Nuwe Covid-19-regulasies ter elfder ure aangekondig  

(Argieffoto: Unsplash)

Regulasies oor die dra van maskers, byeenkomste en internasionale reisigers wat die land binnekom is Woensdagaand gepubliseer, kort voordat die oorgangsmaatreëls wat gegeld het sou verval nadat die ramptoestand opgehef is.

Volgens dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, is “beperkte regulasies” in die Staatskoerant gepubliseer om te verseker dat daar “geen gaping in terme van wetlike instrumente is om die verspreiding van Covid-19 te beperk nie”. Dié regulasies is reeds van krag nadat die oorgangsregulasies wat gegeld het nadat die ramptoestand verlede maand opgehef is, Woensdag om middernag verval het.

Gesigsmaskers moet steeds binnenshuis in openbare plekke gedra word, en by die gebruik van enige vorm van openbare vervoer. Dit geld nie vir kinders in skole nie.

Byeenkomste word intussen duideliker gedefinieer as ʼn beplande samekoms of vergadering by ʼn spesifieke plek en waarby meer as 100 mense betrokke is.

Vir enige binnenshuise en buitelug byeenkomste mag ʼn maksimum van 50% van die plek gevul word mits elke aanwesige teen Covid-19 ingeënt is en ʼn geldige inentingsertifikaat lewer. Alternatiewelik moet aanwesiges ʼn geldige negatiewe Covid-19-toetsuitslag kan lewer wat nie ouer as 72 uur voor die datum van die byeenkoms is nie

Indien daar nie aan dié vereistes voldoen kan word nie, sal bywoning beperk word tot 1 000 mense of 50% van die plek se kapasiteit, wat ook al kleiner is, terwyl die bywoning van ʼn buitelug byeenkoms beperk sal word tot 2 000 mense of 50% van die kapasiteit, wat ook al kleiner is.

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Alle internasionale reisigers wat in Suid-Afrika aankom, moet teen Covid-19 ingeënt wees en ʼn geldige inentingsertifikaat kan toon of ʼn geldige negatiewe Covid-19-toetsuitslag van nie ouer as 72 uur voor die vertrekdatum kan verskaf nie.

Alternatiewelik het reisigers ʼn ander opsie om ʼn geldige negatiewe antigeen Covid-19-toetsresultaat te lewer wat uitgevoer word deur ʼn mediese praktisyn, geregistreerde openbare gesondheidsowerheid of geakkrediteerde/goedgekeurde laboratorium wat nie langer as 48 uur voor die vertrekdatum verkry is nie.

In ʼn geval waar ʼn internasionale reisiger nie ʼn inentingsertifikaat of ʼn negatiewe Covid-19-toetsuitslag kan lewer nie moet die persoon antigeentoetsing by die plek van aankoms ondergaan. Indien die persoon positief toets vir Covid-19 sal hy of sy steeds in die land toegelaat word, maar as die reisiger simptome van Covid-19 ervaar moet hulle vir ʼn tydperk van tien dae ná aankoms in Suid-Afrika in self-isolasie gaan. Die inenting- of toetsvereiste is egter nie van toepassing op reisigers wat onder die ouderdom van 12 jaar is nie en ook nie op daaglikse pendelaars van buurlande nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

agnes ·

Maskers het nog nooit en sal ook nooit n VIRUS keer nie.
Maskers keer wel KIEME, en daarom is dit medies belaglik om maskers te verplig aangesien Corona deur virusse veroorsaak word. Die meeste gedraagde maskers is in elk geval al so vol kieme en vuil dat dit juis siektes versprei Maskers gee net voordeel vir kriminalieit omdat dit die gesig versteek

Alfred E Neuman ·

Kan jy asseblief n paar voorbeelde van KIEME gee.

MakersMark ·

Kiem, virus, bakterieë………hoor die klok lui maar….

Andre ·

Die klok wat jy hoor is die kasregister. Hoor jy hoe aanhoudend lui dit?

