Nuwe hoof van misdaadintelligensie aangewys

Argieffoto

Anthony “Peter” Jacobs is aangewys as die nuwe hoof van misdaadintelligensie van die Suid-Afrikaanse Polisiediens.

Bheki Cele, minister van polisie, het Donderdagmiddag aangekondig Jacobs, die voormalige hoof van misdaadintelligensie in die Wes-Kaap, sal dadelik die rol oorneem in sy amp as luitenant-generaal.

Die misdaadintellensie-afdeling van die polisie het onder verskeie skandale deurgeloop, insluitend senior beamptes wat hulself skuldig gemaak het aan bedrog en korrupsie en sekuriteitsklaringsertifikate wat vervals is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Frikkie Geld en huis ·

Is daar teen hierdie korrupte senior beamptes opgetree ?????

Pieter ·

Die polisie is n probleem in sa en n toetale mors van belastinggeld so vervang die hele polisie dit gaan niks help om iemand die hoof te maak wat geen ondervinding het nie.

Pieter ·

Wonder of hy familie is van Faiez Jacobs wat die ANC Provisiale leier is wat die onluste in Hermanus gelei het en die grongrype daar laat gebeur het? Wolwe wat skaapwagters word!

Gerrit ·

Dit is belaglik die nuwe hoof van polisie sou die polisie regruk maar al wat hy gedoen het is om te bevestig dat 40% van die polisie nie kan lees of skryf nie.Dit het daar gebly en nou word n nuwe hoof aangestel …..stel bevoegde polisie rekrute aan en leer hulle reg en raak onslae van die dooie hout.Die polisie moet mense voorkeur gee wat in die omgewing bly.

Basjan ·

Is daar ‘n behoorlike agtergronds-ondersoek t.o.v. hierdie persoon gedoen? Ons wil nie na ‘n paar maande iets van ‘n donker verlede uit sy lewe hoor nie. (Soos met vele ander belangrike aanstellings in hoë aanstellings?)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.