Nuwe hoofde vir SAUK

Tian Olivier Foto: SAUK

Tian Olivier Foto: SAUK

Tian Olivier is as die SAUK se nuwe waarnemende hoof uitvoerende beampte aangestel en James Aguma as die hoof finansiële beampte.

“Olivier en Aguma se aanstellings is gebaseer op hul omvattende kennis en het hulself reeds as senior bestuurders in die SAUK bewys,” het Kaizer Kganyago, woordvoerder vir die SAUK, Vrydag in ʼn verklaring gesê. “Die raad van die SAUK is vol vertroue in hierdie aanstellings.”

Lulama Mokhobo, die voormalige hoof uitvoerende beampte het bedank. Kganyago sê die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het Gugu Duda, die voormalige hoof finansiële beampte, skuldig bevind aan wangedrag. Sy is Woensdag afgedank. Hy het nie verdere besonderhede oor Duda verskaf nie.

Duda is in September 2012 geskors in verband met aanskaffings- en finansiële onreëlmatighede.

Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, het verlede maand in ʼn verslag bekend gemaak dat die voormalige minister van kommunikasie, Dina Pule, “onregmatig” ingemeng het met Duda se aanstelling as die SAUK se hoof finansiële beampte. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.