Nuwe dinge op pad vir Voortrekkermonument

Gerhard Pretorius voor die Voortrekkermonument in Pretoria (Foto: Verskaf)

Die gesoute joernalis en veldverslaggewer Gerhard Pretorius is die Voortrekkermonument en Erfenisstigting se nuwe kommunikasiebestuurder. Hy is opgewonde oor al die nuwe verwikkelinge wat beoog word.

Pretorius was vir 13 jaar ʼn joernalis en het al by Beeld, Rekord en eNuus gewerk. Hy sê die geleentheid het na hom toe gekom en dat hy lus was vir ʼn nuwe uitdaging, veral ook omdat die Voortrekkermonument hom so na aan die hart lê.

“Gerard Moerdijk het die Voortrekkermonument gebou en Pretoria is na Andries Pretorius vernoem. Ek het hul albei se name in my naam; so dit het mooi gepas,” sê hy.

Pretorius sê hy is opgewonde oor die uitdagings wat voorlê omdat die Voortrekkermonument en Erfenisstigting ʼn nuwe, dinamiese bestuurspan het met baie visie.

Hoewel hy nog nie al hul planne kan verklap nie, sê hy hulle wil werk maak daarvan om meer mense by die monument te betrek en dit ʼn tuiste vir almal te maak.

“Enigeen en almal is welkom – dis nie net belangrik vir Afrikaanssprekendes nie, maar dit is belangrik vir almal om te leer en verstaan waaroor die Afrikaanse kultuur en erfenis gaan. Hoe meer ons oor mekaar se kultuur en erfenis leer, hoe beter kan ons mekaar verstaan.”

Pretorius se groot passie in dié nuwe rol is om die jeug meer by die geskiedenis van die Afrikaner te betrek.

“Iewers het baie kinders se identiteit in Afrikaans amper verlore gegaan. Ek wil help om weer die trots in ons kultuur te bou. As kinders nie weet waar om van Afrikaans te leer nie, moet hulle weet hulle kan hierheen kom – ons kan jou leer en ons kan jou wys!

“Die jeug is die toekoms, maar hulle moet weet waar hulle vandaan kom om te kan verstaan hoe die pad vorentoe lyk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Eiervrug ·

O vrek. Hoe meer mense, hoe groter die (alreeds) kans om beroof te word as jy op ‘n Saterdag oggend daar gaan stap….

Samuel ·

Geluk aan Gerard Pretorius. Uitstekende joernalis en sal aanwins vir die Voortrekkermonument wees.

Mallie ·

Alweer die wittes wat beheer moet neem oor die gemors waarin alles gedompel is deur ons geliefde reenboognasie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.