Nuwe Covid-variante geen verrassing

In Suid-Afrika is sowat ʼn kwart van die volwasse bevolking nou ten volle ingeënt. (Foto: Daniel Leal/AFP)

Die nuwe Omikron-variant van Covid-19 wat onlangs geïdentifiseer is, was nie die goeie nuus waarop Suid-Afrikaners dié feestyd gehoop het nie, maar ʼn kenner sê dat die skerp styging in gevalle nie onverwags is nie.

Dr. Jacques Snyman, ʼn kliniese kenner en mediese raadgewer vir die Health Squared- mediese fonds, sê Suid-Afrika het wêreldleiers op die gebied van Covid-19-navorsing met die vaardighede en kennis om nuwe variante te identifiseer.

“Enige virale infeksies kom in vlae. Aan die begin versprei ʼn nuwe virus soos Covid-19 vinnig omdat baie min mense natuurlike immuniteit daarteen het. Soos meer mense gaandeweg die infeksie opdoen of ingeënt word, verhoog ons immuniteit en die golf bedaar.

“Sodra die virus egter in nuwe variante muteer, begin die vlaag weer. Dit gaan aanhou gebeur tot ons kudde-immuniteit bereik wat keer dat nuwe variante mense besmet. Ongelukkig is ons nog nie naby kudde-immuniteit nie en kan ons dié vlae nog geruime tyd verwag,” sê Snyman.

In Suid-Afrika is sowat ʼn kwart van die volwasse bevolking nou ten volle ingeënt. Snyman sê in verskeie Europese lande – waar veel meer mense as in Suid-Afrika reeds ingeënt is – was koronavirusgevalle die afgelope paar maande baie hoog en selfs rekordhoog.

“In vergelyking met die eerste en tweede vlae het die sterftekoers gelukkig skerp gedaal terwyl die inentingskoers groei. Covid-19 hou egter steeds ʼn beduidende gesondheidsrisiko in en moenie ligtelik opgeneem word nie.”

Snyman meen egter Suid-Afrika is nou in ʼn veel beter posisie as voorheen om nuwe variante te trotseer omdat mense teen hierdie tyd reeds bekend is met die voorkomingsmaatreëls. Die vraag moet egter gevra word of mense dit nog getrou nakom en of hulle hulself en ander in gevaar stel.

Hy sê hoewel daar steeds heelwat onsekerheid oor die Omikron-variant is, is nuwe variante nie ʼn verrassing nie omdat RNA-virusse soos Covid-19 gewoonlik vinnig muteer en die nuwe variante skep. Sommige van dié mutasies verdwyn vinnig, maar ander oorleef en infekteer mense.

Omikron is een van dié mutasies wat oorleef en toe begin versprei het – maar Snyman sê dit is te vroeg om te voorspel presies hoe die nuwe variant gaan optree.

“Voorlopige data dui daarop dat dit meer oordraagbaar is, wat beteken dit kan vinniger versprei – vinniger as die ander variante wat ons tot dusver gesien het. Dit is moeilik om die intensiteit so vroeg in die vierde vlaag te voorspel omdat meer data daarvoor benodig word.”

Snyman sê dit is intussen raadsaam om billike voorsorgmaatreëls te tref. Hy meen die Covid-19-entstowwe wat tans beskikbaar is in kombinasie met nie-farmaseutiese ingrypingsmaatreëls, is die beste beskikbare metodes om gevare te beperk.

Hy het ʼn beroep op mense gedoen om teen Covid-19 ingeënt te word, of ʼn bykomende dosis van die entstof te kry sodra hulle daarvoor in aanmerking kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Alexander ·

Lees nou mooi daarso… moenie sommer net hieronder kom “rant” nie :D

Anoniem ·

Die kundige reken dat kudde immuniteit wel bereik kan word, so wat is die waarheid rondom kudde immuniteit?

VaalDonkie ·

Die waarheid is dat jy nie kudde-immuniteit gaan bereik teen ‘n tipe virus wat vinnig muteer nie. Soos bv die koronavirusse wat griep veroorsaak. Jy kan net hoop dat as jy hom vang, jy gereed is om hom te beveg en dat jy in geval van SARS-CoV-2 nie die allergiese reaksie en sepsis ontwikkel nie. Of ten minste vroeg genoeg met behandeling begin sodat jy nie hospitaal toe gestuur word om in ‘n hoekie dood te gaan nie.

