Nuwe burgemeester vir George

Die George-munisipaliteit in die Wes-Kaap. (Foto: Facebook)

Leon van Wyk is Vrydag tot nuwe burgemeester van George in die Wes-Kaap verkies.

“Ons wens Leon geluk en wens hom en die DA-span in George alles van die beste toe,” het Geordin Hill-Lewis, DA-verkiesingshoof in George, gesê.

Hill-Lewis sê Van Wyk se verkiesing is ʼn belangrike eerste stap om die integriteit van George se munisipale raad te herstel.

“Leon het die integriteit, energie en nederigheid wat die amp vereis. Hy sal die leiding neem om beleggings te lok, die plaaslike ekonomie te laat groei en George se status as een van die beste plekke in Suid-Afrika om te woon, help behou. Op dié manier gaan die munisipaliteit behoorlike hulpbronne hê om dienste te lewer en in broodnodige infrastruktuur te belê.”

Dit was ook ʼn geskiedkundige verkiesing. Die DA sê dit is sover hy weet die eerste keer dat ʼn burgemeester in ʼn aanlyn raadsvergadering verkies is.

George se vorige burgemeester, Melvin Naik, se DA-lidmaatskap is vroeër opgeskort en hy kon dus nie langer as burgemeester van die dorp dien nie. Sy verwydering uit die amp het gevolg op ʼn forensiese verslag wat in Januarie uitgereik is en bevindings van korrupsie, wanbestuur en ernstige wanpraktyke by die George-munisipaliteit bevat het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Fedup ·

I applied for that post. But for some reason, they classified my application as a special kind if crazy. How sad for me. Anyhoo, i hope leon can sail that ship.

Jaco ·

Ras? Die DA is mos ten gunste van regstellende aksie en BEE.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.