Nuwe Covid-19-regulasies ter elfder ure aangekondig  

(Argieffoto: Unsplash)

Regulasies oor die dra van maskers, byeenkomste en internasionale reisigers wat die land binnekom is Woensdagaand gepubliseer, kort voordat die oorgangsmaatreëls wat gegeld het sou verval nadat die ramptoestand opgehef is.

Volgens dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, is “beperkte regulasies” in die Staatskoerant gepubliseer om te verseker dat daar “geen gaping in terme van wetlike instrumente is om die verspreiding van Covid-19 te beperk nie”. Dié regulasies is reeds van krag nadat die oorgangsregulasies wat gegeld het nadat die ramptoestand verlede maand opgehef is, Woensdag om middernag verval het.

Gesigsmaskers moet steeds binnenshuis in openbare plekke gedra word, en by die gebruik van enige vorm van openbare vervoer. Dit geld nie vir kinders in skole nie.

Byeenkomste word intussen duideliker gedefinieer as ʼn beplande samekoms of vergadering by ʼn spesifieke plek en waarby meer as 100 mense betrokke is.

Vir enige binnenshuise en buitelug byeenkomste mag ʼn maksimum van 50% van die plek gevul word mits elke aanwesige teen Covid-19 ingeënt is en ʼn geldige inentingsertifikaat lewer. Alternatiewelik moet aanwesiges ʼn geldige negatiewe Covid-19-toetsuitslag kan lewer wat nie ouer as 72 uur voor die datum van die byeenkoms is nie

Indien daar nie aan dié vereistes voldoen kan word nie, sal bywoning beperk word tot 1 000 mense of 50% van die plek se kapasiteit, wat ook al kleiner is, terwyl die bywoning van ʼn buitelug byeenkoms beperk sal word tot 2 000 mense of 50% van die kapasiteit, wat ook al kleiner is.

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Alle internasionale reisigers wat in Suid-Afrika aankom, moet teen Covid-19 ingeënt wees en ʼn geldige inentingsertifikaat kan toon of ʼn geldige negatiewe Covid-19-toetsuitslag van nie ouer as 72 uur voor die vertrekdatum kan verskaf nie.

Alternatiewelik het reisigers ʼn ander opsie om ʼn geldige negatiewe antigeen Covid-19-toetsresultaat te lewer wat uitgevoer word deur ʼn mediese praktisyn, geregistreerde openbare gesondheidsowerheid of geakkrediteerde/goedgekeurde laboratorium wat nie langer as 48 uur voor die vertrekdatum verkry is nie.

In ʼn geval waar ʼn internasionale reisiger nie ʼn inentingsertifikaat of ʼn negatiewe Covid-19-toetsuitslag kan lewer nie moet die persoon antigeentoetsing by die plek van aankoms ondergaan. Indien die persoon positief toets vir Covid-19 sal hy of sy steeds in die land toegelaat word, maar as die reisiger simptome van Covid-19 ervaar moet hulle vir ʼn tydperk van tien dae ná aankoms in Suid-Afrika in self-isolasie gaan. Die inenting- of toetsvereiste is egter nie van toepassing op reisigers wat onder die ouderdom van 12 jaar is nie en ook nie op daaglikse pendelaars van buurlande nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

62 Kommentare

jongste oudste gewildste
agnes

Maskers het nog nooit en sal ook nooit n VIRUS keer nie.
Maskers keer wel KIEME, en daarom is dit medies belaglik om maskers te verplig aangesien Corona deur virusse veroorsaak word. Die meeste gedraagde maskers is in elk geval al so vol kieme en vuil dat dit juis siektes versprei Maskers gee net voordeel vir kriminalieit omdat dit die gesig versteek

Gerhard

Dit is absoluut absurd dat die regering ons steeds soos kinders wil hanteer. Hulle gee duidelik nie om vir ons en ons ekonomie nie. Mense moet natuurlike immuniteit opbou na die lang tydperk van maskers dra. Nee jissie, ons sit sonder krag, brandstof is belaglik hoog en die prys styg al meer. Baie snaaks dat die “syfer” skielik paar dae gelede begin styg het, natuurlik net om hulle die geleentheid te gee om die regulasies te “regverdig”. Nie te min, dit is al lankal tyd dat ons saam moet staan teen die regering wat ons land so in sy dinges… Lees meer »

Jacob

Is die regulasies uitgedink in ‘n gekkeparadys aangesien; 1. Dit herhaaldelik bevestig is dat maskers nie verspreiding en infeksie deur die virus (enige virus) keer nie. 2. Inenting nie die voorkom dat Covid 19 opgedoen kan word nie. 3. Inenting nie Covid 19 aansteeklikheid laat afneem nie. 4. Inenting nie voorkom dat die virus verprei nie. 5. Inenting baie tydelike en twyfelagtige “beskerming” bied. 6. Ons reeds in ‘n endemiese staat van Covid 19 is en die Omicron variant kan met ‘n griep vergelyk word volgens etlike internasionale, betroubare bronne. 7. ‘n Geskatte meer as 80% van Suid Afrikaners ‘n… Lees meer »

Jean

Ek hoop Afriform kan iets hier gedoen kry, die raak nou belaglik.

Lillian

Die mense in hierdie land sal julle wys wie is nou eintlik die baas! Julle kan nou maar in jul [email protected] vlieg!