Nuwe hoof aangestel vir Agri Limpopo

Deidre Carter (Foto verskaf)

AgriSA het Maandag die aanstelling van Deidre Carter as die nuwe uitvoerende hoof van Agri Limpopo verwelkom.

Die uitvoerende hoof is verantwoordelik vir skakeling met boere, staatsamptenare en ander besluitnemers binne die landboubedryf. Carter het ʼn loopbaan in politiek en bestuur en het op verskeie parlementêre komitees gedien wat met landbou verband hou.

“Ons vertrou dat sy baie goed by Agri Limpopo gaan inskakel en bande verder gaan verstewig wat reeds gebou is,” het Piet Engelbrecht, Agri Limpopo se waarnemende president, gesê. “Agri Limpopo is ʼn belangrike verteenwoordiger van sy boere op verskeie plaaslike, provinsiale en nasionale forums en ons is dus opgewonde oor die ervaring en outoriteit wat Deidre bring.”

Volgens AgriSA was Carter ʼn stigterslid van die Congress of the People (Cope) en het as die adjunk- sekretaris-generaal van dié party gedien. Sy is in 2009 as LP van Cope aangestel. Buiten haar politieke pligte het sy ook ʼn leidende rol gespeel in die dag-tot-dag bestuur van die party.

“Ek is opgewonde oor en dankbaar vir hierdie geleentheid,” het Carter gesê. “Ek is vertroud met die uitdagings in die landboubedryf, spesifiek vir boere in Limpopo, en ek sien uit daarna om nouer saam met vriende en bestaande vennote te werk.”

Agri Limpopo is ʼn provinsiale lid van AgriSA.

“Suid-Afrikaanse landbou verdien die beste talent om die belange van boere tot die beste van ons vermoë te bestuur,” het Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van AgriSA, gesê. “Ons sien uit daarna om saam met Deidre te werk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Gaitsigubib ·

Jy hoef jou nie te bekommer nie. Die ANC en Agri SA is boesem vriende.

Gwen ·

As dit lyk soos ’n politikus en dit praat soos ’n politikus, is dit ’n indeskrewe DA-lid.

CHAPPIES ·

NOU…is jý onnodig KATterig, Gwen, sies vir jou…!!!
WOU jy eerder ñ meerderheidsparty dame daar hê…????

Johan ·

Ja. Sy het beslis ‘n politieke agtergrond. Maar in haar nuutaangestelde posisie is dit ‘n bate. Want die landbou is deesdae ‘n brandpunt in die Suid-Afrikaanse politiek!

Jan ·

Nee boere as julle slim is kuier en skakel en praat gereeld direk met mekaar en onder mekaar. Bly weg van alle gladdebek politici…

Gustav ·

Amen op daai een. Ongeag of die politikus van die VF, DA, COPE of ANC is. Bly veeeeeer weg……

Abe ·

Kobus,
Sy is baie bekwaam en het n suksesvolle landbouagtergrond. Mi. n baie goeie aanstelling.

Jerry ·

Deidre, jy verdien soos enige ander persoon om die geleentheid gegun te word om jou aanstelling te regverdig! You go girl!

Strandloper ·

Dan is sy nog pragrig ook…kan dit nou nie se van die heersende party se eva geslag nie .Sterkte weet jy kan!

Dries du Toit ·

Ek wil huil van ontsteltenis. Gister was ons by SARS in Alberton. Die bestuurder n swartman was behulpsaam maar 2 van sy ondergeskiktes witmanne was so aggressief jy kon dit nie glo nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.