Nuwe burgemeester vir Bfn aangestel

Só lyk die stadsaal in Bloemfontein nou. (Foto: Verskaf deur Lize van den Berg)

Meer as ʼn jaar nadat die vorige uitvoerende burgemeester uit haar pos verwyder is, is die ANC se Mxolisi Siyonzana Maandag tydens ʼn spesiale raadsitting as die Mangaung-metroraad in Bloemfontein se nuwe burgemeester aangestel.

Die Vryheidsfront Plus is egter van mening dat Siyonzana geen verandering aan die reeds kreupel metro se swak dienslewering en verval sal bring nie.

Maroela Media het vroeër berig dat die voormalige burgemeester, Olly Mlamleli, op 7 Augustus verlede jaar deur ʼn mosie van wantroue deur die VF Plus verwyder is.

Die party het sedertdien versoek dat die raad spoedig ʼn nuwe uitvoerende burgemeester aanstel, maar is van mening dat ʼn ANC-burgemeester nie die antwoord tot die metro se vele uitdagings, waaronder swak dienslewering, verval en korrupsie, is nie.

“Daarvoor is die ANC-beheerde metroraad te veel gefokus op eie gewin en sy eie, vernietigende beleidsrigtings.

“Die VF Plus hou dus nie sy asem op dat Siyonzana tydens sy termyn sal fokus op goeie bestuur, die drastiese regruk van dienslewering en om korrupsie te beveg nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hennie J ·

Ek wonder wanneer die anc gaan besef hulle beskik nie oor kaders wat die vermoe het om sulke take te verrig nie.

annie ·

As die antieke pes weer sou uitbreek sal dit seker eerste by pasiënt Zero in Bloemfontein wees. Opgedons is glo die woord wat die ANC-bestuur in die Afrikaanse Woordeboek borg. In Engels vertaal, roguised. Doelbewuste aftakeling sorgvuldig beplan en volvoer en nou baljaar die rotte. As jy een dooie rot in ‘n straat sien lê of ry, al is dit in ‘n nuwe swart Merc, wees gewaarsku, dan is daar 500+ iewers elders aan’t knaag aan ‘n vrot hoenderboudjie of ‘n ou covid-masker in die vele rommelhope oraloor in die stat.

Nie Verbaas ·

Moenie vergeet nie, Porsche Cayenne is die nuutste neiging.

Misky ·

Ek gaan nie my asem ophou nie. Ons weet waar dit gaan eindig.

Tiptol ·

Ons stel nie eers meer belang in hul kader aanstellings nie, wat nog van ‘n suurstof tekort kry deur ons asems op te hou.

Pieter ·

Julle ANC sirkus kan nog honderd aan stel gaan niks help nie almal het net graad een.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.