Nuwe burgemeester vir Nelson Mandelabaai

Die UDM se Mongameli Bobani is Donderdagaand as die nuwe burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro verkies (27 Augustus 2018). Skermskoot: ANA-video

Die UDM se Mongameli Bobani is Maandagaand as burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro aangewys.

Dit was nie ʼn goeie dag vir die DA in die Baai nie, met die party wat nie net sy speaker in die raad kwyt is nie, maar ook sy burgemeester. Athol Trollip is Maandagaand uit sy posisie as uitvoerende burgemeester verwyder sonder dat daar ʼn enkele DA-raadslid aan die stemproses deelgeneem het.

Maroela Media het vroeër berig Jonathan Lawack is vroeër vandag uit sy amp as speaker verwyder tydens ʼn stemproses waar 60 raadslede ten gunste van Lawack se verwydering gestem het, teenoor 59 stemme teen die mosie. Victor Manyati, ʼn DA-raadslid wat geweier het om saam met sy DA-kollegas te stem en buite stemming gebly het, is summier van sy lidmaatskap van die party onthef.

News24 berig Johan Mettler, die munisipale bestuurder wat gevolglik as voorsittende beampte van die vergadering opgetree het, het verklaar dat Manyati nie meer ʼn raadslid is nie. Die DA en sy koalisievennote het in reaksie op dié verklaring die vertrek verlaat, waarna die stemproses sonder hulle voortgegaan het.

Buyelwa Mafaya is as nuwe speaker verkies en Mafaya het onmiddellik voortgegaan met die mosie van wantroue in Trollip. Nadat Trollip verwyder is, is Bobani in sy plek verkies.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

FPVZ ·

Gekies sonder quorum. Die DA het reeds vergadering verlaat. Bespotting van prosesse. Ons sal vir altyd die gemors moet verduur tot daar ingrypend opgetree word om wet en orde vanaf die SP tot die onwettige plakker toegepas word. Om burger in die land te wees is groot verleentheid.

Rynhardt ·

Die DA kan nie meer sy eie mense vertrou nie,plus hul draai ook teen hom! Bye,bye DA!Die wiel het gedraai vir jul liberale wat niks vir ons Boermense doen nie!Ek persoonlik glo dat geld het ook n rol gespeel agter die skerms!

Stuiwer ·

Rynhardt, ek vat enige dag die DA as my regering as die ANC. Ons kan nie ons brood aan albei kante gebotter wil hê nie.

Dries du Toit ·

Demokrasie is n aaklige ding,veral in die koalisie politiek. Nikswerd partye wat met 2016 verkiesing minder as 2 persent (udm) en eff (6persent) bepaal nou die lot van n party wat 46pers steun gekry het. Die sisteem werk nie,versl nie in Afrika nie,waar geskiedenis bewys het meerderheid van bevolking is nie te vertroue nie.

Leon de Vries ·

Ek wonder of daar nie van omkoopgeld gebruik gemaak is nie.

Ad ·

Sjoe. As daar nie meer reels gevolg word nie gaan dit so. Ag wat sterkte daar met nuwe burgermeester…

MANIE ·

Piet Retief is ook in die rug gesteek deur Dingaan. Dink mooi wie jou bedmaatjies is. Leer vir n slag uit die geskiedenis.

Paul ·

En hier kom Oscar ook al weer! Jig, wat ‘n nagmerrie is die media nie. Geld, geld, geld. Hallo Guptas, waar is julle?

Johanna Botha ·

Wel sterkte aan die baai en n groot koebaai aan meraai …nou gaan dit lekker gaan ….asof mense WIL sukkel ! Dom !

Oom Kalahari ·

Ons ry die diskriminasie perd en uit met die blanke man in enige posisie. Voorspoed vir Mandela Baai.

jaco ·

die DA moes mos nou van die begin af, net na die verkiesing in 2016, geweet het dat ‘n wit man as burgermeester tot probleme sou lei. Dis in elk geval vreemd dat ‘n party wat VIR regstellende aksie gestem het, hierdie pos vir ‘n wit man gegee het.

Amanda ·

Volgende is Pretoria en Johannesburg. Hul gaan aanhou tot die ANC weer oorneem. Als is in elk geval “down the drain” gaan geen verskil maak wie in beheer is.

Riaan ·

Presies Amanda. Die meerderheid munisipale werknemers is anc lede. Jy Sal nooit die enjin glad laat loop nie. Want jy sit heeltyd met hierdie pole wat teen mekaar werk. Ek weet net dat hier in Pretoria het ons erfbelasting meer as verdubbel vandat die DA oorgevat het. WAAR gaan al die geld.

Joe ·

Pretoria is volgende, ek het een keer DA gestem om Pretoria te help wen, maar dit was die laaste, hulle is net so korrup soos ANC. Sal my eie mense, die Vryheids front ondersteun met volgende vekiesing.

Stuiwer ·

Joe, ek wil nou nie jou bubble bars nie, maar die Vryheidsfront gaan nêrens kom nie. Hulle het te min ondersteuners. Jy kan nie meer in SA ‘n party hê wat net vir die wit Afrikaners is nie. Dit is gedoem tot mislukking.

Theresa B ·

So sal hulle aanhou en aanhou, tot hulle hul sin kry. En kyk dieper – wie werk nou eintlik saam met wie en wie ondersteun wie……………… Hulle is almal hand-om-die-blaas op die einde van die dag.

Akademi Buktu ·

Wat die UDM leier Holomisa betref: Hy was mos die Transkei se Big Chief voor die 1994 berkiesing en bestel. Laat hy bietjie verduidelik van die wavrag vol bevorderings van generaals en ander uniformpersoneel net betyds om dan beter poste in die nuwe bedeling te beklee.

Showahed ·

En so gaan ons stad terug na ‘n village run by idiots who are after the money only – they don’t care about Health, Education, Welfare, etc.

Rynhardt ·

Trollip kan nou met mening voel hoe dit is om n slagoffer te wees van radikale transformasie!!???????

Skaap ·

Die DA skip sink vinnig. Vir die goeie mense wat in die DA oorbly. Red julle stemme en skuif na VF of selfs beter #CapeParty#CapeExit toe.

Stuiwer ·

Skaap, om die ANC te kan aanvat, moet jy aan ‘n party behoort wat ‘n kans staan teen die ANC. As mense net wil saamstaan en een groot party stig, sal dit die ANC kan seermaak. Al hierdie klein, splinterpartye verdeel net die stem en gee die ANC indirek, meer mag.

marous ·

Eet maar lekker aan die brousel wat julle saam gekook het .

Tierboskat ·

Die kern van die DA se probleem is dat hy deur ‘n arrogante kliek aan sy neus rondgelei word. Trollip, Steenhuizen, Waters, Mazzone en Zille. “I did it my way” sal die laaste woorde op die DA se grafsteen wees.

Stuiwer ·

Ek bewonder Steenhuizen en Zille vir hul eerlikheid. Was daar maar net meer politici wat nie bang was om hul sê te sê nie.

Optimus Prime ·

Weereens trek die mense aan die kortste end politieke partye het net hulle eie agenda in gedagte diens lewering beter lewens omstandighede ens tel nie vir hulle nie solank hulle eie agenda voordeel trek

Elsa ·

Kan iemand nog mense kwalik neem wat glad nie meer stem nie? Vir wie en wat moet ons stem as geen party hul mooi beloftes nakom nie en almal op die een of ander manier ook maar korrup is?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.