Nuwe datum vir Oscar se vonnis

Oscar Pistorius. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Oscar Pistorius. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Die voormalige Paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, sal nie meer in April vir die moord van sy meisie, Reeva Steenkamp, gevonnis word nie.

Die kantoor van die hoofregter het Woensdag in ʼn verklaring gesê Pistorius se vonnisverrigtinge is na Junie verskuif. “Die datum 18 April 2016 was voorlopig vasgestel hangend mnr. Pistorius se aansoek om appèl. Die vonnisverrigtinge sal nou DV van 13 tot 17 Junie 2016 by die hooggeregshof in Pretoria plaasvind,” lui die verklaring.

Pistorius se versoek aan die konstitusionele hof om teen sy skuldigbevinding aan moord te appelleer, is vroeër vandeesmaand van die hand gewys. Dit het gevolg nadat die hoogste hof van appèl op 3 Desember verlede jaar besluit het om sy skuldigbevinding van strafbare manslag na moord om te keer.

Die hooggeregshof het hom ʼn paar dae later vrygelaat op borgtog van R10 000, beveel dat hy elektronies gemonitor moet word en slegs binne ʼn radius van 20 km van sy oom se huis in Waterkloof, Pretoria, mag beweeg.

Hy bly al sedert Oktober 2015 by sy oom sedert hy uit die tronk vrygelaat is nadat hy minder as ʼn jaar van sy vyf jaar vonnis uitgedien het – op die aanklag van strafbare manslag waarop hy oorspronklik skuldig bevind is.

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Victor ·

Kom ons hoop hy word gevonnis deur die hof soos enige ander misdadiger wat skuldig bevind was aan moord. Snaaks dat die spul Pistorius ondersteuners nie so kerm en kreun oor onskuld van enige ander moordenaar nie

Anti-Haas ·

Jy kan maar uitstel en uitstel……… Die tronk wag en dan is jy alleen om vir ten minste 10 jaar te dink oor wat daardie dag werklik gebeur het toe jy daardie pragtige vrou se lewe ONREGMATIG geneem het. Dalk verander jou arrogansie ook en word jy normale mens……

jaco ·

Hy moes net van die begin af eerlik gewees het. Wat ek vermoed is dat hy vir Reeva gekonfronteer het omdat sy 2 dae voor Valentysdag saam met ‘n vorige boyfriend op ‘n koffie-date gegaan het. Tydens hierdie konfrontasie, het Oscar se jaloesie en woedebuie toe seker die oorhand gekry, een ding het tot ‘n ander gelei en uiteindelik het hy Reeva geskiet.
Dis net my teorie. Ek sê nie dis waar nie.
Dis tog vreemd dat hierdie koffie-date skaars tydens die verhoor gemeld is.
Waarom was Reeva ook so onsensitief om vir Oscar te sê van die koffie-date met die ex-boyfriend? As mens in ‘n verhouding is maar jy is onseker en wil “agterdeure” oophou, doen dit dan so dat jou huidige ou te minste nie daarvan weet nie. Enige man sal seergemaak en nie meer goed genoeg nie voel as sy girl vir hom sê van ‘n koffie-date met ‘n ex.
Waar kom hierdie nonsens van “ek is nog vriende met die ex” anyway vandaan? Waar is commitment?

Vic ·

Ai ou Jaco, dit klink darem baie insecure, broer. Baie mense kan vriendsksp met n ex, sowel as n nuwe verhouding goed hanteer. Klink so of jy nou wil se dis die girl se skuld dat sy geskiet is?

Victor ·

Ons hoef nie te oordeel nie – dis die hof se werk en dis presies wat die hof gedoen het. Gaan post jy dieselfde ding op artikels oor ander moordenaars? Of net artikels oor Oscar?

Frederik ·

Oscar word, soos Sylvester, elektronies gemonitor. Wel , sylvester het steeds ontsnap.

André ·

Lyk vir my Sylvester het meer tussen die ore. Hulle sukkel om hom op te spoor……tracker en al.

Julius ·

As Oscar ‘n goeie advokaat het sal hy nie vir moord gevonnis word nie. Dit is ongrondwetlik om iemand wat reeds gevonnis is , dan later vir iets anders te vonnis. Ek hoop hy kom vry, want hy het reeds geboet vir sy daad.

sannie ·

Ek voel dieselfde Julius en hoop iemand geleerd in sulke sake, en wat onpartydig staan natuurlik, kan ons vertel hoe kon hy weer skuldig wees aan moord. Hy is tog die eerste keer onskuldig gevind. Ek was ook onder die indruk dat jy nie n tweede keer vir dieselfde oortreding gestraf kan word nie.
Mag daar n goeie advokaat vir hom wees.

