. Eks nou al so g^t vol om Oscar se naam te hoor soos wat ek is om Zuma En Gupta te hoor,

sue-ann ·

Die Here God alleen her die mag om te oordeel. Vader vergewe hulle. Hulle weet nie wat hulle sê nie. ….Amen

charles ·

Ons Grondwet beskerm menseregte, insluitende dié van gevangenes, maar wat het geword van die slagoffer se menseregte? Dis sommer skoon weg gevat!

Lance ·

As hy ook mooi verskoning vra soos JZ kan die mense hom ook dalk vergewe….nee dit gaan oor verantwoordbaarheid en dit wat wetlik reg is ongelukkig ….maar wil ongelukkig voorkom of dit nie vir almal geld nie

Neewat ·

So al julle Pistoriane wat sê niemand het die reg om te oordeel nie, bedoel julle die howe ook? Want die hof het geoordeel en Oscar aan moord skuldig bevind. So ook alle ander misdadigers. So nie een moes geoordeel word nie?

Julle Pistoriaan “groupies” is verseker nie lekker in die kop nie.

Jollie Jacqueline ·

Neewat…jy lees ook net wat jy wil. Niemand sê die hof het verkeerd besluit nie. Net mense wat dink hulle kan sê wat hulle wil terwyl hulle nie daar was daardie aand nie. Moet nie net dink as dit jou dogter was nie , maar ook as dit jou seun was in die beskuldige bank.

Rupert Ashford ·

Ai wil ou Gerrie die hero nie nou maar aanbeweeg na meer sinvolle sake soos plaasmoorde nie? Of geniet hy nog die goedkoop publisiteit…

Joann ·

P.J. Jy is dood reg. Maak solank reg vir mediese parool. En die klomp saliges,ek weet ek is verkeerd maar as dit my dodter was sou Oscar nie meer die aarde bewandel het nie en ek was in die tronk.

Anoniem ·

Genade hou dit net nooit op nie. Sluit hom nou toe sodat hy sy verdiende loon kan kry… Jul gee hom al die tyd in die wereld of om siek te wees of om te verdwyn om op die einde van die dag weg te kom met die moord……Nog een wat moord pleeg en sit en lag vir Suid Afrika………As jy kan moord pleeg is jy tot enigeiets in staat!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

lynette ·

Julle haatdraende mense is siek, so siek dat julle houding MY tot in my siel siekmaak. Kry end. Neewat, die hof het geoordeel en hy was nie aan moord skuldig bevind nie. Dis julle siekes en Gerrie se aanhoudende gejag op Oscar wat die nuwe uitspraak veroorsaak het. Julle sal wel eendag veroordeel word oor julle haat en nyd.

Ria ·

Lynnette ek stem saam met jou. Gerrie Nel gaan so tekere want hy het verloor. As Oscar n gewone landsburger was wat aan sport, van die rusbank met n bier in die een hand en biltong in die ander hand deelgeneem het, sou hy n regverdige verhoor gekry het en lankal vergete gewees het.

Maar Oscar was baie mense se sportheld. Nou word hy deur elke teleurgestelde sportmal mens veroordeel.

Ek is n Oscar ondersteuner en bewonder hom en sy familie. Was baie jammer vir Reeva se familie, maar hulle is net n klomp geldwolwe wat simpatie Soek.

Victor ·

Wat is te bewonder aan hom? Dat hy ‘n onskuldige meisie doodgeskiet het in sy eie huis? Dat hy geen verantwoordelikheidssin gehad het met vuurwapens nie? Dat hy nie sy humeur kom beteuel nie?

andrea van vuren ·

Lynette, los vir Gerrie uit. As daar maar meer mense soos hy was, was ons land dalk ‘n beter plek. Hy het ‘n ongelooflike sin vir regverdigheid. Dis hoekom hy aangehou met die saak! Bly liewer stil en laat die gereg sy gang gaan.

