Nuwe Covid-19-gevalle bly laag

(Argieffoto: Ayanda Ndamane/ANA)

Daar is Vrydag weer net 1 400 nuwe gevalle van Covid-19 in die land aangemeld. Kenners was bekommerd dat groot byeenkomste oor Paasnaweek drastiese stygings in nuwe Covid-19-gevalle en uiteindelik ʼn derde koronavirusgolf in Suid-Afrika tot gevolg sou hê.

Dit blyk egter dat die kurwe van nuwe infeksies die afgelope paar dae weer begin afplat het.

In ʼn verklaring Vrydag sê die Wes-Kaapse regering ook dat nuwe gevalle, hospitaalopnames en sterftes in dié provinsie nou afgeplat het. “Dit beteken dat daar geen aanduiding is van ʼn skerp styging in gevalle ná Paasnaweek óf enige aanduidings van ʼn tweede golf nie,” het Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, Donderdag gesê.

Hy sê die aantal mense wat in die hospitaal opgeneem word of weens die virus sterf, bly ook min of meer dieselfde. Hospitale in die provinsie is almal tussen 60% en 90% vol, maar slegs tussen 10% en 20% van beddens wat spesifiek vir Covid-19-pasiënte geoormerk is, is tans in gebruik.

Die persentasie mense in die Wes-Kaap wat positief toets (3,9%) was op 9 April die laagste nog sedert die pandemie in Maart verlede jaar in Suid-Afrika uitgebreek het. Die provinsie het ook net een nuwe sterfgeval weens Covid-19 die afgelope 24 uur aangeteken. Die Wes-Kaap het wel tans die naasmeeste aktiewe gevalle (4 805). KwaZulu-Natal het die meeste, met 5 409 aktiewe gevalle hier aangemeld.

Nog 92 mense landwyd het sedert Donderdag hul lewe weens die virus verloor. Die meeste hiervan was in Noordwes (52), die Oos-Kaap (14) en Gauteng (12).

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Karel Kobus Kruger ·

So dit was toe nie die Armageddon wat deur die bangbroeke voorspel is nie.

Jedi Knight ·

Jip, net n baie erge tipe griep, wat effektief deur natuurlike immuniteit beveg kan word.

Dirk Mostert ·

2% van die normale sterftes oor die 16 maande van die “pandemie”.

MakersMark ·

Armageddon was in Dec 2020 en Jan 2021, mense het intussen geleer om sosiale distansiëring te handhaaf en maskers te dra soos die regering en medici al in April 2020 voorgeskryf het. Ongelukkig het dit 50 000 lewens gekos vir die brawes en domastrantes om te leer.

ouMo ·

Toemaar ontspan …dit is net die TB sterfte syfer wat so hoog is en by die Covid syfer gevoeg is. Min mense het regtig aan Covid beswyk. As die regering regtig erenstig was sou hulle baaaaie meer aandag aan TB gegee het. Moet nie alles glo wat jy lees nie.

MakersMark ·

Regtig – so waar het 500 ton suurstof ‘n dag in Des 2020 en Jan 2021 heengegaan? Gaan kyk na infeksies per dag in Jan en nou. As dit TB was sou dit nog vandag so hoog gewees het. Dink tog verder as die neus lank is.

Thom ·

Mense met kennis EN verstand is nie bangbroeke nie eerder die wat bang is vir groei en vernuwing .

MakersMark ·

Stem saam met jou. Maar dan het jy al die doktorsgrade in mikrobiologie wat 153 m siekes en oor die 3 m dooies wêreldwyd afmaak as “griep” of ” conspiracy theory”.

MakersMark ·

Armageddon was in Des 2020 en Jan 2021 en agv vlaag 1 en 2 se hoë sterftesyfers het mense hopelik geleer om sosiale afstandhouding en dra van maskers te handhaaf so nou bly infeksies laag.

Dirk Mostert ·

Wat ons wel op kan staat maak, is dat daar hierdie winter bitter min indien enige griep of verkoue gevalle gaan wees. Die het reeds ‘n jaar gelede wonderbaarlik van die toneel verdwyn.

Francois ·

Regering wou net weer wys met die inperkings wie is in beheer

MakersMark ·

Ongelukkig is hulle. Daarom word dit die regering genoem.

Jan ·

Maar die absurde, vreesgedrewe en newe-effekbelaaide inentingsveldtog gaan voort ter wille van die geld wat dit genereer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.