Rayman ·

Ingeënt of on-ingeënt, wat is die verskil vir kudde immuniteit as almal dan die virus versprei, so die inentings werk dan niks, wie versprei die nuwe variant die wat ingeënt is, want jy mag mos nie oorsee gaan of travel as jy nie ingeënt is nie

Francois Le Cochon ·

Rayman, lees weer. Die dok stel dit onomwonde dat inentings sterftes verminder. Hoe meer van die een, hoe minder van die ander.

Johan ·

Die “Dok” en sy maatjies soos jy kan die gekerm maar los. Eks klaar met julle. Jul vernietig ons vermoë om kos op die tafel te sit asof dit niks beteken om n ekonomie te hê nie….so gaan vang n haan en doen jul werk.

MakersMark ·

Wees maar kwaad vir die virus. Medici vat nie jou vermoë om geld te verdien weg nie. Deur die eeue van menslike bestaan het plae, oorloë, politieke inmenging en gebeurtenisse, weërpatrone, aardbewings die mens se welvaart beinvloed. Dis maar risikobestuur wat toegepas moet word. Medici doen van die mees ondankbare en edel beroepe.

Rayman ·

Dit antwoord nie die vraag nie, niks met sterftes uit tewaai nie, die inspuitings maak nie die virus dood nie, so almal kan dit versprei so dit sal nooit ophou nie, die vaxers sal altyd spuit tot jou arm vol gate is en jy sal nog steeds die virus versprei

MakersMark ·

Dit het alles met sterftes en oorlading van die mediese dienste uit te waai.

piet ·

Oral ter wereld bewys dit werk maar ons leke “dokters en wetenskaplikes” op Maroela dink anders. Koppies haak vas op die “maar jy kan steeds aansteek”. Klipkoppies bly onder die sand ten opsigte van die laer hospitaal en sterftekoers, wil niks daarvan hoor nie.

MakersMark ·

Mense glo wat hul wil. Nie noodwendig feite nie. Verskoning is feite soos bv. CV19 statistieke is “gekook”.

Lood ·

Wanneer gaan die media die moed kry om die waarheid te praat oor die hele Covid debakel. Volgens ‘n klomp bronne is die meeste mense wat in Europa in hospitale beland met Covid die wat “ten volle ge-ent” is. Die wat die sg entstof gekry het kry steeds Covid, dra dit steeds oor en sterf steeds daarvan. Van watse “kudde immuniteit” word daar gepraat? Die enigste mense wat immuniteit het is die vervaardiger van die entstof. Jy kan hulle nie aankla vir enigiets wat met jou gebeur as gevolg daarvan nie.

Pietertjie ·

Hoe gaan mens kudde-immuniteit verkry as die virus aanhoudend muteer? In die eerste plek is Covid nie nuut nie, dis ‘n SARS-COV-2 virus, wat ook griep veroorsaak. En in die tweede plek kry mense al vir duisende jare griep, en geen kudde-immuniteit is nog daarvoor bereik nie. Covid gaan nie anders wees nie, behalwe dat dit oor tyd miskien ‘n natuurlike dood sterf.

MakersMark ·

“die sterftekoers gelukkig skerp gedaal terwyl die inentingskoers groei”. Vanaf ‘n mediese dokter. Niks verder te sê nie.

Frank John ·

25mil is nie net ‘n kwart van die bevolking nie. Ons het nie ‘n 100mil mense in die land nie. Immuniteit kan net gekry word deur jou liggaam wat die virus effektief kan weerstaan en jou gesond hou. Die immuniteit wat hulle van praat is dit wat hul met hul inspuiting probeer bewerkstellig. Wetenskaplike beheerde Immuniteit nie die natuurlike nie soos God die liggaam gemaak het siekte te weerstaan en jouself te genees nie.

Genis ·

Ek dink dit kan wel wees, met die hele Afrika in RSA…is dit dalk min geskat….

Nicki ·

Hier is van die variante/ mutasies wat reeds in 20 maande gelys is:
Alpha (lineage B.1.1.7); B.1.1.7 with E484K)
Beta (lineage B.1.351)
Gamma (lineage P.1)
Delta (lineage B.1.617.2)
Omicron (lineage B.1.1.529)
Lambda (lineage C.37)
Mu (lineage B.1.621)
Epsilon (lineages B.1.429, B.1.427, CAL.20C)
Zeta (lineage P.2)
Eta (lineage B.1.525)
Theta (lineage P.3)
Iota (lineage B.1.526)
Kappa (lineage B.1.617.1)
B.1.1.207
B.1.1.317
B.1.616
B.1.618
Ander Merkwaardige Mutasies
del 69-70
RSYLTPGD246-253N
N440K
G446V
L452R
Y453F
S477G/N
E484Q
E484K
F490S
N501Y
N501S
D614G
Q677P/H
P681H
P681R

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.