Nuwe Covid-19-reëls vir skole, diegene wat positief toets  

(Foto: EMMANUEL CROSET/AFP)

Diegene wat positief toets vir Covid-19 maar geen simptome toon nie hoef te nie meer te isoleer nie.

Daar is Maandag ʼn spesiale kabinetvergadering gehou waartydens wysigings aan vlak 1 van die inperking goedgekeur is. Dit nadat die nasionale koronavirusbevelsraad en die presidensiële koördineringsraad vergader het.

Leerders van hoërskole, laerskole en spesiale skole kan terugkeer na daaglikse bywoning en die vereiste van sosiale distansiëring van 1 m tussen leerders is ook opgehef.

Diegene wat positief toets met simptome hoef nou net vir sewe dae in plaas van tien dae te isoleer en kontakte hoef nie te isoleer nie tensy hulle simptome ontwikkel.

Die ministers van gesondheid en basiese onderwys sal in die komende dae voorskrifte rakende die veranderinge uitreik.

Mondli Gungubele, minister in die presidensie, het in ʼn verklaring gesê die beweegrede vir die wysigings is gegrond op die proporsie mense met immuniteit teen Covid-19 wat aansienlik toegeneem het en wat in verskeie opnames 60-80% oorskry het.

Volgens die departement van gesondheid het die vierde vlaag landwyd tot ʼn einde gekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Leon ·

Tog leef ons nogsteeds onder ‘n ramptoestand wat die kabinet toelaat om links en regs te plunder.

Owlie ·

Wats volgende – die stop van maskers dra???
Dis hoe alles oorsee gedoen is- een trappie op n slag Net nog n sirkus.

Hendrik ·

So hopelik word hierdie ramptoestand ook nie verleng 15 Februarie nie en kan ons wegdoen met hierdie maskers wat in elk geval niks keer nie.

wenz ·

Ag se tog vir my ons hoef nie meer
maskers te dra nie….. Eks al oor dit

Mudguard ·

Wat n klug. So as ek positief toets, maar nie simptome toon nie kan ek niemand aansteek nie. So ek kan met my positiewe uitslag gaan werk. Die hele ramptoestand is n pot snot.

Dirk Mostert ·

Nou word uiteindelik erken dat die wat positief toets sonder simptome kan niemand aansteek nie . Dis lankal in Wuhan bewys. Waarom hoegenaamd laat toets as jy niks makeer nie? Hou op toets dan is daar geen pandemie nie. Aan die ander kant, as jy geent is kan jy steeds aansteek, soos Kanada se Tredoux pas bewys het. Waarom hoegenaamd ent?

VaalDonkie ·

Maar die besighede stoomroller voort met hul mandate. Want logika en grondwette geld mos nie in die raadsaal nie. Ons word al klaar meegedeel dat ons glad nie by die makietie hierdie maand mag opdaag as ons nie ten volle ge-ent is nie. Selfs nie eens mense wat voorheen COVID gehad het en nou ten volle immuun is, word toegelaat nie. Want net die heilige sertifikaat word by die deur aanvaar. Maar dis seker maar beter so. Laat hulle mekaar aansteek, ek sal op Teams kyk hoe hulle mekaar gelukwens.

Robert ·

Hulle gaan die vrugte pluk van hulle onbesonne ingrype in menseregte.

Piet ·

Die probleem hier, is dat die ramptoestand nie opgehef is nie!!

Andre ·

Dit klink of daar wêreld-wyd ander verskonings gesoek word.

Alleen Wolf ·

Hulle kon net sowel WHA! gese het, beteken dieselfde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.