Kiepie ·

KIEME is die algemene versamelnaam vir goed soos VIRUSSE, bakterië en ander siekte draende organismes. Om te sê ‘n masker kan kieme keer maar nie virusse nie is soos om te sê materiaal kan vloeistof keer maar nie water nie.

Gerhard ·

Dit is absoluut absurd dat die regering ons steeds soos kinders wil hanteer. Hulle gee duidelik nie om vir ons en ons ekonomie nie. Mense moet natuurlike immuniteit opbou na die lang tydperk van maskers dra. Nee jissie, ons sit sonder krag, brandstof is belaglik hoog en die prys styg al meer. Baie snaaks dat die “syfer” skielik paar dae gelede begin styg het, natuurlik net om hulle die geleentheid te gee om die regulasies te “regverdig”. Nie te min, dit is al lankal tyd dat ons saam moet staan teen die regering wat ons land so in sy dinges maak.

Chantel ·

Ons almal is op een of ander manier geraak deur hierdie besluit, maar jou stelling dat dit skielik begin skyg het, hoop ek jy werk in ‘n hospitaal. Ons sien DAAGLIKS nuwe getalle. So dis nie ‘n opmaak storie nie.

Gerhard ·

Ek het nie bedoel om enigsins op iemand se tone te trap nie en dit is my opinie en dwing my opinie op niemand af nie. Net vreemd en natuurlik tot my opgewondenheid dat C-19 nie meer kinders aanval nie, aangesien hulle nie meer maskers in die klas hoef te dra nie (waaroor ek natuurlik baie bly is, want ek het nog n kind op skool), maar dit raak wel die grootmense in winkels en in werksplek. So, ek wil nie hierdie soos n aanval laat blyk nie, maar, ek voel regtig hierdie is absoluut absurd dat die regering ons so wil inperk en beperk. Wat die syfer aanbetref, ek weet dit word opgeblaas, en nee ek werk nie in n hospitaal nie.

Nommer 7 ·

Chantel, u probeer verniet. My narkotiseur familielid sal volkome met u saamstem.

Michael ·

Vir eeue styg die hospitaalopnames hierdie tyd van die jaar. Dis niks nuut nie. Soos die CDC self verlede jaar erken het kan die PCR toets nie toets vir die “virus” nie so al jul positiewe toetse is EEN GROOT LEUEN WAARMEE JULLE MENSE MET VREES VERVUL-ONNODIGLIK!

Jacob ·

Is die regulasies uitgedink in ‘n gekkeparadys aangesien;
1. Dit herhaaldelik bevestig is dat maskers nie verspreiding en infeksie deur die virus (enige virus) keer nie.
2. Inenting nie die voorkom dat Covid 19 opgedoen kan word nie.
3. Inenting nie Covid 19 aansteeklikheid laat afneem nie.
4. Inenting nie voorkom dat die virus verprei nie.
5. Inenting baie tydelike en twyfelagtige “beskerming” bied.
6. Ons reeds in ‘n endemiese staat van Covid 19 is en die Omicron variant kan met ‘n griep vergelyk word volgens etlike internasionale, betroubare bronne.
7. ‘n Geskatte meer as 80% van Suid Afrikaners ‘n vorm van natuurlike immuniteit, die enigste doetreffende immuniteit, teen die virus ontwikkel het.

Dan vra ek Dr Phaahla om te verduidelik;
1. Waarom kinders onder 12 jaar oud nie die virus sal versprei nie?
2. Waarom daaglikse pendelaars van buurlande nie die virus sal verprei nie?

Die belaglikheid ken nie einde nie.

De Villiers ·

Ai ou Piet, hulle het jou lekker geflous!

Ons Afrikaners kan darem maklik skape wees.

Dit is hartseer!

Gerhard ·

So bek kort jam…….ek vra presies dieselfde vrae. Daarom my stelling dat die regulasies en inentings, mense wat hulle werk verloor omdat hulle nie inenting ontvang het nie en ek ken hele paar van hulle, wat die 35% werkloosheid net gaan vererger. Die regering kan nie verder dink as wat hulle, kopdoeke hoog sit nie. Dom besluite…….