Victor ·

Jy is verkeerd. Daar is minimum vonnisse van betrekking hier wat voorgeskryf is deur die strafproseswet. Sy appel het reeds misluk. As enigiets hier ongrondwetlik is hoekom het die konstitusionele hof geweier om die volgende appel aan te hoor?

André ·

En hoe het hy geboet? Gaan vertel dit Reeva se geliefdes. Snert man….hy hoort agter tralies.

QUINTINN ·

Ek stem saam daar is baie mense wat ook gemoor het wat niks oorkom nie want ons sapd doen swak ondersoek werk Gerrie Nel kry baie lekker om Oscar se menswaardigheid aan te tas maar hy moet onthou die wiel draai dan sal sy dag kom en dit gaan baie swaar op sy kop afkom.

Victor ·

Of die polisie mense laat wegkom of nie, wat het dit te doen met die feit dat die arrogante man iemand vermoor het?

Skynheiliges hier wat een moordenaar verdedig want hy is wit en welaf, maar tjoepstil bly oor al die ander moordenaars.

Victor ·

Hoekom? Wat van ander wat skuldig is aan moord? Staan jy agter hulle ook?

Anoniem ·

Net ekke…
Wonder maar net,,,staan jy agter al wat n moordernaar is….en as dit jou kind was…sou jy ook agter die moordenaar gestaan het!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Johann ·

Julius en Sannie, eek sstem saam. Los die vervolgsugtigheid nou uit en laat die man gaan. Hy gaan vir die res van sy lewe boet vir wat gebeur het. Is dit nie genoeg nie, of moet ons nou nog meer harteloos wees?

Oordeel en verlekker ·

Dit is regtig hartseer dat jul nogsteeds verlekker in Oscar se tragedie. Hy het alles verloor, ‘n paar jaar van hel ervaar oor ‘n paar sekondes van nie nugter dink nie. Hoe hard wil jy ‘n persoon straf en ek kry regtig jul families veral kids jammer, hul hoor seker elke dag oor die blompot wat hul op 2 omgestamp het – ek sien al Victor se antw., die 1 is ‘n blompot die ander is ‘n lewe, ja dit is reg, maar by God is sonde ‘n sonde en Hy vergewe. Oscar ons bid elke dag vir jou dat jy die oordeel van mense oorleef. Fokus daarop dat jy haar ouers omverskoning gevra het en by God, maak ‘n nuwe lewe waarop ons Hemelse Vader trots sal wees! Victor, Deon, Andrè ek bid maar dat so iets nie in jul familie gebeur nie, verlangs in ons familie sit ‘n jong Ma in die tronk, omdat sy nie oplettend was – nie ‘n ander se misdaad raakgesien het nie, sy betaal ‘n prys vir ander en haar kindertjies is uitgeplaas by vreemdes. Verder hoop ek julle gaan so tekere met elke misdadiger teen vroue en kinders!!!!!!!

Victor ·

Goeie hemel, appels en pere! Hierdie mannetjie het iemand vermoor, maar jy gebruik ‘n voorbeeld van ‘n blompot omstamp?

Het hy al ooit verantwoordelikheid vir hierdie “fout” aanvaar?

Verder, “paar sekondes van nie nugter dink” – wat?! Iemand se dogter is vermoor en dit is jou interpretasie daarvan?

Ek is verbyster deur die spul spynheilige oscar ondersteuners wat hom hier kom ondersteun en sy misdryf probeer afmaak as ‘n fout!

Jou laaste lyntjie is werklik die snaakste – pot calling the kettle black dink jy nie? Gaan post jy op plaasmoord artikels dat “God vergewe” en dat die moordenaar ‘n fout gemaak het?

Anoniem ·

Oordeel en verlekker…………………..n Paar sekonder van nie nugter dink nie, het n ander mens se lewe gekos…Mense word wakker!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Elize Schutte ·

…. en so kry hy dit reg om dag vir dag af te tel van sy tronk straf want soos hy nou op parool uit is kom dit steeds van sy tronkstraf af. Soos mense sy part vat na hy moord gepleeg het is dit g’n wonder dat ons misdaad en moord stats so hoog is nie… Hoe het dit gebeur dat mense nou moordenaars jammer kry? Dis ñ skande! Hoop julle kry die wat julle familie leed aandoen ook jammer!

ek hoor wat jy sê.... ·

Elize, ek hoor wat jy sê, maar weet jy Oscar is een van die min wat gestraf word. Hy het dit ook nie met opset gedoen nie, hy het haar nie mishandel nie – nie dood gemartel nie. Daar is arme vroue wat verskriklik mishandel word in alle vorme en later van dit doodgaan en hul kom los met goeie regshulp en swak polisiewerk/omkoopgelde. Daar is baie kinders wat mishandel word en seksueel misbruik word, kom ons staan op vir hulle, niemand doen nie. Met alle respek, ALLE VROUE EN KINDERS het dieselfde waarde.

