Nuwe Covid-19-gevalle heelwat laer as naweek

(Foto ter illustrasie: Brandon Bell / AFP)

Suid-Afrika het Maandag heelwat minder nuwe gevalle van die koronavirus aangeteken in vergelyking met die afgelope naweek.

Luidens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes se jongste verslag is 4 118 nuwe Covid-19-gevalle aangemeld en staan die positiwiteitskoers nou op 14%.

Dit is 1 813 minder as die getal nuwe gevalle wat Sondag (5 931) aangeteken is en 4 293 minder as Saterdag (8 411).

Minder mense is egter Maandag vir die virus getoets (29 365).

Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (28%) aangeteken, gevolg deur die Oos-Kaap (24%) en die Vrystaat (12%). Die Wes-Kaap maak 11% van die getal nuwe Covid-19-gevalle uit, terwyl 9% in die Noord-Kaap, 6% elk in Mpumalanga en Gauteng, 4% in Noordwes en 1% in Limpopo aangeteken is.

Oos-Kaap1 005
Vrystaat484
Gauteng219
KwaZulu-Natal1 163
Limpopo38
Mpumalanga236
Noordwes162
Noord-Kaap377
Wes-Kaap434
Totaal4 118

Minstens 140 779 mense het tans Covid-19, van wie 11 580 (8%) in die hospitaal behandel word.

Altesame 198 Covid-19-verwante sterftes is Maandag aangemeld. Dit is hoër as die aantal sterftes wat Sondag (76) en Saterdag (182) aangeteken is.

Die jongste syfers bring die algehele sterftesyfer op 83 617 te staan.

Minstens 2 824 063 mense in Suid-Afrika het nou al Covid-19 opgedoen, van wie 2 599 667 van die virus herstel het.

 

Luidens die departement van gesondheid se statistieke het minstens 13 673 651 mense al minstens een dosis entstof teen Covid-19 ontvang.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Thom ·

Soos die inentingsprogram vorder ; die regering is veranwoordelik vir hordes van die sterftes met hulle onvermoë om selfs ‘n eenvoudige alhoewel groot taak doeltreffend te verrig .

VaalDonkie ·

Ek wens dit was al somer hier in die Kaap. Ek moet met ‘n kombers sit en werk.

piet ·

Die hoogste piek gedurende die 2de fase was gedurende die somer (begin Januarie).

Belinda ·

ek hoop net nie hulle verslap die lockdown reels nie. want dan gaan die syfers weer klim. die drank verbot kan nog verslap word maar die curfew moet dieselle bly. dis juis wanneer alles weer oop is wanneer die getalle klim. en nou is daar nog n nuwe variant ook. so ons moet maar nie te gou bly raak nie.

Baardman ·

Mense moet hulle laat inent. Die oplossing is nie om inperkings te laat aanhou nie.Hoe gouer almal ingeent word, hoe gouer sal AL die inperkings opgehef word. Kyk maar na die res van die wereld.

Hein ·

Verduidelik asseblief vir my hoe die “curfew” die virus stop sit. Niks is oop in die aande na 10 nie. So hoe help die curfew om die virus te bekamp.

Fritz ·

Want die minister en dominee sê dit bekamp die virus. Ministers en dominees lieg mos NOOIT nie.

Francois Le Cochon ·

Hein, baie eenvoudig. Met inperking beweeg mense minder rond, maw die oordra van die virus is minder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.