Michael ·

Covid het nog nooit oor ons welstand gegaan nie maar oor beheer van die wereldbevolking-wanneer gaan mense dit nou begin verstaan

Jean ·

Ek hoop Afriform kan iets hier gedoen kry, die raak nou belaglik.

Lillian ·

Die mense in hierdie land sal julle wys wie is nou eintlik die baas! Julle kan nou maar in jul m@ere vlieg!

Ilze ·

Ons moet nog tot 2024 met die gemors opgeskeep sit. Ek hoop en bid dat die verkiesing van 2024 finaal van die spul sal ontslae raak.

Jakkie ·

Ek weier om verder na hulle reëls en regulasies te luister!!! My probeer beheer ens!!!

Nommer 7 ·

Jakkie, dis ook wat taxi bestuurders van die padreels se^.

Sarie ·

So. As jy n masker dra en die jab gekry het, en ek nie, is ek nog steeds n gevaar vir jou?

Marius ·

Soos gewoonlik word ondeurdagte en onsinnige besluite gemaak. Die gevolg is reëls, regulasies en wette wat nog minder sinmaak. Die feit dat dit deurgevoer is in middernagtelike ure is ‘n bewys dat die regering geen beheer oor landsake het nie. Die anc moet waai !!!

Die Skim 007 ·

So my vrou en helfte van die kinders moet gaan. Slegs 50% binnenshuis….LOL>>>>>

Frank John ·

Die land was beter in die vorige bedeeling. Hulle kon net apartheid afgestel het en alles sou nog werk. Demokrasie is eintlik net swak bestuur en Bestuurders. Mense sonder die regte opleiding en opvoeding wat net vir hulself omgee en net werk aan hul eie verrykking kan nie in beheer wees van ander se geld en belange nie. ‘n hond kan nie aangestel word om vleis op te pas waneer hy honger is nie al is die vleis daar vir ander honde nie. Net so kan jy nie skelms aan stel om ander se geld op te pas en toe te pas namens hulle as sy/haar eie begeerte na geld nie bevredig is nie.
Integriteit is nie in almal nie.

Sarie ·

Die vorige bedeling was afgeskaf want hierdie was reeds in beplanning.

Manie ·

Die tragedie is dat bitter min vir die 80% verbeter het, terwyl die room van die 80% net na hulself kyk.

Cobus ·

As mens dan kerk byeenkoms beskou as ‘n beplande byeenkoms, sal diegene waarteen gediskrimineer word, elke keer voor kerk die toets moet doen (as dit’ n groot – 1000+ gemeente is). Dit, terwyl die volle gespuites steeds die virus kan kry, kan siek word en ander kan aansteek. Sat vir hierdie tipe, ondeurdagde, diskriminerende, regulasies. Sê Phala vir hoe lank dit gaan aanhou?

Sarie ·

Jy noem kerk. Wat van restaurante ens. Hulle moet werk vir hulle geld. Dit word nie, soos met kerke, elke maand sommer ge eft nie.

De Villiers ·

Dit is baie duidelik jy het geen idee hoe kerk finansies werk nie…

Sarie ·

Ja. Debiet orders. EFt ens. Alles om “hemel toe te gaan”

Boer ·

So waar kinders op skool meer as 30 in n klas sit hoef nie maskers te dra nie maar ek wat in n oop plan kantoor sit wat groter is as n skool klas kammer waar ons net 10 mense in die kantoor is moet n masker dra. Belaglik.

Cobus ·

Sal ons dan ook aanneem dat die virus by kinders onder 12j, glad nie aansteeklik is of deur die normale kanale verprei kan word nie. Belaglik!

Alta Alleman ·

 ook nie op daaglikse pendelaars van buurlande nie.

I REST MY CASE.