NET EKKE ·

Hy het van die begin af erken hy het daai sneller getrek hy het sy pak gevat Sy hele lewe is ontbloot oor die hele wereld Ja dankie tog dit het my nog nie oorgekom nie Ek glo nie daar is enige plaas moordenaar (wat nie eers gevang kan word deur ons SAPD nie) wat so sal boet vir n onbesone daad wat gepleeg is nie Regtig hy gaan nog vir die res van sy lewe boet So al wat ek hoop is van uitstel is afstel

Hehehe ·

Victor en Anoniem, jammer Oscar het vinniger as julle gehardloop!
Net ekke, ek stem saam hy het van die begin af verantwoordelikheid geneem dat hy die sneller getrek het en hy is opreg jammer van die begin af. Oscar oortree geen reël nie en vat sy pak soos ‘n man, al kry hy hoe swaar.
Dit is baie hartseer en jammer dat ‘n pragtige jong mens oorlede is, ongelukkig sal haat haar nie terugbring nie.

Victor ·

Waar het hy verantwoordelikheid geneem? Gesit en sy krokodiltrane huil in die hof.

Hoekom het hy nie die polisie toegang tot sy foon gegee nie? Julle vergeet lekker die video wat gelek was waar hy op sy stompies teen die trap af kom, wys duidelik hy was glad nie so hulpeloos as wat almal uitmaak nie.

Frosty ·

Nee kyk… hy het geniog geboet…hy kry swaar..hy was eerlik… seriously…. hy het blatany gelieg in die hof. Hy het vir Reeva vermoor. Haar skedel was weg en dele van haar breins was buite haar skedel! Mar ja..kom on kry die trigger happy moegoe jammer.. siek mense ek sweer.

Ek ·

Oscar gaan doen jou tyd en kry klaar Dit gaan nie help om orals te gaan vra v uitstel ens…….wees mans genoeg en vat wat jy moet!

Gigi ·

Kon daar ooit onteenseglik BEWYS word dat hy haar moedswillig geskiet het?

Victor ·

Hy het erken dat hy geskiet het. Dus, natuurlik het hy moedswillig geskiet. Daar is nie bevind hy het haar moedswillig geskiet nie – maar as jy kyk na die feite dat is dit duidelik. Watter man maak nie seker waar die “liefde van sy lewe” is voor hy soos Rambo aan die skiet gaan nie? Maak of hy hulpeloos op sy stompies is, maar daar is die video waar hy lekker teen die trap afkom sonder enige probleme. Hoekom nie die polisie toegang gee tot sy foon se inhoud as hy niks het om weg te steek nie?

Daarby al die getuienis oor sy roekelose hantering van vuurwapens en sy humeur, en mense wonder nog oor sy onskuld.

Die hof het hom skuldig bevind aan moord. Nou moet hy gevonnis word, net soos enige ander misdadiger skuldig aan moord.

sjoe ·

Oscar kon nie vra vir uitstel nie, dit was nie sy versoek of besluit nie, hy moet doen wat die hof bepaal! Gigi jy is reg.

Thea Gerber ·

Nog nooit het ek soveel advokate, regters en regverdiges op een forum saam gesien of is dit gelees nie. Laat die reg sy gang gaan. Wie gaan die eerste klip optel? Wie is sonder sonde? Of jy iemand met ‘n pistool doodmaak (soos Oscar) of met die tong (of tikvinger) vermoor, (soos al die giftiges wat hier skryf) wat is die verskil? Doodmaak is doodmaak, die metode verskil net. Of jy iemand met ‘n vuurwapen skiet of hom deur facebook, twitter, of Maroela Media vermoor – dit bly nog moord. Dink ‘n bietjie na hieroor voor jy antwoord. En ja, ek het al gehoor: “Sê nou dit was jou dogter? en en het ookal geantwoord “Sê nou dit was jou seun? Ek hoop dat hierdie “Oscar-bashing” nou gaan einde kry. As hy tronkstraf kry, sal hy weer daagliks agtervolg word om te sien of hy nie dalkies voorkeurbehandeling kry nie. Oscar sal nooit ooit weer ‘n lewe hê nie. Ek weet van mense wat na moordvonisse uit die tronk kom en weer ‘n lewe vind, maar dit sal nie vir Oscar beskore wees nie, want die giftong moordenaars sal hom altyd agtervolg. Ek skaam my vandag. Ek weet nie hoeveel van hierdie tong-moordenaars hulleself Christene noem nie,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.