Die parlement het Sondag gesê die datum wanneer ʼn mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma gedebatteer sal word, is verander.
Maroela Media het vroeër berig Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, het Vrydag in ʼn verklaring bevestig die mosie sal op 3 Augustus in die parlement gedebatteer word. Mothapo het egter Sondag gesê die datum is na 8 Augustus toe geskuif.
“Tydens die aanvanklike gesprekke en vasstelling van die datum is daar nagelaat om in ag te neem dat die kabinet-lekgotla reeds vir daardie week vasgestel is,” het Mothapo in die verklaring gesê.
Hy het gesê politieke partye het steeds tyd tot 14 Julie om hul insette oor die stemproses in te dien vir speaker Baleka Mbete se oorweging.
Die konstitusionele hof het op 22 Junie bevind dat Mbete verkeerd was toe sy gesê het sy is nie by magte om te besluit oor ʼn geheime stemming nie. Die hof het beslis dat Mbete nou weer ’n besluit moet neem op grond van die uitspraak.
Hoofregter Mogoeng Mogoeng het gesê daar is geen regsgronde waarvolgens die hof die speaker kan dwing om op ’n geheime stemming te besluit nie.
Mothapo het Vrydag gesê die speaker het nog nie besluit of die mosie van wantroue met ʼn oop of geheime stemming beslis sal word nie en sal die verskillende politieke partye se insette hieroor oorweeg voordat sy ʼn besluit sal neem.
kan iemand vir my verduidelik hoekom die woord lekgotla oral in afrikaanse artikels opduik
dit is a kabinets-vergadering in afrikaans en ek verkies dat daardie lekgotla woord bly in die taal waar dit hoort , ek weet dit klink so afro-cool om dit gebruik maar dit irriteer my grensloos
net so. ons het wragtig genoeg pragtige Afrikaanse woorde om te gebruik.
Ja asb MM
Daarshy Johnny_Walker, in die kol.
Hulle hoort almal in die kot ja,,,Stem saam J. Walker
Klink vir my al meer of ons verskoning v n speaker probeer om vir tyd te speel… Kan mens nie sommer v haar ook ontslae raak nie?
Netso Hanna! Ek stem saam, sy speel vir tyd en hoop dat die probleem vanself sal weggaan.
Is MM nie maar besig om te wys waar hulle lojaliteit lê nie?
Ek ondersteun al die kommentators van vandag. Asseblief, MM, julle moet tog asb aandag skenk aan julle ondersteuners se besware en voorkeure.