Nuwe Comrades-rekord vir SA’ner

David Gatebe. Foto: Twitter

David Gatebe. Foto: Twitter

ʼn Suid-Afrikaner is weer die Comrades-rekordhouer nadat ʼn Rus in 2007 die Comrades-koning Bruce Fordyce se rekord verbeter het.

David Gatebe, wat in 2013 die Twee Oseane-marathon gewen het, het Sondag se Comrades-marathon in ʼn rekordtyd van 05:18:12 voltooi. Die Rus Leonid Shvetsov se rekord in 2007 was 5:20:41. Fordyce, die negemalige Comrades-wenner, het in 1986 die marathon in ʼn rekordtyd van 05:24:07 afgelê.

Gatebe het nog kans gesien vir ʼn paar opstote nadat hy die wenstreep oorgesteek het.

Nog twee Suid-Afrikaners het kort ná die Gatebe die wenstreep oorgesteek. Ludwick Mamabolo, wat in 2012 die Comrades-marathon gewen het, was tweede oor die wenstreep met ʼn tyd van 05:23:56. Bongmusa Mthembu was derde met ʼn tyd van 5:26:38.

Benewens die feit dat die eerste drie atlete oor die wenstreep Suid-Afrikaners is, het hulle ook al drie die marathon voltooi binne vyf en ‘n half uur – vermoedelik ‘n eerste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sarie ·

Ek is verheug dat die eerste 3 plekke deur Suid-Afrikaners verower is… Geluk manne, dìt wìl gedoen wees…..

Gesiggie ·

Well Done David… baie trots op jou, ek wens ek kon so vinnig soos jy hardloop… dan was ek ook n miljoen rand ryker…. maar ek los dit eerder vir mense soos jy wat kan””….Jy het dit verdien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.