Die Lughawensmaatskappy (Acsa) gaan van Maandag af nuwe handbagasiebeperkings instel by alle lughawens in Suid-Afrika wat alle lugrederye en reisigers gaan raak.
“Die nuwe regulasies beperk ekonomieseklas-passasiers se handbagasie na ʼn enkele item, met ʼn maksimum gewig van 7 kg binne ʼn dimensie van 36cm x 23cm x 56cm, saam met óf ʼn handsak óf ʼn skootrekenaarsak,” het Hein Kaiser, Mango se woordvoerder, Donderdag in ʼn verklaring gesê.
Hy het gesê alle handbagasie wat dié perke oorskry, sal ingeboek moet word.
“Die lugredery sal nie reisigers beboet vir addisionele bagasie wat weens die nuwe regulasie ingeboek moet word nie, mits die gewig nie die toegelate 20 kg oorskry nie,” het hy gesê.
Dis hoogtyd!
Ek stem saam met Corrie….DIS HOOGTYD !!!
Maak nie aan my saak, ek is so arm ek kan nie eers trein ry nie!! haha
Stem saam dit moes al lankal gebeur het. Party mense se handbagasie lyk soos wanneer my Ouma vir ‘n maand by die kinders gaan kuier het.