Anoniem ·

Mens se eerste instink as jy iets verkeerds gedoen het, is om pad te gee. Kyk na “Modimolle skurk”, Oscar het glad nie probeer padgee nie en het by die huis gebly. Hy het voertuie gehad, en dit was pikdonker. Ons het in kompleks gebly en ander inwoner het wakker geskrik, kliphard geskreeu “help, help”. Ons het wakker geword en deur huis geloop en by vensters uitgekyk. Laer af in die straat, redelik ver het ons ‘n man en veiligheidswag by stop straat sien staan. Later het buurman en sy vrou met flitse in binnehof geloop na buurvrou langs hul huis. Dis so 2 kamergrootes van ons huis af. Die vrou het blykbaar geskrik vir haar kat wat blompot omgestamp het, en aangeneem dis ‘n inbreker. Die hulpkrete het regtig van vêr af geklink. Net Oscar en die Here wat wat daardie aand gebeur het…

E ·

Mens sal nooit n ander persoon se omstandighede wardeer as jy nie self deur trauma is nie. Ek weet want my pa het selfmoord gepleeg. Dis nou nie moord of wat nie, maar nogsteeds trauma is trauma maak nie saak aan watter kant jy jouself bevind nie. My pa was nog altyd n goeie mens ongeag dit wat hy gedoen het. Ek dink die mense na aan Oscar voel dieselfde oor hom.
Wie is ons om te oordeel. Dit is eintlik net die mense wat deur trauma beter aan die anderkant uitkom en die lewe meer wardeer. n maklike lewenspad wardeer nie n ander se hartseer nie. Dit wat gebeur het is tragies, ja, maar almal betrokke asook ouers en familie is mooi mense oor wie God waak.

Susan ·

Die mense wat so kan oordeel!! Los tog die arme Oscar uit! Dit moes nooit op Tv uitgesaai gewees het nie. Daar word ELKE dag van ons mense vemoor, gaan julle dan ook so te kere?? Die wat nie sonde het nie, tel die eerste klip op en stenig iemand. As Oscar siek is en hy was die naweek in n Hospitaal, het dit iets met julle te doen en MAG hy nie siek word nie?? Dis om van siek te word hoe julle kan aangaan!!! Sies skaam julle!!!!!!!!

E ·

Mens sal nooit ander se hartseer verstaan as jy nie self deur trauma was nie. Ek weet want my pa het selfmoord gepleeg. Sonde is sonde of jy nou n chappie of kar steel, ons almal het sonde. Jy besef eers wat die lewe is na trauma. My pa was n wonderlikke mens ongeag. Dit maak jou nie minder lief vir daai persoon nie. As dit my seun was sou ek hom nogsteeds liefhe, en meer. n Seepgladde maklikke lewe wardeur nie n ander se seer nie! Ek voel jammer vir al die betrokkenis, ouers, broers, susters .. Die mense is God se mense en hy bly lief vir hulle ongeag. Hy waak oor almal.

Oscar ek weet verseker jou idee van die ware lewe het baie verander, ek glo alles gebeur met n doel.

Anti-Haas ·

Hy Probeer net tyd wen……
Sit gaan hy sit……….

Baie verwaand gewees,,,,,, nou is sy bek stil…..
Geen genade vir hom…….

Justa ·

Ek is siek en sat vir al die leke wat nou ewe skielik weereens almal regsgeleerdes is en n eier te le het. Die nydigheid en aanmerkings wys weereens die ware kleure van die Afrikaner.

E.K. ·

Laat die gifmonde maar hul monde uitspoel, dit laat hul blykbaar beter voel oor hulself. Dis eienaardig hoe hul hul oordeel ook heeltyd regverdig. Wat dei advokaat betref – hy wil eintlik net “wen”, want eerstens kry hy ‘n spul geld en andersins “bragging rights”. Maar toemaar, nou ken ons ten dele, maar eendag sal ons ten volle ken en sal die wat oordeel met dieselfde maatstaf geoordeel word. Natuurlik ook dieselfde klomp wat skreeu Chris Hani se familie moet vergewe en aangaan, tog vergeet hul dit klaarblyklik in hiedie geval…

johann cb ·

Ek wonder soms of Maroela Media dit nie soms oorweeg om kommentaar op alle artikels te stop nie.
As ek so kyk na hoe vreemde mense persoonlike aanvalle op mekaar rig, is ek glad nie verbaas dat ons in ‘n “siek” semelewing leef nie!
Ons moedig geweld eintlik net aan deur wat ons sê…

