Nuwe brandstofpryse aangekondig

Argieffoto

Die departement van energie het aangekondig dat motoriste vanaf Dinsdag om middernag minder vir petrol en diesel sal betaal.

Die departement het Saterdag in ʼn verklaring gesê 93-oktaan-petrol sal 69c per liter goedkoper kos, terwyl die prys van 95-oktaan-petrol met 68c per liter sal daal.

Die prys van albei grade diesel sal met 60c per liter daal, terwyl paraffien 57c per liter minder sal kos. Die maksimum kleinhandelprys van gas sal met 91c per kg daal.

Volgens die departement is die prysdaling te danke aan internasionale produkpryse van petrol, diesel en paraffien wat tydens die oorsigtydperk (2 tot 29 Junie) gedaal het. Die rand het ook in hierdie tyd sterker teen die Amerikaanse dollar vertoon in vergelyking met die gemiddelde wisselkoers van die vorige tydperk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

zoom zoom ·

Hoekom word die prys van Brandewyn nie ook verlaag nie. En toe word ons dors.

jaco ·

Waars die ekonomiese resessie en die rommelstatus dan nou? Of beteken hierdie twee dinge dat die petrolprys weer volgende maand met R2 per liter gaan styg?

Cherokee ·

Kom ons vul tenks voor Woensdag in patriotisme teenoor ons regering wat hulk bes doen om pryse binne beperking te hou, Kom ons sit die DA ore aan en stem met petroltenks.\

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.