Nuwe finansiële hoof by SAL aangestel

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het Donderdag ʼn paar sleutelaanstellings, insluitend ʼn nuwe finansiële hoof, aangekondig.

Dié aanstellings het ten doel om die kritieke vaardigheidstekorte by die lugredery aan te spreek tydens sy omkeerstrategie.

Bob Head is vanaf 11 April 2018 aangestel as tussentydse hoof finansiële beampte. Die SAL het gesê Head het omvattende bestuursondervinding in verskillende seniorbestuursrolle, plaaslik en internasionaal.

Hy is ʼn spesialis om ondernemings om te draai en sakeprobleme op te los en is ook die voormalige uitvoerende hoof van ʼn aantal maatskappye, en finansiële en menslikehulpbronnedirekteur.

Dit kom nadat die SAL verlede maand die uitvoerende finansiële hoof Phumeza Nhantsi en uitvoerende hoof Musa Zwane geskors het ná bewerings teen hulle in ʼn forensiese ondersoek by die staatsbeheerde lugredery. Die SAL het Nona Sonjani daarna as waarnemende finansiële hoof aangestel.

Vuyani Jarana, uitvoerende hoof van die SAL, het gesê die lugredery is aggressief besig om die omkeerplan te implementeer om seker te maak die maatskappy keer terug na finansiële stabiliteit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

ferdi ·

Mallelema gaan ni daarvan hou as witte aangestel word ni dan word SAL reggeruk wat die ANC in 2 jaar verwoes het. Hul is bang om vir di wittes oor te gee dan word alles weer sukses. Dit wil hul ten alle kostes verhoed

Platkop ·

Jy is reg ferdi, hier word nou iemand aangestel met ‘n Kop (Head) op sy lyf. Alhoewel tussentyds (lees ‘tydelik’) word daar toegegee dat velkleur nie alles is maar dat daar na geskiktheid vir ‘n pos gekyk moet word. So draai die ANC vas soos daar talle bewyse is wat ook munisipaliteite se wanprestasies insluit.

Bets Bothma ·

Nuwe hoof? Nee wat! SAL te diep in die bollie! Dit gaan niks help! Privatiseer!

John ·

Vertel ons waar hy sy draaipassies uitgevoer het. In SA? Indien in die buiteland sal die VAT dalk weer verhoog moet word om sy salaris te betaal. Ons betaal hoeka vir al SAL se dansklasse.

Wolf ·

Liewe ouers, was dit n privaat maatskappy
was al die rolspelers nou in Du Bai.

Buffel ·

Meer hoogs betaalde base, nog ‘n “turnaround” strategie – baie praat, peperduur konsultante , en nog minder gedoen kry. Hoeveel skandale en massiewe verliese nog voor iemamd besef die staat kan nie “n besigheid suksesvol bedryf nie. Kyk na Denel, ESCOM, poskantoor, NECSA, PRASA, ens. Vekoop en privatiseer alle SOE en sien hoe meeste instansies profeit maak.

ES ·

Bob Head was in 2014 die hoof finansiele beampte van SARS… ons sal maar moet wag en sien.

Judge Dredd ·

Nee wat,
as nie winstige roetes nie gesluit word nie,
daar nie amper ‘n derde van personeel afgedank word nie,
salarisse vir nie kritieke poste gevries word nie,
en toekomstig weer na vaardigheid in plaas van velkleur gekyk word nie……

Dan kan hulle maar vergeet – sluit eerder die deure en spaar die belastingbetaler Miljarde rande.

Anton ·

Omdat dit tydelik is wag hulle net vir hom om dit reg te ruk en dan aan iemand anders te gee.

Mrs H ·

Daar is HOOP! Bob Head erf nou n vrot gebreukte spul…. Jy kan hom nie kwalik neem as dinge nie uitwerk nie, omdat dit net TE laat kon wees. Alhoewel ek glo dat hierdie man n paar mense op hulle neuse gaan laat kyk en ore aan sit. Dit gaan nie maklik wees nie, en wens hom alle opregte sterkte toe. Gaan maak ons trots asb Mnr Bob Head? Soos die Engels man se: “Go kick some ass”!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.