Nuwe Eskom-raad dán aangestel

Lynne Brown, minister van openbare ondernemings (Foto: ANA)

ʼn Beampte van die departement van openbare betrekkinge het Donderdag bevestig dat Eskom se nuwe raad Vrydag aangekondig sal word.

Die name is tydens Woensdag se kabinetsvergadering bespreek, maar Lynne Brown, minister van openbare betrekkinge, se woordvoerder, Col Cruywagen, het gesê die aankondiging sal voor die einde van Vrydag se sakedag gemaak word.

Dié kragreus is tans midde ʼn parlementêre ondersoek na beweerde staatskaping en gaan gebuk onder skerp kritiek oor bewerings dat hoofbeamptes glo onder die invloed van die Guptas was toe kontrakte uitgedeel is.

Daar is oorspronklik verwag dat die raad reeds 30 November aangestel sou wees, maar dit is geskuif weens ʼn kabinetsvergadering wat uitgestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ekke ·

Ai Lynn Brown doen iets omtrent jou voorkoms asb jy lyk glad nie soos n hooggeplaasde nie

Cor ·

Ek wonder maar net is die rede hoekom die aanstellings uitgestel was , nie dalk sodat die Guptas die finale keuring gee nie. Ons sal maar wag en sien wie het die finale lys gehaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.