Nuwe forensiese laboratorium word in Wes-Kaap gebou

(V.l.n.r.) Dr Keith Cloete (departement van gesondheid), prof Lorna Martin (departement van gesondheid), Donald Grant (LUR van vervoer en openbare werke), dr Nomafrench Mbombo (LUR van gesondheid), dr Saadiq Kariem (hoof direkteur-generaal spesialis en nooddienste) en Vonita Thompson (provinsiale direkteur: forensiesepatologiedienste) Foto: Wes-Kaapse departement van gesondheid

Konstruksiewerk het begin om die bestaande forensiesepatologie-laboratorium in Soutrivier, Kaapstad, te vervang met ʼn groter moderne fasiliteit wat by die ingang van die Groote Schuur-hospitaal in Observatory gebou word.

Die projek, ter waarde van R281 miljoen, sal na verwagting 23 maande lank duur. Dit word gedoen in vennootskap tussen die Wes-Kaapse departement van gesondheid en die departement van vervoer en openbare werke.

“Die werk wat ons in gesondheid doen, is grootliks afhanklik van infrastruktuur,” het Nomafrench Mbombo, LUR vir gesondheid, in ʼn verklaring gesê. “Infrastruktuur is dus deel van ons prioriteite om pasiënte se ervaring en dienslewering aan te spreek.”

Die forensiesepatologie-instituut in Observatory sal vlak 4- forensiese dienste verskaf wat ook die integriteit van bewyse wat deur die strafregstelsel gebruik word, te verseker.

Die drieverdiepinggebou sal ook beter integrasie van die werk van die provinsiale forensiesepatologiediens en die nasionale gesondheidslaboratorium diens verseker, met fasiliteite om die Universiteit van Kaapstad se akademiese indiensopleiding te ondersteun.

Die fasiliteit sal oor 26 outopsietafels en 360 yskaste vir liggame beskik.

Tot 100 besoekers sal daagliks die roubeklaersentrum kan besoek met tot 10 ondernemers en 20 studente.

Die projek sal na verwagting in 2019 afgehandel wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

John ·

Dit wil voorkom of geweldsmisdaad nou prioriteit geniet. Ons howe is deesdae besiger as Durban se strand op nuwejaarsdag. En die mense met die mooiste huise is ons top-advokate wat vir jare besig bly met ontwykende ryk burgers se sake.Tronke is ‘n kortkop agter en fondse word seker ingewag vir tv-stelle en -kannale vir die gratis verblyf van inwoners.

Juffie ·

Wonder net waar gaan die water vandaan kom om hierdie massiewe konstruksie te bou?
Ek lees Me de Lille het ook nuwe behuisings konstruksie aangekondig waarmee almal baie chaffed is – maar waar kom die water vandaan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.