Nuwe burgemeester vir Krugersdorp

Demokratiese Alliansie

Demokratiese Alliansie

Die Demokratiese Alliansie het Woensdag ʼn nuwe burgemeester aangestel vir Krugersdorp nadat Lynn Pannall verlede week weens gesondheidsredes bedank het.

“Michael Holenstein van die DA is as die nuwe burgemeester van Mogale City aangewys,” het die munisipaliteit gesê.

Die nuwe uitvoerende burgemeester het gesê hy is geëerd en bedank raadslid Lynn Pannall (ook van die DA) vir die vordering wat sy die afgelope paar maande gemaak het. “Ek sal die werk waarmee sy begin het, as basis gebruik om seker te maak Mogale City bereik die hoër hoogtes,” het Holenstein gesê. Hy behou die burgemeesterskomitee wat deur Pannall ingestel is.

Holenstein is verkies nadat hy 39 stemme ontvang het teenoor 38 stemme vir die ANC se Patrick Naga Lipudi.

Pannall is tot burgemeester verkies uit ʼn gekombineerde stem van die DA, EFF, Vryheidsfront Plus en die Inkatha Vryheidsparty ná die plaaslikeregeringsverkiesing in Augustus. Sy het ook die ANC se kandidaat, Peace Mabe, met ʼn enkele stem geklop.

Die DA het aangedui Pannall moet haar amp verlaat weens gesondheidsredes, nadat sy 100 dae die munisipaliteit gedien het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

E.K. ·

Alles van die beste Michael – jy is iemand wat DINK en vir wie mens respek het. Onthou net die kaders gaand it nie maklik maak en kritiek gaan van oral kom.

Danie ·

Asseblief ek vra mooi maak skoon en raak ontslae van die luiaards en kadres wat aangestel is net omdat hulle anc meelopers is ek sukkel nou al vanaf 2012 om n probleem uit te sorteer op my belasting rekening. Vvm pes my al meeras n jaar met boodskappe en oproepe. Seker ook n anc maatjie wat aangestel is.

jaco ·

Dit lyk my die DA pas regstellende aksie selektief toe, want hierdie burgemeester is n wit man. Wit mans is gewoonlik laaste op die lus as regstellende aksie toegepas word.

Kobus ·

Maak asb verskil want ons sien nog niks verbetering nie. Misdaad, dwelms en die netheid van die dorp is prioriteit.

jaco ·

waarom sal hy n verskil maak? dis mos lekker om R700 000 PER JAAR betaal te word, PLUS n lekker motor PLUS ‘n vet onthaaltoelae. ALLE politieke partye met munisipale raadslede en met parlementslede in die nasionale parlement en in provinsiale parlemente, is daar NET vir die geld.

hans ·

En die taxis ry nogsteeds in die geel lyn,teen die verkeer in die verkeerde baan,op hoofwegte ry hulle nogsteeds 60 in die vinnige baan en 120 in die geellyn.In gauteng staan die tolhekke nog steeds ,mense kry aanmanings en dagvaardigings.Laastens maar die belangrikste is ons boere word vermoor en die raadslid sit net daar.Bleddie skande wat in ons land aangaan.

MM ·

Nou wat het die burgemeester boere te doen wat vermoor word.
Hulle bestuur die munisipaliteit en nie die land nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.