HEVW ·

Mens voel mislik as jy van al die siek geestelike onvolwassenheid lees wat meebring dat die onbeheersde emosionele die denke totaal oorheers in so n mate dat dit by jou mond ssos by n rioolpyp uiborrrel.

Frannie ·

Ek verkies nuus van Oscar ‘n duisend maal bo die vervelige nuus oor Zuma en sy Gupta korrupsie.

mariaan ·

Ek hoop regter Masipa het intussen die wet behoorlik studeer en verstaan nou die regsterme beter. Of dalk het sy haar opsetlik dom gehou om Oscar te bevoordeel. Hy het gedink hy gaan met moord wegkom soos met al sy ander oortredings, dat geld hom gaan loskoop. Hy is koelbloedig met geen gevoel. Nie almal is so dom om sy versinsel te glo dat hy gedink het dis ń inbreker nie. Sy broer was vinnig om sy foon skoon te vee om bewyse te vernietig. Dis mense wat al met die gereg gebots het en daarom geweet het Oscar is in die moeilikheid. Nee wat, daar is geen verskil tussen hom of enige ander moordenaar nie, hetsy ń plaasmoordenaar of reeksmoordenaar nie. Moord is moord. Iemand wat nog graag wou leef, is doodgemaak, sonder om begenadig te word of ń tweede kans te kry nie. Moordenaars hoort in tronke!

Victor ·

Wat ‘n verfrissende kommentaar, Mariaan! Ek stem 100% saam

mariaan ·

Ai tog…laat almal tog hul mening lig…dis hoekom Maroela nuus kommentaar toelaat…as jt nie daarvan hou nie…los dit. Oscar het moord gepleeg en n pragtige vrou se lewe geneem! Hoekom sal gesiene bure jok oor gille ens…hoekom was sy bang vir hom?? Hy is arrogant…jaloesie het oorhand gekry…geen mens wat nogals bang is sou so optree…woedeuitbarsting!! Gerrie…jy is n staatmaker…jy het die waarheid ontbloot!

Henry ·

Soos Victor sê: Dankie vir jou verfrissende kommentaar mariaan.
Bykans alle mense wat moord gepleeg het, is na die tyd verskriklik jammer vir hul daad en natuurlik skrikkerig vir die gevolge!!!
Ongelukkig is die vermoorde se lewe beëindig en die naasbestaandes sit met al die verlies en pyne wat nooit, maar nooit verdwyn nie.
Dankie tog dat daar ‘n regstelsel en manne soos Gerrie is, wat moordenaars tot verantwoording bring, vir die leed wat hulle andere aandoen.

Veritas ·

Wie, van al die OP-haters, was al in ‘n soortgelyke posisie as wat hy die noodlottige aand was? Ek probeer verby die feit, dat hy ‘n bekende maar roekelose persoon is, kyk en wat ek sien is ‘n jongman wat vreesbevange was tydens die episode. Voeg daarby sy gebrek en, as gevolg daarvan, sy aangepaste waardes en ek verstaan (nie goedkeur nie) sy optrede. Gerrie Nel het heeltyd daarop gehamer dat OP verantwoordelikheid vir sy daad moet aanvaar. Hy het egter vanuit die staanspoor erken dat hy Reeva geskiet het. Wat op daardie oomblik deur sy gedagte gegaan het, kan geeneen van ons met sekerheid sê nie. Ek wil ook net meld dat ek geensins ‘n OP ondersteuner is nie. Hy was gans te windgat na my smaak.

nig ·

@Veritas – nie net hy van die heel begin verantwoordelikheid geneem vir sy daad nie, hy was van die begin ook spyt. Hoe mense (Mariaan bv)nou weer kan sê hy is “koelbloedig” en met “geen gevoel” en “jaloesie het die oorhand gekry” weet net sy. Jaloesie oor wat nogal – was jy die aand daar en hoekom het jy dan nie in die hof gaan getuig nie? Kan net my kop skud vir sommige kommintare

Victor ·

Nee, hy het nie verantwoordelikheid geneem nie, daar was eers later krokodiltrane in die hof gehuil.

