Nuwe hoofde by Steinhoff aangestel

Argieffoto

Die handelgroep Steinhoff het Dinsdag gesê hy het Heather Sonn as waarnemende voorsitter van die maatskappy aangestel ná Christo Wiese se bedanking te midde van ʼn boekhoudingskandaal.

Die maatskappy het gesê Sonn is ook ʼn lid van die onafhanklike komitee van die toesighoudende raad, insluitend dr. Johan van Zyl en dr. Steve Booysen, wat stabiele leierskap tydens dié periode na die maatskappy moet bring.

Steinhoff het gesê Daniel Maree van der Merwe, voormalige uitvoerende hoof, is as waarnemende uitvoerende hoof aangestel en Alexandre Nodale as sy adjunk.

Steinhoff het verlede Vrydag gesê Wiese, sy voorsitter en grootste aandeelhouer, het bedank te midde van onthullings oor boekhoudingsonreëlmatighede waartydens Markus Jooste bedank en die maatskappy se aandeelprys meer as 80% van sy waarde verloor het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

willie ·

Nou vra ek maar net waar was die man wat nou moet waarneem terwyl hy as hoofbestuurder tog insig moes gehad het in hierdie bedroggemors? Ek vra want dit raak my beleggings!

Boggom & Voertsek ·

Vra ons ook! Verstaan die een kruip weg in Knysna en die ander een het die pad gevat….

Eish ·

Nou wat gebeur nou met die direkteurskappe van die ander maatskappye waar die manne ook dien. Byvoorbeeld doktor Booysen die ook op Senwes se direksie. Ek het nog altyd gewonder hoe op aarde kry hul op al die direksie gedien en maak n positiewe bydrae. Dis groot werk!

alwyn burger ·

Enige mens kan R200 verloor sonder om dit agter te kom. Maar die Steinhoff-miljarde moet ñ papierspoor hê. Om soveel geld te bestuur het jy hordes mense nodig…..baie van hulle hoogs opgelei. Baie mense moes geweet het iets is verskriklik verkeerd en hulle moes dit al lankal geweet het!.( Behind every fortune lies a crime—iemand)

SE MAAR NET ·

Die probleem is, dit raak nie net die matskappy nie, maar die beleggers en baie ander matskappye waar hul, hul geld in het en besit. Hoop maar vir die beste van die saak, want dit kan ook na ‘n hengse groot werkloosheid lei. ‘ n Probleem waarmee ons lank klaar mee sukkel…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.