Nuwe honde vir polisiediens gesoek

Argieffoto: www.flickr.com

Argieffoto: www.flickr.com

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Donderdag ʼn beroep op die publiek gedoen om honde aan die polisiediens te skenk nadat ʼn hele aantal polisiehonde onlangs afgetree het.

Lt.kol. André Traut, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het gesê die polisie is dringend op soek na honde wat opgelei kan word om saam met die polisie te werk. “Honde speel ʼn sleutelrol in die beveiliging en beskerming van ons landsburgers en word op verskeie maniere gebruik soos om misdadigers aan te keer, tydens soek-en-reddingsoperasies of om plofstof of dwelms op te spoor, om maar net ʼn paar te noem,” het Traut gesê.

Hy het gesê Duitse herdershonde, malinois-honde, rottweilers, Jack Russells, labradors en skaaphonde tussen die ouderdom van tien maande en twee jaar kan gebruik word. Wanneer die honde aanvaar is, word hulle aan polisiebeamptes toegeken wat reeds ʼn streng keuringsproses en ’n opleidingskursus van vier maande ondergaan het om korrek met die honde te werk.

Persone wat graag honde wil skenk kan die bevelvoerder van die Kaapstadse Honde-eenheid, lt.kol. Ivan Myers, bel by 021 506 2077 of 021 506 2063.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Nicky ·

Ek het gehoor dat een of ander slimkop besluit het dat die honde wat afgetree is minder kos moet kry as deel van kostebesparing? Ek wonder of Lt.Kol Ivan Myers vir ons kan vertel watter tipe behandeling die afgetrede honde kry? Kry hulle genoeg kos? Kry hulle voldoende sorg na aftrede? Dis maklik om ‘n hond te skenk….maar wat gebeur oor 10-15 jaar van nou af met hom? Ek dink nie die mag se honde kry die erkenning wat hulle behoor te kry nie….net my opinie, maar ek hoop iemand kan my reghelp of dat daar ook ‘n artikel geplaas sal word oor afgetrede Polisie Honde……Polisiemanne kry hulle pensioen en behoort tog nog aan Polmed tot die dag wat hulle sterf….wat gebeur met die honde?

Nicky ·

Ek stel ook voor dat hulle na elke diereskuiling bv die DBV gaan – miskien is daar bruikbare honde daar?

Maddox ·

Sover ek verstaan word die hond gesien as ‘n bate of “asset”. Sodra sy dienjare verby is word daar ontslae geraak van die dier, want hy het geen meer “waarde” nie. Ek weet in die ou dae was dit nie so nie, diere het medies gehad en “pensioen”. Die hanteerder kon hom koop by die staat vir ‘n paar rand, maar ek weet nie meer of hulle dit toelaat vandag nie. Ek self sal nooit ‘n dier skenk vir die Polisie nie.

Amelia ·

Afgetrede k9 lede word gewoonlik aangeneem deur die lid van die SAP wat sy “partner” was, Of na n huis toe wat goedkeuring eers moet kry. Die honde word nie net weggegooi of eenkant toe geskuif nie. Ek het ook altyd gewonder wat word van hulle en wou op n slag self een aanneem.. Daar is n groot proses met dit. My hart was sooooo bly om dit te kon hoor.

Arie vanderPlaats ·

Nicky,
As die vrae jou so ernstig pla, gaan besoek dan ‘n polisie honde eenheid en vind eerstehands uit wat die werklike toestand van sake is en maak jou hart rustig hieroor. Hierdie.openbare forum.gaan nie vir jou bevredigende antwoorde gee nie.!

Arie plaasbroer ·

Nicky, jy skryf “gehoor”, “een of ander” “wonder” en ander opmerkings wat dui op onsekerheid.
Waarom doen jy nie moeite.en doen navraag om die onsekerheid te.omskep in “sekerheid” nie?

Nina ·

Gaan neem honde aan ipv bakhand te wil staan vir opreg geteelde honde! Nogal ‘skenk’, nie verkoop nie. Wil als mos verniet hê.

Grotman ·

My buurman het vier honde wat dag en nag blaf en selfs vir die maan huil! Ek sal baie graag die honde vir die SAP gee, ek moet net wag dat my buurman slaap.

Ben ☺☺☺ ·

Is jy nou laf – op `n maalig aand en `n interessante moord en die honde sit voor die lyk en huil…

Justa ·

Moet asb nie honde skenk nie. Hulle word nie baie goed behandel nie en as hulle te oud word word hulle uitgesit.

Ben ☺☺☺ ·

Iemand het vir jou gelieg – lees Amelia se skrywe

Nina ·

Ben, nie te lank terug nie was daar ‘n groot storie oor die Polisielid wat sy hond wou aanneem, en dis afgekeur. Die hond is daarna uitgesit. Wat vir Amelia gesê is en wat in werklikheid gebeur, is twee verskillende goed.

Joghi ·

Ek stem saam met Nicky. Soek by die skuilings dan hoef minder jonger honde uit gesit te word.

streicher ·

Briljante idee!! Ek sien al hoe jaag so n lawwe pavement special die rowers straat op.

Ouditeur ·

Nou wat het geword van beplanning? Dis asof die polisie ewe skielik agtergekom het al die honde tree nou af. Nog ‘n voorbeeld van uiters swak onbevoegde bestuur wat nie hulle werk doen nie en nou moet die publiek die siel uithelp wat nie basiese beplanning kon doen nie.

Peet Schabort ·

Jy is reg ouditeur. Dis geen beplanning of bestuur. Jare gelede met my burgermagopleiding het die weermag hulle eie hondeskool gehad. Dalk ook die SAP (sonder die ‘D’) ?
Met ‘n inbraak by my is aan my gesê dat die polisie kan nie bekostig om ‘n hond te laat spoorsny want indien die hond skielik nodig gekry word vir byv. moord, dan is sy reuksintuie nie so goed.
Ek reken dit was blote luiheid om moeite te doen.
So, kry maar julle honde elders.

Arie vanderPlaats ·

Ouditeur,
Waar kom jy aan die “skielike” gedagte aangaande die.honde eenheid se swak beplanning?
As “ouditeur” behoort jy ook te besef dat daar altyd ‘n moment sal wees dat jy voortydig aksie.moet neem. Dit is dan nie “skielik” nie, maar wel deeglik deel van goeie beplanning

Ekke ·

Ek bedoel wat ek nou gaan se gladnie sleg nie…Maar hoekom gaan neem julle nie aan nie?? Skenk? Regtig?? Gaan neem aan en hou op om breeders te help dis hoekom so baie diere daagliks uitgesit word omrede niemand meer aanneem dis mos makliker om die simpel breeders te ondersteen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.