Ek daag jou uit – hoekom, tot vandag toe, weier hy om die polisie toegang tot daai foon se inhoud te gee? Wat steek hy weg? Het Reeva vir ander mense boodskappe gestuur van daai foon af en toe raak Oscar mal van die woede en skiet haar?

Theresa ·

As van die veroordelende mense vir my se hulle is christene sal ek se hulle is leuenaars. Volgens die Here mag ons NIE oordeel nie, net Hy mag. So julle wie hom so slegse en name noem is besig om te sondig.

Martin ·

Ek is stom verbaas dat mense sê net God mag oordeel. Dus moet alle oortreders maar net gelos word tot die oordeelsdag. Of is julle net selektief wié veroordeel mag word?

Eliza-beth ·

Almal wat so tyd op hul hande het om lelike kommentare te skryf: Verander jou lewe en doen iets nuttigs! Gaan kyk onder “Goeie Goed” op Maroela. Daar is ‘n hele spul dinge waar mens kan help met skenkings vir byvoorbeeld ‘n leerling van Garsfontein Hoërskool wat geld moet bymekaar kry om VSA toe gaan as gas van NASA. Daar is mense wat hulp soek om kankerafdelings in hospitale meer kindervriendelik te maak – soek maar jy sal wel iets kry! Dan doen jy iets positiefs eerder as om tyd te mors met oordeel en “kenners” in hierdie saak te wees. Ek daag julle uit!

Poplap ·

Dink net aan al die tyd wat u vermors het om al die kommentare te lees en ons te vertel wat gedoen moet word.
Terloops. ‘Goeie goed’ is maar een van talle nuttige afdelings.

Magda ·

Hoekom se ons moet nie kommentaar lewer as hierdie juis is om kommentaar te lewer! As jy dink hierdie is tydmors, wat maak jy hierop.

Wat ek wil se oor Oscar is dat enige normale mens wat wakker word neem notisie van die persoon langs jou om seker te maak jy steur nie die persoon nie. Wat nog van as jy dink daar is ‘n inbreker in die huis. Dis moord!

En as dit ‘n plaasaanval was sou mense dan ook se: “miskien wou hy nie skiet nie, dalk was hy net senuweeagtig en toe gaan die geweer per ongeluk af”!!

Eliza-beth ·

Ek het verwag ek sal negatiewe kommentaar kry, party mense kan hulself nie help deur weereens negatief op my kommentaar te reageer nie! Poplap ek hoef regtig nie eers deur AL die kommentare te lees om te sien hoe mense oordeel nie. Ek hoop maar jy dink na oor jou bitsigheid en probeer die groter prentjie sien en iemand êrens op Maroelamedia te help. Magda, hopelik voel jy ook nou beter met jou knap kommentaar.

Victor ·

Eliza-beth: Pot calling the kettle black, jy kon ook iets anders met jou tyd gedoen het of hoe? Dis waarvoor ‘n deel soos die op MaroelaMedia bestaan – sodat mense kan kommentaar lewer. Dis ‘n keuse, pla dit jou moet dit dan nie lees nie!

Victor ·

Aan al die Pistorians, wat julle so oortuig het van sy onskuld:

– Hoekom het hy nooit die polisie toegang gegee tot die foon se inhoud nie? Wat steek hy weg?
– Hoekom wys die video wat gelek is hy dra lekker sy sussie teen die trap af, sonder enige probleme – maar julle dink die “arme man was hulpeloos”?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.