Carin ·

Op grond van watter ingetekende wetgewing is hierdie regulasies afdwingbaar? Die Disaster Management Act geld nie meer nie. En die National Health Act se veranderinge is steeds oop vir publieke kommentaar – dus nie ingeteken nie en dus nie van toepassing nie. Of sit ek die pot mis?

Verder, wat is die logiese argument rondom toetsing van slegs ongespuites? Moet gespuites nie ook negatiewe toetse toon nie? Hulle kan mos ook die virus kry en versprei… Of sit ek weereens die pot mis?

OneWheel ·

Die clowns het dit net voor middernag deel van die Wet op Gesondheid se regulasies gemaak, deur dit in die Staatskoerant te publiseer. Interessant genoeg is versuim om ‘n masker te dra, geen misdryf volgens Art 89 (1) of (2) van die wet nie en geld die wet se strawwe nie tov die (nie) dra van maskers nie. Hoe gaan hulle die dra van maskers nou afdwing?

Nommer 7 ·

OneWheel, die clowns se besluit sal verseker daartoe lei dat iemand onbekend, wie ek en jy nie ken nie, se lewe gespaar sal word.

Gerhard ·

Nee, jy sit nie die pot mis nie……..dit is belaglik, n sirkus. Ek wens net die Suid-Afrikaners kan saamstaan en die flippen regering omver werp.

Andre ·

As kinders op skool nie maskers nodig het nie, wat is die veskoning vir hulle spuite?

OneWheel ·

Die clowns het dit net voor middernag deel van die Wet op Gesondheid se regulasies gemaak, deur dit in die Staatskoerant te publiseer. Interessant genoeg is versuim om ‘n masker te dra, geen misdryf volgens Art 89 (1) of (2) van die wet nie en geld die wet se strawwe nie tov die (nie) dra van maskers nie. Hoe gaan hulle die dra van maskers nou afdwing?

Jaco ·

Vir hoe lank? ‘n Paar maande, ‘n jaar, ‘n paar jaar? Of is dit permanent? Is dit die nuwe normaal?

VaalDonkie ·

Ja oukei ek het nie ‘n erge probleem met die regulasies nie. As ek nou moet eerlik wees.

Miskruier ·

Mnr R was uiters teleurgesteld dat die nuwe vaksien aanleg van Aspen nie bestellings ontvang nie. Van wanneer af moet mense soveel gevaks word,oorleef ons nie al duisende jare daarsonder nie? Word gesond leef en eet nie aangemoedig nie, dit terwyl die meeste covid dooies oorgewig was en onderliggende siektes gehad het.
Word wakker mense, ek sien nie kans vir n toekoms waar ons soos slagskape elke half jaar ons mou moet oprol nie.

Gerhard ·

Wel, ek is nie ingeent nie, ek gaan my ook nie laat inent nie, so basta met hulle. Ek gaan sit liewer alleen iewers in die karoo op die vlaktes as wat ek die gif in my laat inspuit. Enige iemand met n Karoo plaas? Ek het n karavaan….

Carin ·

Ek self het gedink daaraan om met my gesinnetjie woestyn toe te trek. Iewers naby ‘n oase sodat ons darem water het.

Koen ·

Daar aan die weskus is so plek. Gaan net asb en kry end met jou geteem. Sal al my geld wed dat jy drink, rook en al die kinder inspuitings gehad het. Alles gif mos.

Pietertjie ·

Soos alles wat die regering probeer aanpak. ‘n Halfgebakte ding net om die onvermydelike ‘n bietjie uit te stel.

Ilze ·

Die ANC het vinnig hulle deuntjie verander toe die AFRIFORUM hofsaak oor die verlenging van die ramptoestand ter sprake was. Hulle is nou toegegooi met hofsake

Amelia ·

Hierdie reëlings is totaal en al verregaande. Europa is besig om van hulle inentings vereistes ontslae te raak en baie lande is lankal klaar met maskers, so wat gaan nou hier aan?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.